Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Gert Odendaal »

Ek het Saterdag die Kodiak Express .72mm dubbel geskiet...dit was die eerste swart kruit geweer wat ek geskiet het , die geweer skiet heel lekker...en ek verstaan nou dat die ou manne sonder arseling `n olifant met die gewere kon plattrek....Johan het my gewys hoe die loop met kookwater skoon gemaak moet word...ek begin voel daar krap iets waar dit nie moet jeuk nie.... ;D ;D ;D

Image
Last edited by Gert Odendaal on Tue Feb 12, 2013 8:02 pm, edited 1 time in total.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by VdWalt »

My broer het n kameelperd met syne geskiet.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by mariusr »

Ja as mens nou nie die nuwe dubbels kan bekostig nie is die verseker die antwoord ek sal ook net 'n swartkryt dubbel koop baie mooi!

Groete
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Gert Odendaal »

Ek het daarna na Johan se versameling 18 de eeuse swart kruit dubbels gaan kyk...die ou gewere is ongelooflik swaar, het lang lope en swaar 1/4 ribs met baie opslaan afstand plaatjies...maar die een ding wat uitstaan is die ongelooflike vakmanskap van staal/houtpassing wat die gewere het...onthou daardie tyd was daar nie masjiene wat die fyn werk gebou het nie ...kinder arbeid...goedkoop arbeid...die ou manne kon ....
User avatar
Pitbull
Full Member
Full Member
Posts: 237
Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Pitbull »

Dit is baie mooi, wat prys so ene Gert?
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by mariusr »

Het gesien jy kry Kodiak dubbel vir so R15000!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Gert Odendaal »

Pitbull/Marius
As ek werk vir so `n mooi geweer gehad het sou ek sonder arseling vir my een gekoop het...ek wil nie in die slaggat trap om gewere link en regs aan te skaf net omdat ek meer gewere wil he nie...ek dink op die staduim is drie gewere vir my genoeg...ek jag net twee keer `n jaar. Maar ek gaan definitief meer te wete probeer kom oor die swart kruit skiet vaardighede...miskien verander ek my standpunt vorentoe...ek weet ook nie of ek sal nee se vir `n "bargain" op so `n geweer nie...dit was regtig baie lekker om die geweer te skiet...dink ek gaan more weer skiet... :D :D
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Ek het ook een. 'n Africa Express m.a.w die slotplate het 'n Olifant en Buffel op gegrafeer as ek reg onthou. Dit is 'n 72 kaliber of .72 van 'n duim wat beteken dit is 'n 18.2mm. Daardie geweer skiet geweldig lekker en as die ouens eers begin skiet wil hulle hom nie neersit nie. Die koniese koeël weeg so 780 grein so mens draf sommer gougou deur 'n klomp lood. Omdat hy 'n relatiewe groot kaliber het met kort lope kom mens gou by die punt uit wat jy ongebrande kruit by die loop uitblaas. Dit beteken ook dat jy beperk is tot hoe vinnig jy die koeël kan dryf. 80 grein 2F is omtrent die maksimum voordat hy begin omdraai.

Ek dink mens kan 'n buffel met hom aandurf as jy 'n verharde koeël gebruik. Ou het darem twee skote maar dan moet jy iemand betroubaar agter jou hê met 'n geweer wat stromlope kan stop.

Ek wil hom nou met 'n vetlappie en bal probeer want hy het eintlik 'n stadige groef loop en dit behoort goed te werk.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Gert Odendaal »

Naand Mars67
Ek glo dit is dieselfde geweer...ek het regtig min tot geen kennis rakende swart kruit gewere......dit was regtig lekker om met die dubbel te kon skiet.......ek sou regtig graag met swart kruit wou begin maar soos ek voorheen gese het...op die staduim sal ek by drie gewere bly....ek sal eers die gewere goed mee jag en vorentoe miskien my standpunt verander...maar ek het ook gesien dat daar nie `n swart kruit afdeling is nie en gedink om te begin met `n skakel...ek glo daar is baie manne wat tog `n swart kruit afdeling regverdig...ek het dit so aan Hein/Wouter genoem gestel en hulle was so gaaf gewees om vir ons die geleentheid te skep....as ek vorentoe weer `n geleentheid kan kry sal ek definitief weer die .72 Dubbel skiet...baie krag en baie rook...dit was lekker... ;D ;D
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Ja dit is definitief dieselfde geweer. Gemaak deur Perdersoli. Die Kodiak express het net tonele van 'n Kodiak beer en dalk 'n ander amerikaanse dier (eks nie so seker nie) op en toe besluit hulle om een met afrika motiewe ook te maak. Identies dieselfde met ander grafering op die slotplate.

Dit is maar 'n gelol. As mens 'n jeuk het moet jy hom krap. Onthou jy het nie 'n lisensie nodig nie so tegnies tel dit nie as nog 'n geweer nie! >:D
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by henrygriffiths »

ek het n 72 persent gekry by een van my buitelandse jagters, dit was n lekker speelding met daai 780gr conicals!

het klomp varke met hom geskiet.

baie spuit ek het hom verkoop, het nou weer n 50cal gekoop vir n R1000 2de hands

vir ons gewone mense is die naaste wat ons sal kom om n dubbel loop te besit.
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by johan »

Henry troos jouself daaraan dat ek mooi na jou 72 kyk.
Mars67 het my ook gehelp om die kolf wat in twee gebreek het te vervang.
Jy het seker te veel varke geskiet.. ;D
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by henrygriffiths »

johan vertel meer oor die kolf, ek dink nie ek het 50 skote gekiet nie!
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Nee jong. Daardie Johan is 'n duidelike outjie. Hy hou 'n 4 boor vas dat hy nie roer nie so daar was nêrens vir daardie kolf om heen te gaan behalwe kant toe nie! >:D

Die slank nek en 'n moontlike swak plek het ook nie gehelp nie. Pedersoli het hom kosteloos vervang.

Plus daar in die karoo het hulle nie kruitmate nie. Hulle werk nog op 'n hand vol kruit soos in toeka se tyd en as jou hande soos skopgrawe lyk dan kan dit seker maar lol!!!! ;D
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by johan »

1770grein bal op 450grein swartkruit kan soms ongemaklik word :o

Neewat Henry, ons het jou roertjie vinning ontgroei en opgegradeer na die 4br, al verskil is ons kry nie die 4br mooi ingestel nie ;D

Dit neem jou twee dae om genoeg moed bymekaar te skraap vir die volgende skoot..
Natuurlik is Marnus se plek geboek die winter vir n instelsessie >:D
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Sal maar vir 'n week moet kom sodat ek darem so 3 skote kan inkry!!! :'(
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by mariusr »

Manne weet dis nou gat juken ek weet niks van swart kruit kan nou kodiak dubbel .72 kry met die buffel en olifant graveer werk vir R11500 wat dink julle moet ek nog laat af stry! :confused:
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Druk hom vir nog!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by mariusr »

Wat dink julle is goeie prys vir my het gaan kyk die geweer is baie mooi en is pedosili het punte kruit en geweer kas by! :confused:
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by Mars67 »

Baie manne gee nou moed op omdat swartkruit bietjie van 'n pyn is om te kry. Classic verkoop hom vir R15500. Bied hom R10000 aan.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer

Post by mariusr »

Dankie Mars het ook so ged :) ink!
Post Reply