22-250 vs 22-250 ackley

Post Reply
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

22-250 vs 22-250 ackley

Post by katjak »

Graag verneem ek van enige jagter wat met die kaliber in ackley skiet hoe ervaar julle hom. My standaard se loop is nou op en ek wil op n stadium graag herloop. Nou wik en weeg ek op n ackley want ek sal graag 60 greiners teen so 3800 wil skiet. Op die gewone 22-250 het ek met 35.0 grein 335 n 55grn v max teen 3750 F/s geskiet. My loop (ek bedoel die geweer sin) is nou al so gebrand dat ek met 35 grn slegs 3500 f/s kry. Om die loop na ackley te sny gaan nog R650.00 ekstra kos en sal graag wil weet of dit die geld werd sal wees. Danie 243 ek wag vir jou inset.
 
    Dankie  Japie.
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by Francois Marais »

Japie

Kyk hierdie link, mooi geskryf, oor n 22-250 AI projek.

http://www.varminter.com/particles/aifront.htm  Dink ek wil ook nu een he!!!!!!!

Nog een, van dieselle geweer wat net oor gekamer is.....

http://www.pittsburghlive.com/x/leadertimes/sports/s_507214.html

Geniet

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by Danie Lombard .243 »

:'( :'( :'( Ek soek ook een, en daai single shot Savage aksie. MMMMM! Die ouens in die VSA weet nie hoe goed hul dit het t.o.v. vuurwapen eienaarskap ens. Hul kan lope chop en change, enige projek aanpak. Lucky, lekke lucky.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by Cois »

Oom Japie

Hou op sukkel en skroef vir daai roertjie n 6mm loop op!!! ::) ::) ::) ;D. Dan kan jy nou soos n wit man skiet.

Groete
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by katjak »

Manne, manne. Dit is so stil op die topic, lyk nie vir my da is iemand wat met ackley skiet nie. Wat se loop beveel julle aan. Wat van herlaai data en spoed. Looplengte, ens ens. Komaan manne gooi die inligting. Het nou net aansoek gedoen vir nuwe loop. Soek nog die regte loop.  Dankie . Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
tafjak

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by tafjak »

Japie

As daar iemand is wat 'n 22-250 Ackley ken is dit Hendrik v Rensburg, bel hom(as hy nie wil reageer op topic nie) by S&O. Weet hy het 1in14 Hart geskiet en het begin op 28". Hy het ook S355 in die geweer gebruik en het 52gr koe?ls laat sing.

Hy't ongelukkig oorgeskakel 6mm Ackley toe en weet nie wat die rede was nie.

Mooiloop en laat die katte rol.
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by katjak »

Taffie. Dankie. Ek het vandag met so paar ouens gepraat en almal beveel ackley aan. Hulle s? almal met standaard ackley lading behoort ek langer loop leeftyd te kry. Doppe hou blykbaar beter en jy wen omtrent 200 f/s. Op 300 m val hy dan net 2" en nie 5" nie. dit is met 200m zero. Lyk my ek kan Pacnor loop in SS kry met 1:12 twist. 60 grn punte teen 3700 f/s en 55grn punte teen 3900 f/s. Hoop nie ek maak n fout nie. Groete . Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Hunter xxx

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by Hunter xxx »

Katjak
Net n vraag. ???
Net een ding hoe baie skiet jy ,hoeveel skote gaan jy kry uit dardie loop???
onthou speed kills. As jy baie loppe kan kry vat die pad. ander skiet hom soos hy van sy ma af kom.
Vrae maar vir Fox Driver.
Groete
Hunter
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 22-250 vs 22-250 ackley

Post by DSBW »

Japie, ek het 12 jaar 22-250 geskiet, is nou in die proses om weer loop te vervang. Alles wat jy s? oor spoed is seker moontlik, afhangende van loop lengte, lading en punt gewig. Kan jou egter met redelike sekerheid s? jy sal nie beter loop leeftyd kry uit 'n Ackley nie. Groter hoeveelheid kruit deur selfde gaatjie? Ga nie werk nie, nie vir beter loop leeftyd nie.

Dis my opinie, gaan lees bietjie op die www, daar is baie inligting oor die kaliber. "By the way", my eerste lopie het my ?1900 skote gegee, hy groeppeer nog so 1.2 duim op 100meter, maar is nie naastenby wat hy was nie.

Groete

Dawie
Post Reply