Soek raad met Hatsan mod 70

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Soek raad met Hatsan mod 70

Post by NicoSmit »

Ek soek nou raad . Ek is gatvol gesukkel met die geweer . Ek kan hom glad nie kry dat hy naastenby 'n groepering skiet nie Hy skiet rond en bont .Ek het al scopes geruil van 'n Nikko Sterling mountmaster na 'n Tasco wat van my 3006 af gekom het geen geluk nie . Ek weet dat 'n windbuks rof is op 'n scope maar het selfs alles afgehaal en oor die oop visier geskiet .Die resultate bly die selfde een skoot links dan weer regs bo dan weer links onder . Al wat ek dink is dat daar iets fout is met die loop kan hy dalk skeef wees (gebuig) . Ek sukkel al amper 2 jaar met die ding ek dink ek moet hom vir die laaities gee om cowboys en crooks te speel. Enige raad ? Dit is nie dat ek K!@#$ skiet nie ander het ook al prober hom instel
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Soek raad met Hatsan mod 70

Post by LUAN »

Die beste raad wat ek jou kan gee om jou verdere frustrasies te spaar is om hom te buig en weg te gooi. OF jy kan hom bietjie tune. Ek het ook een gehad wat met die mountmaster ront en bont geskiet het. Toe maak ek sy veer korter sny so 7 draaie af. Toe begin hy mooi groepeer. Jy moet ook beter pellets gebruik probeer gamo pro magnum of prohunter en die beste Air arms field 8.4gr 4.52mm. Hy moet so 800-850fps loop met die modifikasie. Die hatsan se erg recoil dra glad nie by tot akuraatheid en daarom word die veer korter gemaak. Dis ook onmoontlik om met die oopversier iets raak te skiet want jy kan hom nie laag genoeg stel nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Soek raad met Hatsan mod 70

Post by mariusr »

Selfde probleem het ook mod 70 het scope afgehaal want het heeltyd los gekom oor die recoil die scope rails is ook die tipe wat met skroewe vas kom baie simpel word heeltyd los! Check net die rubber gasket ook of nie gekraak is het myne vevang toe skiet hy baie beter?Die beste raad gaan koop ordentlike Gamo en vergeet van die Hatsun!!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Soek raad met Hatsan mod 70

Post by LUAN »

Nee wat gamos is nie eintlik beter en bestaan uit meer plastiek as n hatsan. Koop Duits- Diana, weihrauch of Engels- Air arms
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Soek raad met Hatsan mod 70

Post by mariusr »

Ja ek moet ook saam stem daar Gamo is maar ook net plastic alhoewel die duurder modelle darem 'n rot kan raak skiet!
Post Reply