howa.375 ruger herlaaihulp

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

middag mense

ek het onlangs my howa .375 ruger gekry(24 duim loop met 1-12 twist).het aanvanklik 270 grein interlocks gebruik met s355 dryfmiddel.hoor nou by paar plekke dat die interlocks nie gooi resultate gee in die jagveld.koop toe nosler se 260 grein accubonds wat glo baie beter resultate gee volgens my inligting.ek gaan oor n week gemsbok skiet.is daar nie van die manne wat al ladingontwikkeling gedoen het op die noslerpunte nie.dit sal my baie help,want my tyd raak nou min.
sal dit baie waardeer.
groetenis
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by Armand Steenkamp »

Jong ek weet nie, n geweer is mos soos n vroumens. N ander man se akkuraate lading gan nie noodwendig in jou geweer akkuraat wees nie. Jy sal maar self moet lading uit werk of van die Quick Load manne se hulp moet nader, dit gan die heel gouste en goedkoopste wees dink ek. Groetnis
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

Armand Steenkamp wrote:Jong ek weet nie, n geweer is mos soos n vroumens. N ander man se akkuraate lading gan nie noodwendig in jou geweer akkuraat wees nie. Jy sal maar self moet lading uit werk of van die Quick Load manne se hulp moet nader, dit gan die heel gouste en goedkoopste wees dink ek. Groetnis
jis armand

ai tog,ek besef dit al te goed dat gewere verskil.die ding is my tyd is so min verdomp en ek kry eers my punte woensdag,so as ek net naastenby n riglyn kan kry sal dit my taak baie vergemaklik.dan kan ek net fyn aanpassings doen vir my geweer. ++>:
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by grumpy »

Watse punte kry jy?

Ek het Interlocks 270gr en Barnes X in 250gr. Nog besig met my ladings. Groepering is so 3" op die oomblik met die Barnes.
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

jis grumpy

dis nosler 260gr accubonds
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

more manne

is daar nie dalk n kans dat iemand inligting vanaf QL kan deurgee vir my .375 howa ruger nie.my inligting:dryfmiddel-s355(imr4064),punte-260gr nosler accubond,tpl(maks) 87mm.
alle getoetste inligting sal waardeer word.

groetenis
User avatar
kreef
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu May 02, 2013 10:42 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by kreef »

Hi Gido,

Ek sit in dieselfde bootjie as jy.

Het ook die howa .375 met 260gr accubonds, gaan begin met tussen 77 en 80 gr S355 met 'n TPL van so 84mm. Dit is maar ook 'n toets maar behoort vir jou 'n lekker begin punt te kan gee.

Groete
.375 Ruger Howa
.45 Colt 1911
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

jis kreef
dankie vir die info.wil net hoor of daai ladings se druk veilig is volgens jou kennis.liewers bang jan as dooie jan. ++>:
User avatar
kreef
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu May 02, 2013 10:42 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by kreef »

Gido,

Volgens my kennis is dit 'n baie veilige lading wat druk aanbetref.
.375 Ruger Howa
.45 Colt 1911
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

dankie man,gaan more my noslers kry en dan kan ek begin.

groetenis
GerhardDP
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Mon Apr 16, 2012 8:03 pm

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GerhardDP »

seker glad nie van toepassing nie...

maar in my ruger Alaskan laai ek tans 70gr (redelik koud) S365 met 300gr Norma Oryx punte. TPL van 84.2 mm
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by Stefan764 »

Kreef

Ek dink daai lading moet eerder lees S365, die swart blik, en nie S355 (oranje blik) soos in jou post nie. Ek laai die 300gr met 80gr S365 en hy loop soo 2000psi onder maks druk volgens QL, so ek reken met die 260gr Accubond is 77gr n baie veilige beginpunt net soos jy hierbo noem.

Somchem en hulle kruite wat so naby mekaar is. Plaas hulle dit S111 en S333 en S555 of so iets maak hehehe.

Groete en veilig laai,
Stefan
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

hallo stefan

wil net hoor by jou wat QL aandui oor s355(imr 4064) as dryfmiddel en nosler 260grein accubonds.
wat ek vra is wat is n goeie minimum lading om te begin of waar omtrent drukprobleme opgetel kan word.

groete gido
User avatar
kreef
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu May 02, 2013 10:42 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by kreef »

Stefan764 wrote:Kreef

Ek dink daai lading moet eerder lees S365, die swart blik, en nie S355 (oranje blik) soos in jou post nie. Ek laai die 300gr met 80gr S365 en hy loop soo 2000psi onder maks druk volgens QL, so ek reken met die 260gr Accubond is 77gr n baie veilige beginpunt net soos jy hierbo noem.

Somchem en hulle kruite wat so naby mekaar is. Plaas hulle dit S111 en S333 en S555 of so iets maak hehehe.

Groete en veilig laai,
Stefan
Dankie vir Daai Stef,

Vreeslike tik fout! Stem saam oor die nommering...

Groete

Kreef
.375 Ruger Howa
.45 Colt 1911
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by SV MAD (Henk) »

Ek skiet 70gr S355 met 270gr claws. Kry duim groeps. Probeer bietjie.

o ja, maak jou tpl tussen84.84mm en 84mm, die howas hou nogal van die tpl in daai range
ek soek nog wapens...
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

more henk

baie dankie.as ek daai tipe groepering kry sal ek baie bly wees.wat is jou snelheid min of meer op daai ladings.

groetenis
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by SV MAD (Henk) »

Ongeveer so 2500 TPL is baie meer belangrik as lading het ek gevind.
ek soek nog wapens...
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: howa.375 ruger herlaaihulp

Post by GIDO »

jis henk

dankie vir laat weet

groetenis
Post Reply