Dagsê manne,
Ek is dringend opsoek na data vir S 335 om 180 grein Barnes X TSX te laai vor my Steyr Mannlicher 30-06
Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
- Pierre van der Horst
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
S335 is geensins die ideale kruit vir die 30-06 nie. Dopvulling is nie na wense nie en soms kan dit baie heftig reageer naby max druk. S365 is die voorkeur dryfmiddel vir die swaarder koeëls. Jou geweer se inligting is nodig om spoedvlakke ens te gee. Looplengte gaan bepaal wat jy kan bereik.
- Pierre van der Horst
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Ek het uitstekende resultate gekry met die S 335 op 'n 180 grein ProAmm, en 'n 200 grein Rhino. Dis hoekom ek maar gedink het ek sal bly by die S 335
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Ek haal aan uit die ou Somchem boekie wat ek het. Begin 41.9 met max van 45gr vir 180gr projektiel. Max spoed verkry is 2566. Met S365 is die spoed op na 2684 en dit sal heelwaarskynlik op laer drukvlak wees. Die TSX'e kan moontlik effens hoër druk as koper-lood koeëls wys so probeer onder die max spoed van Somchem bly.
- Pierre van der Horst
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Is dit vir S335?
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Vir Barnes X volgens die Somchem boekie beveel hulle net S365 kruit aan om te gebruik. Vir 180gr met 24" loop tussen 44.1gr en 49 gr tussen 2343 en 2608 vps....sal baie versigtig wees om die standaard koeel ladings net so te gebruik vir Barnes x . Met die dopvulling aspek sou ek maar versigtig gewees het om s335 in die kombinasie te gebruik vral waar nou nog minder gebruik moet word om aan te pas by die Barnes X koeel.tripodmvr wrote:Ek haal aan uit die ou Somchem boekie wat ek het. Begin 41.9 met max van 45gr vir 180gr projektiel. Max spoed verkry is 2566. Met S365 is die spoed op na 2684 en dit sal heelwaarskynlik op laer drukvlak wees. Die TSX'e kan moontlik effens hoër druk as koper-lood koeëls wys so probeer onder die max spoed van Somchem bly.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Let wel op wat in die Somchem boekies getoon word. Die ou Barnes was net X gewees en weens gebrek aan groewe op die skag het dit hoë druk en laer spoed gegee. Die TSX is heel anders - ek het die' nog herlaai asof hulle gewone loodkern koeëls is.
My eerste data vroeër was met S335.
My eerste data vroeër was met S335.
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Barnes X TSX 180 Grein Data - S335
Tripod,tripodmvr wrote:Let wel op wat in die Somchem boekies getoon word. Die ou Barnes was net X gewees en weens gebrek aan groewe op die skag het dit hoë druk en laer spoed gegee. Die TSX is heel anders - ek het die' nog herlaai asof hulle gewone loodkern koeëls is.
My eerste data vroeër was met S335.
Dankie vir daardie inligting.Goed om te weet. Ek sien vir die "TSX" is hulle aanbevole lading tussen 43.7 en 48.5 gr s355 volgens die boekie met heelwat laer spoed net so ter inligting.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
