Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Ons het 'n hele paar elande te jag vir biltong vir die seisoen.
Daar is meer as 300 elande op die reservaat wat 22 000 ha beslaan. Pakette van 2, 4 en 6 is beskikbaar.
Geen bakkie jag word toegelaat nie.
Prys R25-00 per Kg (karkas gewig. kop pote en binnegoed uit slegs vel aan)
Beperkte hoeveelheid Blesbok, springbok en vlakvark ook beskikbaar saam met die eland. (nie afsonderlik)
Dagfooi - R500-00 per persoon wat verblyf, voertuig, afslag en PH insluit maar etes uitsluit.
Etes - R250-00 per persoon per dag. ( Ontbyt, kospakkie en groot aandete)
Trofees ook beskikbaar, Slegs 3 trofees in afgelope 10 jaar gejag. Prys op aanvraag.
Pryse sluit btw in en geen versteekte kostes
Belangstellendes kan my kontak by hein at jaracal dot com of by 082 4944060 of 0517737042
Die plek is in Philippolis distrik
Beste
Heinrich

Last edited by jaracal on Fri Jul 20, 2012 11:38 am, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Heirich
Het julle blou bulle daar. Ek is nie vreeslik gepla oor horings nie, hulle kan maar 6" ook wees, maar ek soek na een van daai Blou monsters.
Wat kos die ander wild? en waneer het julle plek?
groete

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Vir die manne met lus vir die trofees:

Redelike hoeveelheid om van te kies maar sleg 4 uitgesit vir jag waarvan 2 reeds geboek is.
Prys R 15 000-00.
Die ander springbok, blesbok en vlakvark net beskikbaar saam met eland.
Ons het wel ander wild maar is dit nie beskikbaar vir jag op die stadium nie.
Groete

Last edited by jaracal on Fri Jul 20, 2012 11:58 am, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
kopskoot wrote:
Het julle blou bulle daar. Ek is nie vreeslik gepla oor horings nie, hulle kan maar 6" ook wees, maar ek soek na een van daai Blou monsters.
Ek sien hier is n werkie vir daai Rigby.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Heinrich
Staan vas ek is oppad. Se net waneer ek kan kom.
Blok, neewat ek het mos n 243. Laai sommer magic koeels, of is dit nou punte?
Staan vas ek is oppad. Se net waneer ek kan kom.
Blok, neewat ek het mos n 243. Laai sommer magic koeels, of is dit nou punte?
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Se net as jy die 204 wil leen, ons weet mos speed kills.kopskoot wrote:
Blok, neewat ek het mos n 243. Laai sommer magic koeels, of is dit nou punte?
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Hahahhahaaa, 338 LM op die knoppeBLOK wrote:kopskoot wrote:
Het julle blou bulle daar. Ek is nie vreeslik gepla oor horings nie, hulle kan maar 6" ook wees, maar ek soek na een van daai Blou monsters.
Ek sien hier is n werkie vir daai Rigby.
Dis 'n bitter mooi bul daai. Wat sou so man uitslag
Help bietjie asseblief manne, gaan moet vleis swaai na so naweek
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Heirich,
Is dit die plaas langs Fanie Venter van Kareepoort?
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Hallo Henk
Dit is korrek
groete
Heinrich
Dit is korrek
groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Oom Heinrich
Wat sal so bloubul uitslag
Sal bitter graag een wou jag, maar dink die vleis is bietjie baie. Het reeds twee waterbokke in die vrieskas,
Mooiloop
Marc
Wat sal so bloubul uitslag
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Heinrich,
Ek gaan jag al die laaste twee jaar by Fanie. My seun het dan ook die jaar sy 1ste Springbok daar geskiet. Het op die koppie in die hoek voorgele. Het amper 3uur gewag vir die bokke. Het vir 3 ure gele en droom van daardie Elande deur my teleskoop. so paar op die koppie aan jou kant gewees, en 'n klomp onder die koppie op die vlakte.
Manne, daardie Elande is groot en mooi. Daar is baie.
Groete,
Henk
Ek gaan jag al die laaste twee jaar by Fanie. My seun het dan ook die jaar sy 1ste Springbok daar geskiet. Het op die koppie in die hoek voorgele. Het amper 3uur gewag vir die bokke. Het vir 3 ure gele en droom van daardie Elande deur my teleskoop. so paar op die koppie aan jou kant gewees, en 'n klomp onder die koppie op die vlakte.
Manne, daardie Elande is groot en mooi. Daar is baie.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
JWO en Hebron het Heinrich Funk se uitnodiging aanvaar en Donderdag die mooi Laohu Valley Reserve ? Ongegund buite Phillipolis gaan besoek. Na die inskiet vroeg oggend het ons saam met Heinrich en Tinus die die Elande gaan soek. Ons het gou op ?n troppie trofee bulle gesien naby een van die plaashuise. Dit was baie mooi om te sien, maar ons was agter biltong bokke aan. Ons sien toe 6 Elande teen ?n koppie en ry verby sodat ons hulle van die teenoorgestelde kant af kan bekruip. Oppad na die koppie het ?n Rooihartbees ons kanse amper in die wiele gery en reg op die Elande af gehardloop. Hy het egter na links uitgeswenk en op ?n afstand gaan staan om ons te bekyk. Die Elande was nou binne hoorafstand en die wind het heeltyd van rigting verander. Daar was 2 jong bulle en 4 koeie. Willem moes eerste skiet. Die een koei het onrustig begin raak en weg beweeg van ons af. Heinrich het gou die skietstokke staangemaak en Willem het ?n mooi koei agter die blad geskiet op 130m. Willem het met sy 7x64 geskiet met 139gr Hornady Interbonds @3050fps. Die skoot was deur die bo-kant van die hart en sy het net ?n paar tree gevorder.
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag003.jpg[/img]
Die trop het van regs na links om die koppie begin draf. In my haas om ook ?n skoot in te kry, val my bi-pod van die geweer af. Heinrich het intussen die 3 poot se stokke korter gemaak en ek kon die koei aan die agterkant van die trop onder skoot kry. Ek het haar ook agter die blad geskiet op ongeveer 180m met my getroue RSA 308 enkelskoot. Sy was in baie goeie kondisie en het swaarder uitgeslag as die groter koei wat Willem geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag007.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag008.jpg[/img]
Dit was 9h00 die oggend en reeds 2 Elande. Ek het nog plek op die bakkie gehad, en ?n mens kry nie aldag die geleentheid om in sulke groot uitgestrekte terrein te jag nie. Heinrich is huis toe met die bokke om te laat slag en Tinus het ons verder vergesel. Willem het ?n opmerking gemaak: ? Dit was nou baie lekker, maar amper te maklik, ons het dan nog nie eers gestap nie!? Tinus laat weet toe: ?Kom ons skiet eers die bokke, dan kan julle stap!? Sy woorde het deur die loop van die dag baie waar geword. Vir die volgende paar ure het ons v?r geloop en net spore gesien. Jy kan nie glo dat sulke groot diere so maklik kan wegraak nie. 22 000ha is egter baie groot en bied wegkruip plek.
Teen 13h00 gewaar ons weer ?n paar Elande op die horizonseker 2km van ons af. Ons het lekker dooie grond gehad om hulle te bekruip. Toe ons op die horison kom, gewaar ons net 2 bokke se horings. Die een koei het reeds van ons geweet. Vanaf die skietstokke was net die bokant van haar kop sigbaar. Ek het toe ?n berekende kans gewaag en na vele twyfel besluit om te skiet. Sy het gelukkig net daar bly l?. Die volgende oomblik begin die res van die trop wat ons nie kon sien nie, na links wegdraf. Daar was meer as 100 Elande in die trop. Koeie en kallers was een groot massa. Dit het amper gelyk soos ?n toneel uit die Serengeti .
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag017.jpg[/img]
In die agtergrond l? die Van der Kloof dam. Wat ?n mooi uitsig!!!
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag020.jpg[/img]
Willem wou egter graag ?n jong bul skiet en ons het verder gery nadat Heinrich weer die Eland kom oplaai het om te laat slag. Hier het ek weer gesien dat daar maar net een bakkie is wat hou ? die Toyota Land Cruiser!!!
[img width=560 height=420]http://i1059.photobucket.com/albums/t43 ... Jag026.jpg[/img]
Ons het weer die groot trop Elande gekry waar hulle intussen ?n trop Blesbokke en 4 Sebras bymekaar gemaak het. Teen 17h00 het ons nie weer Elande onder skoot gekry nie. Willem het toe ?n lekker spitvarkie geskiet om die dag af te sluit.
Teen 19h00 was die bakkie gelaai vir die lang pad terug Sutherland toe. Baie dankie aan Heinrich en sy vrou vir jul gasvryheid. Ons het lekker gejag en sal verseker in die toekoms weer so maak. Dankie ook aan Tinus wat heeldag as PH opgetree het. Dit was lekker om saam met julle te jag. Ek wil nie graag ander mense aanraai om daar te gaan jag nie, dit is ?n stukkie hemel op aarde en sou graag dit vir myself wil hou. Gelukkig vir die ander jagters kan ek nie bekostig om elke week 2 elande te skiet nie!!!!

Baie geluk !!!! 
Dis bitter mooi bokke daai, ek wens ek het geldtjies oor gehad in die bank

Ek hoop daar mag volgende jaar weer daar afgehaal word
Dankie ook vir die mooi storie, ek het nou lekker saam gery

Last edited by Marc on Sun Aug 05, 2012 7:19 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Baie mooi storie
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Baie geluk, en mooi vertel, ek sien dis bietjie koud daar by julle vandag -3 nou, foto van julle webcam.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Arnold van Wyk on Mon Aug 06, 2012 8:48 am, edited 1 time in total.
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Mooi fotos, mooi storie, en baie mooi geskiet!
Goed, beter, 6millimeter!
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Jacques dankie vir die deel van die jag. Hebron het al so bietjie verander vandat ek laas daar was. Die 7x64 lyk glad nie meer na n Bruno nie en op die 5de foto, Willem is dit 'n Sutherland Sportbra?
Mooi gegooi manne
Groete Gert
Mooi gegooi manne
Groete Gert
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Hoe verlang ek nou terug Vrystaat toe, darem seker nie so koud daar nie.
Nogmaals dankie aan al die mense van Laohu Valley Reserve wat dit vir ons moontlik gemaak het, ek hoop daar sal volgende jaar nog n paar elande wees om te skiet!!
Groete Willem

LAAT-LOOP
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Mooi gegooi Jacques!
Groete
Marius
Groete
Marius
- ghoon
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Fri May 20, 2011 10:09 am
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Heinrich, more
Het jy nog van die bloubulle oor vir jag volgende jaar
Kyk so na naweek van 30 mei 2013
Ghoon

passion for muzzleloaders:electra,accura,pedersoli single and double
bowhunting:hoyt turbohawk
GERRIT LESSING
bowhunting:hoyt turbohawk
GERRIT LESSING
- ou Bles - Gert
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Middag manne ek is nog nuut hier wat slag n eland koei en bul onderskeidelik uit?
.22 Remmington, 12Boor winchester, 270 husqvarna 303 lee enfield, 9mm star, 9mm norinco nz75, .22 beretta pistool
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Gewigte
Bul 700-900kg Koei 450kg
Slag 51% uit van bogenoemde.
Jong koei wat ek geskiet het, het 180kg uitgeslag.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Elande te jag in die Suid Vrystaat 150km suid van Bloemfontein
Hallo Ghoonghoon wrote: Heinrich, more
Het jy nog van die bloubulle oor vir jag volgende jaar
Kyk so na naweek van 30 mei 2013
Ghoon
Ja ons het nog volg die posts vir 2013
http://jaracal.com/index.php/topic,17533.0.html