9.3 x 62 herlaai data

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Nickvn »

Ek lees saam hier. Ek het nog nie begin laai vir my 9.3 nie want ek het nog baie fabrieks patrone wat ek eers moet deur werk. Hulle skiet n aanvaarbare groepie maar nie great nie. Ek sien uit om vir hom te laai en te sien hoe klein kan ek die groepie kry. So julle ouens moet so aangaan met ladings, ek hou dop. Lekker skiet.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Hoog blerrie tyd!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Nickvn »

Sies ons 9.3 manne is manne met kultuur en ons is gentlemen ons gebruik nie sulke woorde nie. :):
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Gerhard »

Nickvn wrote:Sies ons 9.3 manne is manne met kultuur en ons is gentlemen ons gebruik nie sulke woorde nie. :):

hehehe

DWB beskou homself as uit getrap... :laugh: :laugh:
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Ek het nog nie genoeg rooiwyn gedrink om kultuur te ontwikkel nie :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by spekieries »

My 9.3 met pmp doppe 52gr S335 en cci200 ontstekers skiet al die 286 gr koeëls bymekaar en die groepering is so duim op 100m.

Hou in gedagte die teleskoop is maar 'n 1.75-5 Lynx.

Met al die koeëls bedoel ek, Hornady, Rhino, PMP en Frontier se Spartans. Spoed is so 2175 tot 2200f/s
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Oom Anton, met 61gr S355 en CCI 250 primers skiet my geweer net onder 3/4" op 100m teen 2250ft/s

Ons roere is mos dieselfde :D

LET WEL DIS DIE HUIDIGE STADIGE LOT S355
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by NEGE3 »

Ek leer nou baie hier by julle manne. Ek gebruik nog al die jare S335 50.5gr en kry 1950vt/sek. Ek gebruik ook PMP 286gr Proamm koeëls en PMP doppe. My groeperings op 100mtr was nog altyd onder 15mm. Ek het nog nooit 'n dier verloor of koeëls gekry wat opbreek nie. Seker omdat die spoed so stadig is.
Dink julle manne ek moet die spoed opjaag. Ek sien ook nie in die Sonchem herlaai tabelle dat hulle S355 voorskryf nie.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Manne,

Manie Johannes van Somchem het my met die volgende data voorsien vir S355 en die 9.3x62:

Maksimum spoed: 2400Ft/s
Minimum spoed: 2200Ft/s


Dit help skaars om na die greine kruit te kyk oor hy erg onderpresteer op die oomblik:

Minimum: 54gr
Maksimum: 58gr
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Die terugskop van S355 vs S335 is merkbaar minder! En dan sit jy met baie beter dopvulling!

S355 is virseker die beter opsie vir die 9.3x62
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by spekieries »

DWB

Ek het van die begin af 335 gelaai en dit het gewerk daarom het ek nog nooit iets anders probeer nie. Ja die 52 gr gee my so 2150 tot so 2200 f/s. Ja die Batue'tjies skop maar bietjie. In die veld voel jy hom nie maar so 10 skote van die bank af voel jy beslis.

9.3 (Dié Roer) groete.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Maar daar is nie 'n lekkerder roer as die Battue nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
jooste
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by jooste »

Middag manne. Ek is nuut op die forum maar geniet al die gesels en tegniese data.

Ek besit n 9.3x62 Voere met K98 aksie. Wat n wonderlike geweer.
Tans jag ek met 286gr Rhino punte gelaai in n Lapua dop met 58gr S341 en CCI 250 slagdop. My COL is 83mm. Ek kry so 2320ft/sek uit hierdie lading wat heel voldoende vir my is want ek skiet op in die bosveld op afstande nie meer as 100m nie. Hierdie lading gee vir my n pragtige groepering en feitlik geen vleisskade nie.
Ek het in Julie 2012 n elandkoei wat 200kg uigeslag het op 180m geskiet daar anderkan Vryburg en het geen vleisskade gehad nie. Die patroon is herwin met 98% retensie. Hierdie skoot was op die blad en die patroon het die groot been gebreek, baie goed gepenetreer en is op die anderkantste sy net onder die vel gevind.

Nou wil ek graag 300gr Rhino punte laai. Ek wil ook omtrent 2250ft/sek kry. Is daar enige iemand wat hierdie punt laai wat kan help met ladings.

Ek sien uit na vinnige reaksie.

Beste groete

Nico Jooste
Nico Jooste
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Skier »

H-+i Jooste,

Somchem S355 is beslis die mees geskikte kruit vir die nege-drie, veral vir die 286gr - 320gr koeels, maar soos hul se, elke roer se dieet verskil - ek verkies enersyds ook geekstrueerde oftewel stafiekruit, idg. S355.

In my M98 9.3x62 werk die volgende baie goed (begin maar by 54 gr en werk op binne veilige drukmarge):

Looplengte 24"
Lapua doppe
Rhino 300 gr Solid Shank
S355
56 gr
2250 fps
CCI 200
COL tot by krimpgroef
Geen krimp

Groete,
Danie Lombard .243

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Danie Lombard .243 »

Dit is vir my baie interesant die dat julle goeie resultate kry met S355 Ek laai nog al die tyd die 9,2X62 met S341 met groot sukses en baie klein groepe met 286gr Hornady Interlock koeels. Ek het nie eens geweet mens kan die 9,3X62 laai met S355 nie. Daar leer Jaracal my weer iets nuut.

Ek is ook nuuskierig om die boek oor die 100 jaar viering te lees oor die 9,3X62 Org Hamman was die naweek by my gewees. Hy is ook 'n groot liefheber van die 9,3X62 Hy se vir my hy was betrokke met die boek asook die 100 jaar veesvier skiet in Pta vir die 9,3X62
Ek sal ook graag wil uitvind waar mens die boek kan koop.

Danie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Danie, jy kan by Janjak op die forum of Zimbi books probeer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Hilux01 »

So vinnige vraag aan al die slim manne

Ek het so tydjie gelede by n ou n klomp 9.3 koeels oorgeneem vir so te sê niks
Daar was 286gr Claw, 270gr Speer semi spitzer en ook 250gr Nosler Ballistic tips (ja ek verstaan hulle maak nie meer van die koeels nie) my vraag is, kan ek hulle gebruik as n proef om te kyk wat my geweer min of meer gaan maak met Nosler Accubond 250gr, dis makliker en natuurlik goedkoper aangesien ek dit reeds het
My idee is om net naastenby n lading te kry en dan finaal te bevestig met Accubond, so hoef ek nie 30 Accubonds uit te skiet voor ek besluit op n lading nie

DWB (Deon) het vir my op Quickload geloer en glo 58.6gr S341 gaan n node gee op so 2432vt/sek

Hulle geweeg en gemeet en daar is n duidelike kwaliteit verskil tussen Nosler, Claw en PMP en selfs Speer
Sou wat wou gee vir n 286gr Nosler Accubond
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Henk, as jy 'n accubond in die hande kan kry en vergelyk glo ek mens kan 'n idee kry
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Hilux01 »

Dankie Deon

Ja my idee is om eers met die Ballistic Tip net eers n range te kry, ek glo dit gaan baie naby wees aan QL data
Sodra ek dit bevestig het sal ek bietjie met n paar Accubonds beginspeel, ek het gesien die manne by S&O het nog van hulle
Dink dis dalk my beste roep
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Sien op QL die Accubond is langer as die BT, so ek weet nie heeltemal hoe mooi dit gaan werk nie.

Die BT perform so 30ft/s stadiger as die AB op Ql
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
jooste
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by jooste »

Goeie middag manne.

Ek het toe die 300gr Rhinos gelaai met S341 met ladings van 52gr tot 55gr en met my Voere K98 gaan uittoets.
Die 55gr ladings met 83mm COL het my n gemiddelde spoed, 8 skote, van 2130f/sek gegee wat nogal heel aanvaarbaar is vir bosveld toestande. Die groepering was veral baie goed op 100m. So ongeveer 2cm x 2cm.

Dit lyk vir my of hierdie lading met 83COL die regte medisyne vir my geweer is.

Ek gaan die lading oor twee weke op eland en gemsbok toets en sal daarna terugvoer gee.

Wat wel interessant is, is dat Qload aandui dat bogenoemde lading (55gr S341 met 300gr Rhino) n spoed van 2258f/sek moet gee. Al my toetse was tussen 2117 en 2138f/sek. Miskien wou die crony dalk maar net nie lekker lees in die koue nie.

Beste groete

Nico Jooste
Nico Jooste
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by DWB »

Hallo Nico,

Welkom hier!

Waar het jy die inligting volgens Quickload bekom?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Hilux01 »

Nico

As ek dit nie mis het nie skuld jou ons nog n foto van daai Voere

;D
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
jooste
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by jooste »

Hi DWB en Hilux01.

Ek sal n foto van die geweer neem en probeer post. Nog nie so ingeoefen soos julle ouens nie.

Hier is n probeerslag. Ek weet net nie of dit werk nie.

http://s1281.photobucket.com/user/nicoj ... 6.jpg.html

Ek het my eie Qload en gebruik data van punte so na as moontlik aan Rhino punte.

Groete

Nico Jooste
Nico Jooste
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2484
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Post by Flip Nel »

Hilux01 wrote:Dankie Deon

Ja my idee is om eers met die Ballistic Tip net eers n range te kry, ek glo dit gaan baie naby wees aan QL data
Sodra ek dit bevestig het sal ek bietjie met n paar Accubonds beginspeel, ek het gesien die manne by S&O het nog van hulle
Dink dis dalk my beste roep
Goeie Middag

Ek het sommer weer ou stukkies weer gelees oor die 9.3 accubonds etc. Ek het ook 'n klompie Ballistic tips en het nou accubonds gekry. Het jy toe kans gekry om bietjie met hulle te speel en kon jy toe 'n goeie lading kry, ek is noggal baie neskirug omte weet wat mens met die accubond veral kan doen.

groete

Flip
Post Reply