Kleiduif gooier/lanseerder
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Kleiduif gooier/lanseerder
Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?
Ek wil nie vir die Olimpiese Spele oefen nie, net so af en toe oor naweke biejie klei duiwe (danksy die druk van die groenes is dit nou mos klei teikens....) skiet!
Hulp sal waardeer word, dankie!
Groete
Eugene
Ek wil nie vir die Olimpiese Spele oefen nie, net so af en toe oor naweke biejie klei duiwe (danksy die druk van die groenes is dit nou mos klei teikens....) skiet!
Hulp sal waardeer word, dankie!
Groete
Eugene
Aim small, miss small
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Daar is verskeie tipes op die mark, vir jou dieet sal ek aanbeveel jy koop een van daai wat jy met die hand gooi, dan gooi jy 15 reps links en 15 reps regs - hahaha die goed is by Kloppers of Skietwinkel in BFN beskikbaar - ek weet dit beloop so ongeveer R1000 vir 'n klientjie, maar man speel jy lekker - kleie kos ongeveer R350 vir 150
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Jong, ek is darem nie so dik en onaktief nie...jamalley wrote:Daar is verskeie tipes op die mark, vir jou dieet sal ek aanbeveel jy koop een van daai wat jy met die hand gooi, dan gooi jy 15 reps links en 15 reps regs - hahaha die goed is by Kloppers of Skietwinkel in BFN beskikbaar - ek weet dit beloop so ongeveer R1000 vir 'n klientjie, maar man speel jy lekker - kleie kos ongeveer R350 vir 150
Aim small, miss small
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Man ek laaik die een wat so 'n sitplekkie agter het, hy is stewiger as die intreemodel van R650.00, maar ek sal graag een van daai R7000 modelle wat outomaties lanseer wil kry - as jy een koop, kyk of jy dit nie kan laat modify met 'n voertuig se "body solinoid" wat van 'n 12v battery werk nie, dan kan jy dit met 'n skakelaar afsit - hulle sit die "solinoid" aan die "sneller" vas en met 'n skakelaar tussenin.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Maak sommer van die staanspoor af vir jou 'n stand met 'n lekker groot skotteskaar, dan hoef jy nie sy pote in die grond te kap of op dit te spring om dit in die harde grond te kry nie - draai die skottelskaar om en sweis vir jou 4 vierkantige staal pote aan waarin die pote van jou lanseerder presies pas met 'n gaatjie deur die vierkant yster en jou lanseerder se pote on vas te maak en siedaar.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Eugene wrote:Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?
Ek wil nie vir die Olimpiese Spele oefen nie, net so af en toe oor naweke biejie klei duiwe (danksy die druk van die groenes is dit nou mos klei teikens....) skiet!
Hulp sal waardeer word, dankie!
Groete
Eugene
Koop sommer saam met hom 'n Lee Load All. Daai sports vreet ammo, maar dit is lekker. Die >R1000 modelle werk vir war jy beplan. Ons het baie fun.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Kyk by Agri Distributors een van ons adverteerders.Eugene wrote:Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?
Groete
Eugene
http://www.agridistributors.com/clay-th ... hines.html
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
marthinus100
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Ek het een van daai R600 modelle by S&O gekoop. Hys taamlik stewig. Jy kan hom op n spaarwiel monteer vir stewigheid. Al ding is jyt n operateur nodig en as die grond baie sand is wikkel hy gou los. Jy kan ook twee kleie gelyk gooi met hom.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Dankie manne, ek sal by die nodige mense uitvind!
Aim small, miss small
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Marthinus 100, kyk na wat ek aanbeveel het met die "body solinoid" dit kos omtrent R200 dan kan jy hom self laai en self afvuur, terwyl jy reg staan om te skiet.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Martinus, weld hom vas op 10mm plaat, saag sy pote af.marthinus100 wrote:Ek het een van daai R600 modelle by S&O gekoop. Hys taamlik stewig. Jy kan hom op n spaarwiel monteer vir stewigheid. Al ding is jyt n operateur nodig en as die grond baie sand is wikkel hy gou los. Jy kan ook twee kleie gelyk gooi met hom.
Ek het een met die pote om oor tyre te sit en een op plaat, die plaat een werk die meeste. Ons sit hom sommer op die bakkie se agterflap, tailgate, en gooi kleie.
As ek alleen is gebruik ek my voet om die tou te trek, werk goed genoeg. Maar die solenoid ding klink na goeie plan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
marthinus100
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Re: Kleiduif gooier/lanseerder
Jis hiers n paar oulike idees. Ons het n lekker groot workshop en n paar stukke staal wat rondle. Kan die staal sommer klaar hier sny en koop vir goedkoop.
Sal hom bietjie modify met n solinoid, dit kan heel nice uit draai.
Sal hom bietjie modify met n solinoid, dit kan heel nice uit draai.
