Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
Marius_Jag
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Jul 28, 2011 2:20 pm

Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Marius_Jag »

Ek het pas `n Browning A Bolt II 375 H&H gekoop  ;D en wil graag `n Nikon scope vir hom kry. Watter model en vergroting sal die beste werk? ???
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Geno »

Dit hang af wat jou applikasie is, maar iets in die lyn van 2.5-10x behoort redelik allround te werk.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Varminter-308 »

Kry net iets met n groot eyerelief.

Daai Browning kom mooi terug... ;D ;D ;D ;D

Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Hercules Louw »

Nikon Monarch Gold, 1.5 - 6 x 42, 100mm eye relief.
Uitstekende scope, het so een op my 416 Ruger, sien toets in Julie of Aug se Magnum.

Tans op special by Safari, twee modelle. Ek het die een met die German no4 kruishaar.
NIKON MONARCH E 1.5-6X42 M R4B INBRA12002       R3,500.00
NIKON MONARCH E 1.5-6X42 NIKOPLEX (30MM) NIK6616       R2,800.00
Marius_Jag
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Jul 28, 2011 2:20 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Marius_Jag »

Dankie vir al die raad. Ek het toe geval vir n Nikon Monarch 2.5-10x42 Nikoplex.
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Varminter-308 »

Goeie koopie.

KAn nie verkeerd met Nikon nie.
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Jean Marais »

Marius_Jag wrote: Dankie vir al die raad. Ek het toe geval vir n Nikon Monarch 2.5-10x42 Nikoplex.
Het ook so enetjie op myne. Werk baie mooi ;)
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Vurkster
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Mon Jul 11, 2011 9:07 am

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Vurkster »

Marius...

net vir interesantheid, hoe skiet daai Browning??

Ek het verlede week na daardie geweer gekyk en was baie impressed.
Die prys is reg...

Ek sien die kritiek in Amerika is dat hy bietjie lig is.
Laat my weet hoe skiet hy...
.22-250 rem. Ruger M77 mark II
.308 win.       CZ mod 550 lux
Marius_Jag
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Jul 28, 2011 2:20 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Marius_Jag »

Ek het uiteindelik my Browning A bolt 375 H&H gekry en het die naweek so op 100 m gesit en skiet. Sommer pmp 300gr geskiet net om die loop so bietjie in te skiet - daai ding skop glad nie so erg soos die amerikaners beweer nie. In teendeel dis die roer wat ek die jaar saamvat jagveld toe. Ek het 24 skote geskiet en sou maklik nog 20 geskiet het as ek nog ammo gehad het. En hy is lig genoeg om ver te kan saamdra in die veld. En het `n redelike resultaat gekry v pmp ammo. Sal sien hoe groepeer hy met selfgelaaide 270gr Hornady Interlocks.
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Johan308 »

Ekt ook vir my so Browning gekoop en soek ook nou 'n scope vir hom. Ek het die Lynx LX2 2.5-15X50 in gedagte, gan dit overkill wees?

Kan nie wag om hom te kry nie, hoe is die geweer en wat is die beste om vir hom te laai?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by Capt. Yoda »

Ek sou ook die Lynx 2.5-15 vat. Daai 375 kan ver skiet so mens kan maar n lekker scope op sit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
vbd
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by vbd »

Ek wil nie my neus by die gesprek indruk nie, maar ek het ook 'n teleskoop vraag vir hierdie kaliber. Ek besit en skiet al vir 'n paar jaar 'n 375h&h met die leupold vx3 2,5-8x36 teleskoop op en is uiters tevrede. My probleem is ek het nou 'n zeiss duralyt 3-12x50 los en ek't nou 'n gier gekry om dit op te sit.
Gaan dit ook "overkill" wees? Ek voel dit gaan die kaliber net soveel meer applikasies gee en die zeiss se min vergroting is net .5 meer as die leupold en die eye relief is 90mm konstant teenoor 100mm op min vergroting vir die leupold.

Ek luister graag
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Watter scope vir `n Browning A bolt II 375 H&H

Post by DWB »

Nee wat, ek kan nie die probleem sien nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply