Numenor Knaldempers

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Numenor Knaldempers

Post by Lourens »

Ludwig,

Ek het ongelukkig nie 'n Reflex-demper van Numenor nie, maar wel hulle gewone een op my .22, en ek moet vir jou se hy is super-stil!! (Ek weet dis nie te moeilik om 'n .22 stil te maak nie, hehehe). Gee vir Nico 'n lui en gaan maak 'n draai by hom, hy sal jou alles wys wat jy wil weet en hy sal ook vir jou 'n KD spesifiek volgens jou spesifikasies kan bou. Ek was baie be-indruk met sy produkte.

Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by Jean Marais »

Hallo Ludwig

Een van my skietmaats het die reflex tipe op sy 7mm Rem Mag, en hy is hoogs tevrede met hom. Sy 6 jarige laaitie kan nou met die geweer skiet sonder dat die terugskop pla, en die geweer is BAIE stiller.

Ek is nog nie self by die punt waar ek so-iets op my gewere wil monteer nie. Nog te veel sentiment. Ek sal dit eers oorweeeg as ek op my 308Norma loop moet vervang.

Groete

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by Herman Venter »

Mmmmm
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by Jean Marais »

Ludwig

Ons het nog nie so daarna opgelet nie. Wat ek wel weet is dat met die KD op en af, skiet jy verskillende POI's. Dis toe te skryf aan die gewig van die KD wat die loop aftrek.

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Numenor Knaldempers

Post by Eugene »

Ludwig, ek het dit nog nooit agterkom dat die POI verskil nie en ek haal elke keer die KD af as ek klaar geskiet het. Moet ook darem bysê dat ek nog nie verder as 400m geskiet het nie, weet nie wat sal op 800m gebeur nie?
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by Jean Marais »

Ek dink dit sal afhang van hoe akkuraat en met watter toleransies die KD gebou is. As die baffels perfek haaks is met die romp van die KD, die gate almal perfek ewe groot, die skroefdraad en posisie waar dit "vas sluit" op die loop,  ens. ens. dink ek die POI behoort dieselfde te bly. Die goed is seker maar ook soos 'n dop waarvan nekdiktes verskil wat 'n invloed op akkuraatheid sal he.

Ek dink Numenor sal jou dalk beter kan antwoord op die vraag.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by G-force »

Met my reflex op my .17hmr het my groepe stywer geword.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by Jean Marais »

Ek het ook daai prentjie in my kop van op dieselfde plek sluit ens. Wat ek ook nog intussen aan gedink het is kruitneerslag aan die binnekant kan ook met tyd 'n rol op jou POI he.

Sal interessant wees om Nico se inset te hoor.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Numenor Knaldempers

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Eugene, gebruik jy 'n reflex tipe?
Ja, op beide die Hornet en die 308. Die Hornet se KD skuif 15 cm terug oor die loop en die 308 se KD net so 5 cm. Net die Hornet se KD raak aan die loop by wyse van 'n o-ring wat keer dat die KD nie die loop krap nie.
Last edited by Eugene on Mon Jan 21, 2013 11:00 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Numenor Knaldempers

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Dankie Eugene, watse maak het jy?  Ek verneem ook dat sommige reflex tipes skroefdraad het en ander nie. Ek glo dat skroefdraad nodig is om oplyning met die loop konsentries en konstant te hou. Die o-ring se posisie op die loop gaan sekerlik tog effek hê? Of oorksat ek dit nou?
Ludwig, die een op die Hornet is gemaak deur 'n oom Barney hier in Klerksdorp. Dis van AL gemaak en op groter kalibers is die totale KD 40cm lank en skuif halfpad oor die loop. My geweer se groeperings het beslis verbeter met die KD en ek kon nog geen negatiewe dinge optel nie, behalwe dat die geweer met die KD bietjie lomp is. Die een op die 308 kom van Silent Hunting hier op die forum af.

Ek het nie do diep en wyd soos jy gedink oor die KD's nie Ludwig. Ek het maar net gehoop dat dit my gewere stiller en die recoil (op die 308) minder sou maak....
Aim small, miss small
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Numenor Knaldempers

Post by THOMAST »

Ludwig,
Die Knaldemper is mos vir jou LRMT (Long Range Moering Tool)
Die vrae wat jy vra is belangrik om te vra, want as jy eers gesny het aan jou loop is daar nie terugkeer nie.
Langafstand skiet is mos nou nie 'n groot deelname "sport" nie, hoekom dink jy nie eerder aan 'n Muzzle Break nie? Baboonstalker se MB lyk goed..
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Numenor Knaldempers

Post by G-force »

Ludwig wrote: Dankie Gè, en ondervind jy enige skuif in POI as jy die KD afhaal en weer terugsit?
Ja hy skiet nie op die selde kol met die reflex op nie.Hy het mooi lang skroefdraad op en n teflon bush wat hom agter seel.Nico sal ook n o-ring vra as jy dit so wil he.
Wat ek van Numenor kan se is dat as hulle n jobbie doen vir iemand en jou geweer skiet slegter agv daarvan SAL hy uit sy pad gaan totdat dit reggestel of beter is.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Post Reply