lig bo-oor vs lig onder jou geweer
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Gee my bietjie die voor en nadele van elk...geweer bo-oor en op scope gemount teenoor die lig wat onder die geweer aan jou rig vas is..
Ek luister graag
Ek luister graag
-
Danie Lombard .243
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Cobus
Daar is geen voordeel of nadeel daaraan nie, dit is dieselfde. Dit het ek herhaaldelik beleef met die dat jag maat Hendrik asook my vrou Yolandi vir my lig as ek jakke jag. Soms hou hulle die lig twee voet bo my kop, soms net langs die geweer, soms is ek bo en hulle lig van onder ens. Die lig was al orals gewees met die dat hulle lig en ek skiet. Bly dieselfde.
Wat wel baie belangrik is, is dat die lig so na aan die geweer moet wees. Dit het al baie gebeur dat die lig ver agter op die bak gehou word na die tailgate se kant toe en dan vat ek soms dooie rus oor die bakkie se bonnet heel voor. Dus is ek en die lig ver uitmekaar. Dit werk nie so mooi nie. Ek het van die bank af eenkeer in die nag getoets dat skote dan effe links of effe regs gaan na gelang van watter kant die lig is.
Bo of onder, dieselfde. Solank lig en loop in dieselfde rigting is.
Danie

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Cobb
Solank jou lig saam met jou geweer beweeg en hy nie weerkaats op jou silencer nie is altwee meteodes effektief. Myne sit skuins onder van my geweer op skietarm wat geweer vashou. Dit werk vir my en as ek geweer afhaal hoef ek nie die lig ook af te haal nie, maar ek weet baie voltydse manne skiet net met lig op geweer.
Ek verskil van Danie hier. Die skut moet in beheer van die lig en dimmer wees.
My sent
freddie

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
My lig is op my teleskoop.
Lig word so gestel dat my geweer in die middel van die kol is. Maak blits vinnige skote moontlik.
Die skut moet in beheer van die lig em dimmer wees.

- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Cobus,
Ek het my lig lank bo my geweer gehad en het hom nou onder die geweer gesit. Daar is nie veel van 'n verskil nie. Albei werk ewe goed. Ek het wel enige moontlike weerkaatsing van die knaldemper uitgeskakel.
Groete,
C.J.

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Nou verstaan ek nie. Ek was onder die indruk dat die lig glad nie op die voertuig mag lig nie.
Onder die geweer sal dit wel gebeur. Dan as jakkals kyk terwyl jy ander rigting lig, sien hy die voertuig en gee pad. Is dit nie so nie?
Groete
Johan Smit

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
jy hou mos nie jou lig vir 'n langtyd op 1 plek nie?
jy draai mos vinnig in die ronte.
daai split sekond gaan niks maak nie.
jy draai mos vinnig in die ronte.
daai split sekond gaan niks maak nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Danie Lombard .243
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Ek kom agter dat van julle manne my nie mooi verstaan het oor wat ek ge plaas het t.o.v. die lig en skiet nie.
Maak nie saak waar jou lig gemonteer word of wie hom vas hou nie. Die lig moet so na as moontlik aan mekaar wees, albei die loop en lig moet so na as moontlik paralel lyn reguit in dieslfde rigting kyk/skyn.
Ek dink die meeste van julle is nie bekend met van my jag metodes nie. Tydens my 15 jaar van voltydese jak jag het ek op die oop vrystaat vlaktes vroeg geleer om ver skote van uit 'n bakkie agter die stuurwiel te skiet terwyl iemand wat weet van lig agter op die bak staan. Kampe word deur gery en jak oe word gesoek. Net soos bokke jag in die nag jag ek jakke in die nag. Baie suksesvol. Veral skelm jakke wat nie veel dink van 'n roeper nie word so suksesvol gejag. Soos ek jag werk 'n lig bo op 'n geweer se scope glad nie.
Wanneer ek roep en jag is ek en die man wat die lig vashou saam op die bak. Dit werk vir my en ons is baie suksesvol met die metode. Ek het nog nooi 'n probleem gehad van lig wat op die loop of silencer skyn wat my verblind deur die scope nie.
So het elke ou sy manier en voorkeur van dinge doen. As dit werk en suksesvol is moet daar nie gepeuter word aan 'n werk plan nie. Don't fix it if it aint broken.

- Pitbull
- Full Member

- Posts: 237
- Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Hi Danie
Ek dink die meeste van ons verstaan jou baie mooi, het ook baie so gejag voor daar better "gunlights" uitgekom het wat meeste groot "spot lights" dood skyn. Mens kan nie altyd iemand saam neem om vir jou te lig nie en as jy 'n gekroomde geweerloop met 'n kneldemper wat so weerkaats met die lig dat jy niks kan sien nie. Dit ding is as jy "light force" se "spotlight" bo op die scope monteer werk dit. Ma nou die probleem as jy op 400m skiet en jou "scope" is op 12 of 15 vergroting gestel kry jy baie van die lig wat gemors word in die "scope". Het my "light force" afgehaal en kleiner lig op die "scope" gemonteer wat lekke werk met 'n skakelaar wat jy die lig vinning af en aan sit. Maar jou kneldemper skyn nog so bietjie in die scope. Nou het ek die lig onder op die loop teen die kneldemper gesit en werk mooi. Daar is geen weerkaatsing in die "scope" en jy kry 'n mooi skoon "field of view" en die voordeel is jy kan alleen gaan jag.( Het ook geen inpak op my skootplasing nie.)" Don't fix it if it ani't broken" werk nie meer so lekker in ons moderne tyd nie. " Take it apart to improve it" is die nuwe weergawe.
Groete
Henno

I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
As jy 'n probleem het met weerkaatsing van loop/silencer vat 'n verkyker se lenscover,sny 3/4 van die binneste deel uit en sit hom oor jou scope se voorste lens-ek kan nie foto's plaas nie ma as julle wil sien hoe stuur 'n selnommer dat ek hom kan mms en dan kan daai ou dit plaas.
Henry
Henry
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Henno Pitbull, asseblief, ek sukkel ook om op te stel om alleen te gaan. Watter kleiner lig gebruik jy?
Dankie
Groete
Johan Smit
Dankie
Groete
Johan Smit
- Pitbull
- Full Member

- Posts: 237
- Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Ek gebruik op die oomblik" dereelight" van" night masters", googel hom hy het "trigger switch" wat mooi op jou kolf pas. Daar is 'n groot verkeidenheid ligt wat jy kan gebruik. Die ander vraag is waarvoor wil jy hom gebruik, net vir jag of vir jakkals jag ook.smitjs wrote:Henno Pitbull, asseblief, ek sukkel ook om op te stel om alleen te gaan. Watter kleiner lig gebruik jy?
Dankie
Groete
Johan Smit
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Ja, hoofsaaklik vir jakkals. Ek verstaan nie juis hoekom die verskil nie.Ek gebruik op die oomblik" dereelight" van" night masters", googel hom hy het "trigger switch" wat mooi op jou kolf pas. Daar is 'n groot verkeidenheid ligt wat jy kan gebruik. Die ander vraag is waarvoor wil jy hom gebruik, net vir jag of vir jakkals jag ook.
Is dit plaaslik beskikbaar?
Dankie
Groete
Johan Smit
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
verduidelik gou vir my hoekom die ander lig op geweer, as jy wel 'n LF het?
HOU HOM DAAI DIKTE
- Pitbull
- Full Member

- Posts: 237
- Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Smitjs
Die ding is die "dereelight" het nie 'n dimmer nie so is redelik baie skerp. Al wat jy kan stel is die lig se lens om die kol groter te maak en kleiner van 3m tot 100mm kol grote soos wat jy op die LF kan doen. Ek gebruik 'n flouer LED "mini mag" om die oee opte tel en dan die "gun light" vir identifikasie en skiet. Dit werk vir my, ek het nog nie 'n skietstoel nie en gebruik my viertrek fiets om die jakkies mee te jag wat goed werk. Jy behoort plaaslik Sniper se nuwe ligte te kan koop of kyk wat het hulle vir jou met die "trigger" skakelaar. 'N vriend van my het vir my die "dereelight" ingevoer. Kyk ook op die forum rond daar is 'n paar ligte wat die manne met meer ondervinding van praat.
Cassie_calvinia
Ek gebruik nog die LF maar net as ek iemand kan saamvat om vir my te lig. Wat lekke is van die "gun light" hy is baie lig en skyn 'n kol in die LF so vir my werk hy beter en skerper maar die ding is jy kan hom nie lank op jakkie se oee hou nie. Ons het hom getoets hy skyn tot 800m kan jy oee optel en op 650m kan jy die dier identifiseer. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek is mal oor my LF was my eerste skiet lig en sal my gunsteling bly. Die battery is ook herlaai batterye wat tot 30 uur hou, ek kan nie kla nie. Werk ook goed vir wanneer jy 'n dag roep doen en dit raak laat. Dan hoef jy nie 'n battery en skietlig saam te dra nie, jou lig is permanent op jou geweer.

Ek het toe my Dereelight Night Master gekry. Daardie flits fokus nou skerp!!
Tog jammer die dimmer storie, om af te skakel en dan weer te druk en druk tot dit flouer is, is nou moeilikheid soek. Ek verstaan nie waarom daar nie 'n LED flits is wat kan fokus soos die Dereelight, 18650 batterye gebruik, en 'n eksterne dimmer het of tenminste 'n magnetiese ring met totale analoog verstelling nie.
Intussen sal ek 'n ander plan maak en later laat weet.
Ek het dit gekry van Torch World in Australie. $118 AUD met die verlenging vir twee batterye en die eksterne skakelaar. Dan nog $18 AUD vir posgeld en R178 doeane. Altesaam nog redelik.
My stoel kry 'n rem, ek kan nie ordentlike groep skiet sonder 'n rem nie. Mens draai tenminste 100 keer in die rondte vir 'n skoot, so dit moet maklik draai. Dan is daar te veel beweging as jy skiet.
Nogtans, ek kan se daar was nie een mis skoot op Mooihuil 2003 uit my stoel nie. Die helper wat ek daar gekry het, was uitstekend, Philip Jordaan, baie aangename en kundige matriek seun.
Ek is nog nie seker van die montering van die flits op die teleskoop nie. Die flits fokus so skerp dat die montering eintlik baie stewig en verstelbaar moet wees.
Enige voorstelle welkom.
Groete almal

- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
smitjs wrote:$118 AUD met die verlenging vir twee batterye en die eksterne skakelaar. Dan nog $18 AUD vir posgeld en R178 doeane. Altesaam nog redelik.
Oom Johan,
Vir daardie geld kon Oom mos 'n LF 170 RM gekoop het? Hoekom juis die flits, en nie 'n spotlight nie?
Goed, beter, 6millimeter!
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Ek stem saam dat daar beter opsies is. Dis nie dat ek nie spotlights het nie. Ek het twee 220 spotlights, een Lightforce, en een ander maak. Vir wild oes met helpers agterop en ek bestuur is dit reg, as mens een kan kry met verstand en ore sodat hy kan luister en verstaan. Ek het dit jare gedoen met wild oes, maar dan loop die voertuig se enjin meeste van die tyd soos mens beweeg deur die veld. Nou is die uitvoer mark grootliks tot niet.Geno wrote:smitjs wrote:$118 AUD met die verlenging vir twee batterye en die eksterne skakelaar. Dan nog $18 AUD vir posgeld en R178 doeane. Altesaam nog redelik.
Oom Johan,
Vir daardie geld kon Oom mos 'n LF 170 RM gekoop het? Hoekom juis die flits, en nie 'n spotlight nie?
Die jakkals roep storie is heeltemal anders. Die voertuig staan meesal, en die voertuig battery sal dit nie maak met daardie 100w lampe nie. Ek wil nie 'n ekstra battery op sit nie, ek gebruik my voertuig nie net vir jakkalse nie. Die 18650 batterye is die antwoord saam met LED flitse. Ek laai die spaar batterye terwyl ek jakkals soek, maar 'n stel hou in elk geval twee nagte, en kan enige tyd laai van die sigaret aansteker sok af. Ek is nog nie tevrede met my opset nie, en sal dit nog verbeter soos ek ook meer ondervinding kry. Nogtans, met net 'n LED flits op my stoel se arm het ons sewe jakkalse gekry by Ops Mooihuil.
Ek kan jou dit liewer anders vra. Wil jy nog met 'n Model T Ford ry? Filament lampe se dae het gekom en gegaan. Die 100watt spotlight trek tenminste 10 Ampere, en die Led een een Ampere, vir dieselfde hoeveelheid lig. Dis nog nie totaal uitsorteer nie, toegegee.
Groete
Johan Smit
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Jammer vir die dubbeld pos.Geno wrote:smitjs wrote:$118 AUD met die verlenging vir twee batterye en die eksterne skakelaar. Dan nog $18 AUD vir posgeld en R178 doeane. Altesaam nog redelik.
Oom Johan,
Vir daardie geld kon Oom mos 'n LF 170 RM gekoop het? Hoekom juis die flits, en nie 'n spotlight nie?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Ek het nie 'n spaar battery nie, en jag gemaklik sonder probleme met die voertuig se battery.smitjs wrote:Die jakkals roep storie is heeltemal anders. Die voertuig staan meesal, en die voertuig battery sal dit nie maak met daardie 100w lampe nie.
Het in die begin 'n deep cycle battery saamgery as backup, maar dit was heeltemal onnodig, het ek gevind.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
ja nee wat. ek het wel duel batt. maar het lank sonder 1 geroep. met 2 100w bulps. hy maak niks aan battery nie.Geno wrote:Ek het nie 'n spaar battery nie, en jag gemaklik sonder probleme met die voertuig se battery.smitjs wrote:Die jakkals roep storie is heeltemal anders. Die voertuig staan meesal, en die voertuig battery sal dit nie maak met daardie 100w lampe nie.
Het in die begin 'n deep cycle battery saamgery as backup, maar dit was heeltemal onnodig, het ek gevind.
Groete,
Eugene
HOU HOM DAAI DIKTE
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Reg so manne, ek het net te veel dubbel battery installasies gesien om daardie kans te vat. Dit sal darem net te erg wees om daar in die veld te staan met 'n pap battery. My Isuzu vat ook maar swaar as dit so erg koud is, ek wil nie kanse vat nie.
Die LED manier van lig is vir my die beter opsie. My skietstoel het dan ook nie die borsels en so aan nodig nie.
Ek verstaan die arrde draai om diversiteit, en dis goed so.
Groete
Johan Smit
Die LED manier van lig is vir my die beter opsie. My skietstoel het dan ook nie die borsels en so aan nodig nie.
Ek verstaan die arrde draai om diversiteit, en dis goed so.
Groete
Johan Smit
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Johan
Mag ek vra hoe skerp fokus die led lig en gee hy ook n groot gloed buite om.
Hoekom ek vra is dat vir my is een van die voordele van die LF is dat mens bo die horison om lig as jy draai en jy tel meestal die reflectors in die gloed van die lig op en dit is vinniger en skrik ook nie vir jakkie af (tel veral punte met die wat ligte ken) soos die direkte sterk straal nie.
groetnis
Mag ek vra hoe skerp fokus die led lig en gee hy ook n groot gloed buite om.
Hoekom ek vra is dat vir my is een van die voordele van die LF is dat mens bo die horison om lig as jy draai en jy tel meestal die reflectors in die gloed van die lig op en dit is vinniger en skrik ook nie vir jakkie af (tel veral punte met die wat ligte ken) soos die direkte sterk straal nie.
groetnis
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Sekerlik Freddie. Ek is mos nog 'n beginner in hierdie saak, en ek is nog nie seker hoe groot die ligkol moet wees nie. Vir my was dit nog 'n probleem dat die ligte te groot skyn, dit verlig die knaldemper en die voertuig. Ek se nou nie almal is so nie, maar definitief die een wat ek gebruik het. Toe maak ek vir die lig 'n uitlaatpyp. Ek kry toe 'n stuk 63 mm beproeiings pyp en monteer dit daar voor op. Die stuk is 28cm lank, en dit beperk die ligkol heel goed. Ek dink die ligkol kan eintlik nog bietjie kleiner wees, maar ek is nie seker nie. Ek het die Jetbeam RRT3 flits gebruik op die Ops Mooihuil. Ek glo nou dis hopeloos te sterk en te duur. Ek het nooit die lig op vol sterkte gebruik nie, en ons het net een keer gekry dat 'n jakkals gesien was en nie wou inkom nie. Ek kan dit nie aan die lig toeskryf nie. Op hierdie stadium glo ek dat niks meer as 800 Lumen is nodig nie, solank die lig kan gefokus word.
Dan kan ek jou vra of dit dan slegter sal wees as jy 'n swakker lig vol op die jakkals gooi. Ek dink nou maar aan Celesti se mooi ligte. (Kalmeer Kobus!!
) Die goed wat Celesti adverteer het almal so vier sterktes.
Ek is oortuig Celesti se P25 en andere met 'n uitlaatpyp van die regte lengte sal uitstekend werk. Die probleem is natuurlik om 'n plastiek pyp te kry wat daar pas. Ek weet nie hoe om so iets te maak nie. Ek is ook nog 'n dimmer aan die navors. Niks is nog in sement vasgegooi nie, en insette word waardeer.
Groete
Johan Smit
Dan kan ek jou vra of dit dan slegter sal wees as jy 'n swakker lig vol op die jakkals gooi. Ek dink nou maar aan Celesti se mooi ligte. (Kalmeer Kobus!!
Ek is oortuig Celesti se P25 en andere met 'n uitlaatpyp van die regte lengte sal uitstekend werk. Die probleem is natuurlik om 'n plastiek pyp te kry wat daar pas. Ek weet nie hoe om so iets te maak nie. Ek is ook nog 'n dimmer aan die navors. Niks is nog in sement vasgegooi nie, en insette word waardeer.
Groete
Johan Smit
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: lig bo-oor vs lig onder jou geweer
Freddie
Mens kan sien jy jag nie van gister af nie, mens moet mos die gloed tot jou voordeel gebruik.
As jy op n jak lig, sal hy nie die bakkie kan sien nie.Dit is hoekom jy vinneg in die ronte lig en jou lig afsit.
As daardie lig die jak pla dan was hy al geroep...
Boertjie