Middag almal
Ek het self ook die probleem gehad toe ek klein was. Ek moes gereeld uit die klas hardloop, of die helfte van die rugby oefening onders die kraan deurbring! Ek sukkel vandag nog so af en toe.
Ek was seker so 12 jaar oud toe ons op 'n uithou perde rit was (Olifantshoek) en die kalahari sonnetjie het lekker gepiets. Soos gewoonlik het my neus maar weer gebloei en een van die ou boere, oom Jan Mitchel, het by my gestop om te help. Hy het gevra of ek gereeld sukkel met neusbloei en ek het geantwoord ja. Hy het na sy bakkie toe geloop, knipmes uitgehaal en 'n stuk riempe afgesny, wat om die bakkie se tralies gerol was. Hy het die twee punte geknoop en gese ek moet dit om my nek dra, en dit nie afhaal nie! ?

Ek moet ongelukkig erken dat dit gewerk het! My neus het baie minder gebloei! Dit is seker maar een van daardie "dis all in the mind" goed!?

Boere raat op sy beste, want daar is geen verduideling daarvoor nie!
Ek het ook die vit K storie probeer (Plemiesh of plenish K , ek is nie seker nie) dit werk ook goed.
Groete