Doughnuts
-
tafjak
Doughnuts
Die meeste kalibers kry die probleem, sekeres net gouer waarvan die 243 en 270 van die grootste sondaars is.
Daar is 'n goeie toets om vas te stel of die probleem aanwesig is in jou doppe. Gooi 'n koeel in die dop nadat dit geskiet is maar voordat dit voorberei word vir herlaai. As die koeel vry deurval is die dop 100% en as dit nie, gooi weg of sny nek binne. Jy kan ook nek buite sny, maar doen dit gereeld voordat "doughnut" prominent is. Hoese Kortbroek en Janbassie van my taalgebruik?
Doughnuts in die 243 kan oorkom word deur net 70g boattail koeels en liger te gebruik.
Taffie
N.S. Hierdie is slegs my eie ondervinding en raad van Hendrik. Dit werk! Leer my om die kappi op e's van Andre umlaat ens te doen.

Izak02
Re: Doughnuts
Taffie
Jammer man ek het 'post' gedruk voor ek klaar was. Hou Alt in en speel dan rond met verskillende kombinasies van nommers, begin by 130 en werk op of af dan sal jy die meeste van hulle kry. Tik die voorafgaande letters van die woord en dan die kombinasie vir die spesifieke letter.

Izak
Baie dankie, sal so met die antwoorde leer om dit te oefen. Koe?ls en s? sal nou mooier by die boodskappe pas.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Doughnuts
taffie veral op die 243 het ek dit agtergekom met pmp doppe....of doen daai 243 dit met alle doppe....n 243 met pmp doppe is woefiepoefie.
maar moet bieg n 308 hettie moeilikheid met pmp doppe nie. Ek dink hulle wande is te duk en volume te min..vir ander kalibers......,dalk voel julle anders ----gooi manne gooi...
as daar nie lood in die lug is nie kan die jakkals nie val nie

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: Doughnuts
Jakes
Ek glo nie dat die PMP-doppe makliker doughnuts gee as ander doppe nie. Norma vreeslik kwaai as jy by max ladings kom, maar almal maak doughnuts.
Ek sal PMP skiet, het net die tyd en geduld
om die goed te weeg en te gaan skiet nie. Hier en daar gaan jy een kry wat sommer van teiken af is. Kan nie darie kanse waag nie. Moenie met my oor Highland doppe praat nie, ek kan nie reply sonder om Hein te noodsaak om hele post uit te vee nie.
Taffie
N.S. Raynie het 'n baie interesante stukkie nuus oor 243's en kan nie wag dat dit op die forum geplaas word nie.
Ek glo nie dat die PMP-doppe makliker doughnuts gee as ander doppe nie. Norma vreeslik kwaai as jy by max ladings kom, maar almal maak doughnuts.
Ek sal PMP skiet, het net die tyd en geduld
Taffie
N.S. Raynie het 'n baie interesante stukkie nuus oor 243's en kan nie wag dat dit op die forum geplaas word nie.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Doughnuts
Jacques
Raak ontslae van jou expander ball in die sizedie,daai ding trek die brass van binne die dop op n knop en vorm dan so die probleem.Laat Raynie (of Dirk) jou help om jou laaiproses aan te pas om die probleem te voorkom.
Jy sal moet begin nekwande sny(dis eenmalig) as jy dit nie reeds doen nie.
Jy sal moet n dieset kry met los size ring(die size van jou kamernek en dopnekwand gaan die ringgrote bepaal)
Begin uit te kyk vir n Redding S-tipe dieset.
Dis dan tog ook belangrik om jou eie kamerreamer te koop(R1500-R3000) soos jou loop uitslyt kan jou geweersmit dit oorream met jou eie reamer,so als bly konstand,kamergrote,nekwande ens en belangrik die reamer bly skerp vir n mooi skoon en ongepoleerde kamer(n stomp reamer sny n skurwe kamer wat gepoleer moet word,waar is jou dimensies nou?)
Dis my Zim$ 5sent.
n Mens staan voor soveel keuses en als kos jou,maar op die einde is dit lekker om als konstand te kry en te weet daar is minder veranderlikkes.
Met doughnuts in die doppe is daar baie goed wat saak maak,die een dop se ring is erger as die ander,so sy druk sal ho?r wees
maar hoeveel?en wat van n baie warm dag in die son?Dit is n veel gevaarliker ding as wat mens besef.
Raynie asb help ons reg

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Doughnuts
Tafjak, en almal wat defnitief meer as ek weet
Ek het gister PMP,Norma en Sako doppe met 'n .243 reamer (6mm)aan die binne kant van die nek getoets en almal het aan die agterkant van die nekke gesny. Van die doppe is ? 2 keer en ander tot 6 keer herlaai maar almal het gesny. Ek sukkel ook al meer met die doppe wanneer ek die slot toemaak (neksize en fullsize) al is die doppe se lengte gesny. Ek het ook reeds die doppe aan die buitekant van die nek gesny. Kan dit die dougnut effek wees wat dit veroorsaak. Het tot nou Sierra's en Frontier Spartans gelaai, maar nou die dag Nosler Ballistic tip 70gr. gekoop wat ek nog nie probeer het nie. My geweer is ge-erf en is dalk nie die beste behandel in die verlede nie. Hy skiet nie te vrot.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Doughnuts
Johan
die doughnut saam met temp kan baie gevaarlik wees 15min in direkte son kan druk met 4000psi verhoog dink aan daai pakkie wat op die dashbord l?,gekoppel met die feit dat jy nou die kruit deur 'n .224 gaat wil druk in plaas van .244!
Ek dink nie die expanderball is die rede nie ek het myne verwyder en steeds doughnuts gekry.Later het ek die nekke goed ge "anneal" met die expanderball die doughnut na buite gedruk en afgesny.Die finale doughnut oplossing was om die .243 te verkoop.
Christo
Ek dink jy kort 'n bodybump matrys dit is normaal vir doppe om na 'n tyd moeilik toe te maak.Om geld te spaar sny .1mm af van die voorkant van jou shelholder dit sal jou skouer en kante meer laat krimp,as jy wil probeer kontk my en ek sal jou verduidelik hoe.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Doughnuts
Ek beskou myself nie as 'n herlaai boffin nie, maar ek glo glad nie dat die expander verantwoordelik is vir donouts nie, anders sou dit ewe erg gewees het op alle kalibers wat met 'n soortgelyke "die" herlaai word. Myns insiens gaan dit eerder oor die dop profiel wat weer daartoe lei dat daar "koper vloei" plaasvind tydens die skoot. Jy kan herlaai soos jy wil, maar dit sal jy nie kan verander nie, buiten om van tyd tot tyd nekke te sny om die gevolg teen te werk. An die oorsaak kan ons egter weining doen.
Die donout word deur n "stoot aksie" deur die gasse veroorsaak tydens ontbranding, wat lei tot n verdikking in die agterste deel van die nek. Jou expander behoort eintlik 'n teenoorgestelde uitwerking te he omdat dit 'n trek aksie is. Die dop sal rek op sy dunste plek en die wanddikte van die nek is dunner as op die skouer, dus is dit hoogs onwaarskynlik dat dit kan veroorsaak dat die skouer gedeelte gerek word tot so 'n mate dat die koper afvloei tot by die agterste gedeelte van die nek.
Maar net my mening na meer as een loop wat al opgeskiet is.

Winners never quit - Quitters never win.
-
charles
Re: Doughnuts
Kruger
Die RCBS tipe expanders is meer geneig tot donouts as LEE tipe expanders {gaan kyk hoe hulle verskil} Jou 243, 7mmRem, 300WinMag is die algemeenste bakkers van donouts. Dan is dit NB dat jy jou doppemoet lube aan die binnekant met n oorstokkie. Wanneer die nekke gesny word gaan so n mil tot 11/2 mil in die skouers op. Anneal jou doppe elke 4/5 skoot van my Shiga doppe is al 20 keer geskiet.
Charles
Die RCBS tipe expanders is meer geneig tot donouts as LEE tipe expanders {gaan kyk hoe hulle verskil} Jou 243, 7mmRem, 300WinMag is die algemeenste bakkers van donouts. Dan is dit NB dat jy jou doppemoet lube aan die binnekant met n oorstokkie. Wanneer die nekke gesny word gaan so n mil tot 11/2 mil in die skouers op. Anneal jou doppe elke 4/5 skoot van my Shiga doppe is al 20 keer geskiet.
Charles
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Doughnuts
Kruger
Of die gas stoot en die ball trek, wat sou die verskil wees?die rigting is dan eenders-vorentoe?
Charles
Gebruik jy n expander op jou Shiga?
Of die gas stoot en die ball trek, wat sou die verskil wees?die rigting is dan eenders-vorentoe?
Charles
Gebruik jy n expander op jou Shiga?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Doughnuts
Ek hoor wat jy s? Charles en weet dat daar wel van die skouermateriaal in die nek invloei, daarom word die nek langer en moet dit van tyd tot tyd gesny word. Wat ek egter s? is dat die kopervloei/verdikking is as gevolg van kopervloei tydens die skoot en nie soseer tydens die herlaai proses nie. Vergelyk faktore soos druk, tempo ens tydens die skoot en tydens herlaai. Daar is geen vergelyking. Kyk maar na die skouerhoek van die kalibers wat jy noem. Daar is besliste ooreenkomste. Ek herlaai vir twee van die kalibers wat jy hier onder noem en met die regte sorg kan doppe inderdaad baie lank hou, selfs van die meer berugte doppe soos PMP.
Johan daar is wel n verkil in stoot en trek. Kyk na n eenvoudige proses soos wanneer draad gemaak word. Ek weet ons praat nou van doppe, maar die metallurgie is dieselfde. Wanner dikker materiaal van dunner materiaal gemaak word gebruik hulle 'n stoot aksie. Amper soos worsmaak. Wanneer hulle egter dunner draad maak van dik draad word die voorpunt van die draad getrek wat die materiaal agter rek en die resultaat is dunner, selfs indien dieselfde "die" grootte gebruik word.
Johan daar is wel n verkil in stoot en trek. Kyk na n eenvoudige proses soos wanneer draad gemaak word. Ek weet ons praat nou van doppe, maar die metallurgie is dieselfde. Wanner dikker materiaal van dunner materiaal gemaak word gebruik hulle 'n stoot aksie. Amper soos worsmaak. Wanneer hulle egter dunner draad maak van dik draad word die voorpunt van die draad getrek wat die materiaal agter rek en die resultaat is dunner, selfs indien dieselfde "die" grootte gebruik word.
Winners never quit - Quitters never win.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Doughnuts
Kruger
As ek op die regte golflengte ingestel was,verstaan ek nou die trekaksie=dunner.
Sou die expanderball die doughnut dan verminder?
As ek op die regte golflengte ingestel was,verstaan ek nou die trekaksie=dunner.
Sou die expanderball die doughnut dan verminder?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Doughnuts
Die probleem kom daarby in dat wanneer daar eers 'n donought is sal dit beslis nie die geval wees nie. Dan word die donought vasgevang voor die expander en word meer krag vereis met die uittrek slag wat weer verdere rek-aksies agtertoe in die nek area tot gevolg het. Onthou dat die gedeelte van die dop onder stress sal rek daar waar sy wanddikte die dunste is. Ongelukkig is dit dan so dat dit nie sal gebeur presies daar waar die donought is nie weens die feit dat dit juis 'n verdikking in die wanddikte verteenwoordig, dus kan geen expander 'n donought verwyder nie, maar is ook nie die oorsaak daarvan nie.
Winners never quit - Quitters never win.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Doughnuts
Verkoop dan die gemors 
Ek skiet myne met norma doppe en geen EXPANDER nie en dit gaan al te fraai.Dit is ook nie alleen die oplossing nie,en moet saam met ander goedtjies gaan om die probleem te help beheer.Sover ek weet gebruik die F-klas manne nie expanders nie.
NS dit sal nie werk met normale dieset nie
Ek skiet myne met norma doppe en geen EXPANDER nie en dit gaan al te fraai.Dit is ook nie alleen die oplossing nie,en moet saam met ander goedtjies gaan om die probleem te help beheer.Sover ek weet gebruik die F-klas manne nie expanders nie.
NS dit sal nie werk met normale dieset nie
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Doughnuts
Kan hom mos nie verkoop nie. Dan moet ek my hond ook verkoop want hy bol op die grasperk. 
Winners never quit - Quitters never win.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Doughnuts
Kruger
Wat sal n oplossing of gedeeltelike oplossing wees?Insidereamer wat nie merke maak nie??
Wat sal n oplossing of gedeeltelike oplossing wees?Insidereamer wat nie merke maak nie??
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Doughnuts
Ek het 'n inside reamer wat pas op die RCBS case trimmer. Dit kan ook die nekwand aan die buitekant afdraai, maar dit sal nie die probleem aanspreek nie, dus gebruike ek nie eers daai deel nie. Soos ges? dink ek ons kan maar net die gevolge aanspreek.
Winners never quit - Quitters never win.
-
krippel2
Re: Doughnuts
Ek het nou al na 'n hele paar forums en goed gekyk, en niemand kan regtig se wat is die oorsaak van 'n doughnut nie. Is daar enige iemand wat kan help? Ek self het nie 'n probleem met doughnuts nie, maar 'n goeie vriend wat gereeld saam met my jag het wel die probleem. Ons nou al alles probeer, en ek is nou al keelvol vir die geweer.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Doughnuts
In een van my herlaai boeke is daar 'n artikel oor dougnuts, kan net nie onthou watter een nie, sal soek en laat weet. 'n vriend van my het ook so gesukkel en die artikel het nogal gehelp, net te lank terug kan nie als onthou, gee kans sal dit soek.
-
charles
Re: Doughnuts
Johan
Ek het nog nooit die Shigga of die Tombi n expanderball gebruik nie maar sny +/- 1.5 mm in die skouer in as ek die nekke aan die begin gesny het. My Shigga se nekke is papier din ek dink die tolleransie van die kamer en hoeveel jy die doppe size (teveel) is dalk n groter rede vir Doughnuts as die expander bal. Die keelspesialis maak n ring 'gismo' wat jy kan meet hoeveel jy terug gedruk het.
Charles
Ek het nog nooit die Shigga of die Tombi n expanderball gebruik nie maar sny +/- 1.5 mm in die skouer in as ek die nekke aan die begin gesny het. My Shigga se nekke is papier din ek dink die tolleransie van die kamer en hoeveel jy die doppe size (teveel) is dalk n groter rede vir Doughnuts as die expander bal. Die keelspesialis maak n ring 'gismo' wat jy kan meet hoeveel jy terug gedruk het.
Charles
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Doughnuts
charles is reg ek het in herlaai boek opgespoor beduie hoe om nek te sny en se dan om doughnut te voorkom sny 0.03-0.04 duim in skouer. hoop dit help