Musgrave 7.62

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Goeie More Manne.

Ek is redelik nuut op die forum maar lees al n hele ruk die puik forum. veral n aanhanger van Oom Daan.
Hy is waarlik n "Encyclopedia" op bene as dit kom by musgrave en ek stel sy opinies hoog op prys.

En as gevolg van alles wat ek gelees het was ek opsoek na n musgrave en het een opgespoor. Maar is nie seker watter model dit is nie.
Die geweer het op sy loop bo net "Musgrave" en die serial nommer is OB3822 en dis op die loop aangebring Saam met CAL 7.62 maar op die aksie is daar ook n ERA3822 en op die kolf se voet staan daar "Musgrave & Sons Bloemfontein".

So die vraag is watter model is die musgrave en wat sal die geweer werd wees aangesien ek n prys sal moet maak.

Weereens dankie aan al die manne en oom daan julle is vooraarlik n goeie bron van informasie.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Musgrave 7.62

Post by Armand Steenkamp »

Karel,

Sit vir ons n fototjie op dan sal ons gou weet watse roer dit is. Seker oom Daan sal sommer op die nommers vir jou kan se wat dit is. As jy n foto opsit dat man min of meer kan sien in watse kondisie die roer is sal dit makliker wees om n prys te bepaal.
Ek is net so mal oor musgrave geweere!!Ek soek altyd na nog!!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Naand

Hier is die foto soos gevra, dankie vir die hulp dit word waardeur.
Ek vra net verskoning vir die kwaliteit van die foto. Dit was maar moeilik om die foto te kry om by die limiet te pas.
Die roer kort n bietjie liefde en aandag, maar als loop nog soos dit moet.

Dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave 7.62

Post by James Wilson »

Karel, Daan is nie elke dag op die forum nie. Ek bel om maar altyd as daar so n navrrag inkom soos joune. Ek sal hom more laatwwet oor jou navraag. Intussen kan ek maar net cir jou daardie heweer van jou klink vir my na een van die eerste Musgraves.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Dankie, ek waardeur die hulp die musgrave gogga het my behoorlik gebyt. en het onlangs my Toegewyde Jagters Status gekry en hoop om nog n paar musgraves aan te skaf. Trots Suid Afrikaans.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by cassie_calvinia »

dit lyk soos 'n vrystaat
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by 243Songdaug »

Naand Karel.

Dit lyk vir my 'n 'n 308 wat op 'n P14 aksie gebou is. Daar is 'n paar goedjies wat my in die rigting laat leun, eerstens die fishbelly by die magasynplaat - kyk die voorste aksie skroef sit nie op dieselfde vlak as die plaat nie, dan die boltstop/extractor - tipiese P14/mauser tipe, die P14 sin is langers as die van die Mauser, die sneller is tipies P14 en laastens die slot, die blink gedeelte aan die onderkant van die slot is tipies P14 en dan kan jy ook kyk na die boltshrout - dis die voorloper van die Rem 700 wat op die P14 aksie gebruik is. Die ERA wat jy op die wapen kry is 'n laaste en finale bevestiging - P14s is deur 3 Firmas vervaardig, nl: Remington, Winchester en Eddington Engineering(wat aan Remington behoort het en hul wapens met die kenteken ERA gemerk het)

Lieflike wapen met 'n bitter sterk aksie - hy behoort akkuraat te wees.  Jammer die kolf is so verniel, maar dis herstelbaar.

Bied die verkoper tussen R2500 en R4800 aan.(Ek het 1 gekoop vir R2000)

Groete
Jaco

Aanpassing/Modify:  Die slothandle is verander van die oorspronklike "dog-leg" ontwerp - die smede het dit verander om die aksies meer na 'n "sport" tipe aksie te laat lyk - ek weet dat BSA nuwe wapens verkoop het waarvan die bolthandle reguit was - hulle het groot hoeveelhede P14 aksies aangekoop, die groot "ore" afmansjieneer en die bolthandle vervang en dan sport wapens hierop gebou. 

Jou sneller behoort nof 'n lekker voortrek te hê, maar oor die algemeen breek die snellers baie mooi skoon.
Last edited by Guest on Thu Jan 24, 2013 7:19 am, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave 7.62

Post by Monrique (SJ) »

Dagse Karel

Ek sien ook nou die foto van die geweer en stem saam met Jaco, dit lyk baie na aan n P14 aksie wat daar gebruik is. Dalk kan jy nog n fot van die bo-kant van die aksie neem en opsit. Die is baie sterk aksies en werk mooi.

Groetnis
Monrique
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Baie Dankie vir die hulp manne.

Ek is baie verbaas sal net graag wil weet of dit die "Vrystaat" Model Musgrave is, maar na wat ek gaan oplees het oor die P14 en musgrave blyk dit n pas maak geweer wees. n ander aanduiding is dat die kolf se "cheekpiece" is georienteer vir links skiet.

Ander interesante veite wat ek opgespoor het is dat die p14 aksies gemaak is in 1916 oorspronklik met n .303 kaliber loop. Die ERA staan vir "Eddystone Remington Arms" en hul het +-605 000 P14s vervaardig so dit dui ook vir my aan dat die ERA 3822 soos op die roer dan n baie lae reeks nommer is.

So leer mens elke dag. dankie vir die hulp gaan binne kort die roer in my besit kry ek het dit verniet gekry nadat ek die verkoper gehelp het om van sy ander gewere te skuif.

Ek gaan die roer bietjie die nodige liefde gee en dan later n paar foto's hier plaas.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Dagse.

Soos belowe hier is die fotos van die roer nadat ek bietjie liefde aan hom gegee het.
Baie tyd en "elbow grease" in die projek sover maar dis n Groot verbetering. hieronder n paar stappe van wat als gedoen is.

Stap 1:
Het die roer heeltemal gestrip en elke part afgeskuur en dan weer geblue dit was n tydsame ding maar die moeite werd. Gelukkig nie baie roes op die roer gewees nie. en die wat daar was is meestal oppervlakkig gewees, geen aktiewe roes nie.

Stap 2:
Het die kolf afgeskuur en bietjie hervorm. Daar was reeds bedding gedoen maar nie so goed nie bedding het veroorsaak dat die aksie nie lekker "seat" nie. die onodigge bedding uitgehaal en ook van die bedding geskaaf dat nie aksie mooi seat asook die loop laat float. Sowat 7ure geneem daarna so twee dae van behandeling met olie. Definetief die moeite werd gewees.

Stap 3:
Drill en tap vir scope mounting. Na n lang soektog het ek n Thor turret mount base gevind wat pas. Het vir my verjaarsdag by my vrou n HAWKE Scope 3-12X44 SF met sunshade gekry.

Na begenoemde klaar was was dit die eerste toets lopie op die skietbaan. Na hele dag se instel en speel kon ons gladnie groepring met die roer kry nie. Terug gekom by die huis het ons die roer weer n "once over" gegee en na nader ondersoek het ons bevind dat daar n "bubble" so 1/4 duim vanaf die punt van die loop gekry( kan maar net dink wat daar gebeur het).

Stap 4:
Het die loop net so agter die "bubble" afgesny en nou is die loop 24"

Stap 5:
Na nog n sessie op die skietbaan was daar n effense probleem met die laai van die roer wou nie die rondes altyd lekker laai nie. Het die aksie nader bekyk en gevind die magasyn het n paar onewe oppervlakte en die het veroorsaak dat die rondtes vashak, neem maar aan dit was van die omskakeling na .308. Die oorskropklikke P14 was n .303. Bietjie skuur en skaaf aan die aksie en fitting van die magasyn, nou loop dit soos stroop.

Die roer het nou al diep spore in my hart getrap en wag nou vir die volgende skiet dag glo die roer gaan nou n goeie groepering lewer. Die roer het nou al n naam in ons familie gerky die "mahalla gun" omdat alles sover op die roer my nog nie my baie uit die sak gejaag het nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Net as vergelyking hier is n foto van hoe dieroer by my uit gekom het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Musgrave 7.62

Post by BRNO (Pierre) »

Carel, daai roer lyk sommer baie mooi. n Regte hartsnaar. Ek het twee vrae:
1. Hoe ondervind jy die Hawke? Ek het self so een gekoop vir my .22, maar die le nog in sy boks.
2. Ek wil die .22 hierbo genoem se hout ook bietjie afskuur en mooi maak. Wil jy nie asb so vinnig vertel met watse grid skuurpapier het jy begin en geeindig nie, en watse olie het jy toe jy klaar is op die kolf gesit.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by tripodmvr »

Pierre

Ek het my haelgeweer se rou kolf met "London oil" (gaar lynolie - kan by hardeware winkels gekry word - moet gaar een wees) behandel. So sewe lae en dit gee 'n donker afwerking wat goed waterdig is - het gister natgereën en daar is geen merk op die hout nie. Die vlamme in die hout vertoon ook mooi.
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Carel, daai roer lyk sommer baie mooi. n Regte hartsnaar. Ek het twee vrae:
1. Hoe ondervind jy die Hawke? Ek het self so een gekoop vir my .22, maar die le nog in sy boks.
2. Ek wil die .22 hierbo genoem se hout ook bietjie afskuur en mooi maak. Wil jy nie asb so vinnig vertel met watse grid skuurpapier het jy begin en geeindig nie, en watse olie het jy toe jy klaar is op die kolf gesit.

BRNO ek het begin met n 150 om eers die gemors wat die vorigge eienaar op die kolf gesit het af te haal en die kolf beter te shape aan my hand. Daarna gegaan na n 200 en net die kolf weer "geflat". die volgende stap was toe die olie.

Die olie wat ek geruik het was "Raw Linseed Oil" of Roulynolie. Na die afskuur het ek die olie aangewend en ruk laat intrek todat die kolf weer "dof" geraak het so 20 min. daarna weer die kolf met die 200 net geflat. toe weer geolie elke keer n laag opgesmeer en laat intrek en die prosess herhaal en toe met die 400 "gebuff" en maar weer olie gesmeer todat die kolf glad was. dis dalk nie wat almal sal voorstel nie en is die eerste keer wat ek so iets aangepak het maar ek dink dit het goed uitgekom.

Van die Hawke gepraat is ek baie gelukkig hy breek nie die bank nie en is darm "Fully Multi Coated" met n paralaks verstelling. die scope hou sy zero sover en is volgens my n goeie scope nie die beste op die mark nie maar vir iemand soos ek wat nie n burris of zeiss kan bekostig nie is dit n goeie opsie.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Musgrave 7.62

Post by BRNO (Pierre) »

Dankie vir jou antworod Carel. Wat die Hawke aanbetref is dit volgens wat ek gelees het, n groot gunsteling onder die lug geweer manne. Baie betroubare paralaks verstelling, en selfs ek moet se, die glase is baie helder. Dankie vir jou raad met die kolf. Ek moet dringend begin werk maak met myne.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by karelroos87 »

Dankie Pierre. ek sal graag wil hoor wat die anerder manne se oor die roer van my en die verandering wat hy ondergaan het.
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave 7.62

Post by tripodmvr »

Die rede vir "gaar" (boiled linseed) is dat die rou weergawe taai bly. Die gaar weergawe werk mooi glad af wanneer dit met die handpalm aangevryf word. Slegs 6 maande na jaarlikse behandeling is nodig om die waterdigtheid te behou.

Het gou die BLO gaan Google en hier is iets om na te gaan kyk. - http://www.nagelhome.com/gunstock1/
Post Reply