Mod 80 Musgrave 30.06
-
Swaerie
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Mon May 27, 2013 5:13 pm
Mod 80 Musgrave 30.06
Naand. Ek glo n huidige Mod 80 3006 eienaar sal kan help. Ek het geleenthied om so n wapen aan te skaf vir so tussen 3000-4000. Die wapen is redelik maar het ek geen feite oor hoeveel skote geskiet ens. Die teleskoop moet vervang word maar synde ek nie die wapen ken nie is ek nie seker hoe dit monteer nie. Is dit n "grub screw"/tap metode synde geen swael sterte teenwoordig is nie. Die monteer stuk lyk of dit geplak is met n epoksie. Jammer vir n algemene kennis vraag. Groete Swaerie. : 
-
stan man
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
maak net seker die monterings is vas geskroef ,voor jy besluit om te koop. ek weet van manne wat in die verlede met sil solder hulle monterings vas gesweet het. daardie kite vlieg nie lekker vir my nie. as dit gom is kan dit nog verwyder word en kan die monterings ordentlik vas gesit word deur n ordentlike wapen smit. as die loop nog gesond is (wat jy net sal weet as jy met hom kon skiet) ,dink ek nie dit is n sleg koop nie.
ekself het 2 musgrave gewere en is baie tevrede met hulle prestasies.
ekself het 2 musgrave gewere en is baie tevrede met hulle prestasies.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie, probeer n foto van die roer neem dat die manne wat weet kan kyk op die forum. Dis n baie billike prys as hy in goeie toestand is. Stem saam, die silwer solder of gom ding is bietjie bar. As n man dit met die buitekant van sy geweer doen lyk die loop tien teen een net so skurf binne...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Swaerie
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Mon May 27, 2013 5:13 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Dankie manne. Ek sal n foto of drie kry en ook skietbaan toe gaan.Swaerie.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie ek het n musgrave mod 80 in 30 06 die scope mounts is twee bloksies wat vas geskroef word en is klaar getap vir teleskoop geen apoxy of plak nonsens? Sal kyk of ek foto kan stuur! Dis baie lekker geweer en jou prys is glad nie sleg as alles in orde is!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swarie
Ek het ook een en BAIE vrede met my roer, belangrikste is die loop, as die in goeie kondisie is, is dit n goeie koop, teleskoop monterings kan altyd verander, verbeter word, maar sal jou kostes n bietjie laat oploop.....
Mooi loop
Francois

Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Ek het n mod 80 in n 30-06 kaliber en is uiters tevrede met die geweer , my gunsteling !!. 1/2 duim groeperings met frabieks ammunisie as die man agter die geweer sy kant bring . Herlaai wel en skiet 150gr .GS Custom. Het by n handelaar op n pamflet ( wat saam met die gewere destyds gekom het ) afgekom van die mod 80, musgrave reken dit is n jaggeweer met skyfskiet akkuraatheid
Indien geweer in goeie kondisie, gaan jy vir jou n ordentlike geweer aanskaf en ek glo jy gaan hom baie geniet!
.22 Brno
.243 Remington
.30-06 Musgrave
.375 .CZ 550
Indien geweer in goeie kondisie, gaan jy vir jou n ordentlike geweer aanskaf en ek glo jy gaan hom baie geniet!
.22 Brno
.243 Remington
.30-06 Musgrave
.375 .CZ 550
-
Swaerie
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Mon May 27, 2013 5:13 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swapo,
Dankie dis goeie nuus dat akkuraatheid in orde is. Wat is die afstand vir die 1/2 duim groepering? Ek het die teleskoop montering uitgesorteer, dit is wel ge-tap, die "epoksie" is seker net as n loctite gebruik.
R3000 aanbod is aanvaar, en bergings permit uitgereik nou wag ek gou vir die motiverings brief en handig aansoek in. Deesdae gaan dit darem baie vinniger.
Wat is n geskikte teleskoop vir die wapen? Ek wil graag die Nikko Sterling Gold Crown (4x32) op my .22 sit en iets beter aanskaf vir die 30 06.
Ek beplan ook om later self te herlaai. Dit bring darem die koste af.
Groete Swaerie

Koop 3x9 teleskoop kyk na burris, nikon en leupold!
die geweer het jy vir bargain gekry spandeer op goeie teleskoop!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Wat is die afstand vir die 1/2 duim groepering?
Swaerie, die man wat groeperings wil noem om n punt te maak, en hy waag om dit onder 100yards/91m moet eerdernie deel wees van enige groepering akuraatheid gesprekke nie.
Swapo, van waar is jy?
Swaerie, die man wat groeperings wil noem om n punt te maak, en hy waag om dit onder 100yards/91m moet eerdernie deel wees van enige groepering akuraatheid gesprekke nie.
Swapo, van waar is jy?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
M"&$r se bargain!
Geniet daai roer!
Groetnis
Geniet daai roer!
Groetnis
-
Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie , die 1/2 duim groeperings is oor n afstand van 100m en 91m/100yards onderskeidelik al gedoen .....verskillende skietbane. Net om duidelikheid hier te kry , soos ek gese het dit is bereikbaar mits die persoon agter die geweer sy kant bring, soos in meeste gevalle! Ekt n 4-12 x 50 scope op en vir my werk dit lekker!
@ james, die geweer kan dit doen! Ek is van queenstown in die oos kaap?
@ james, die geweer kan dit doen! Ek is van queenstown in die oos kaap?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie ek het een en daai goed is uiters akkuraat, gaan skiet met hom om te sien of alles reg is. Die teleskoop mounts en goed kan jy later uitsort v- vir daai prys kan jy nog bietjie spandeer. Laat 'n wapensmid hom nagaan. Dis 'n mo$rse bargain!!!
As hy groepeer dan gaan jy nie 'n beter geweer kry nie, as jy hom nie vat nie soek ek hom, sit my eerste op die lys asb.
Jake1
As hy groepeer dan gaan jy nie 'n beter geweer kry nie, as jy hom nie vat nie soek ek hom, sit my eerste op die lys asb.
Jake1
-
Swaerie
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Mon May 27, 2013 5:13 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Manne, Die Model 80 is nou deur so 70 skote waavan die laaste 50 na ek die Nikon 4-16x42 Milldot opgesit het. N waarlike lekker roer wat baie goed groepeer (so op n duim of net meer ) op 100 meter vir n beginner.
Enige raad oor self herlaai om kostes af te bring. Is dit die moeite werd?
Swaerie
Enige raad oor self herlaai om kostes af te bring. Is dit die moeite werd?
Swaerie
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie. Om te herlaai is altyd die moeite werd! Jy spaar so n bietjie en jy kan jou amunisie pasmaak vir jou spesifieke roer.
Groetnis
Groetnis
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Ek bekyk nou weer hierdie post, R3000- dit maak net nie sin nie. R5000 sou 'n bargain wees. Ek het presies dieselfde geweer en ek ken nie 'n geweer - tot die heel nuutste tegnologie gewere wat so akkuraat is nie. Ek moet bysê my sneller het so bietjie aandag gekry en trek ongelooflik lig, jy kan daarna laat kyk en hom laat polish en stel, dit gaan jou groepe baie kleiner laat raak en as jy begin reg laai met korrekte tpl gaan jy sukkel om sy gelyke geweer te kry.
Ek sê dit nie net omdat ek self een het nie, ek het al met alle denkbare gewere van "groot gesiene" jagters geskiet en kon net nie so goed group nie, en ek is nie een van die beste papierskieters nie. Musgrave (die ou denel) het baie lope uitgevoer soos ek hoor, as ek dit nie mis het nie vir groot naam gewere.
Wat ek opgelet het met myne is as ek papier skiet kan ek soms voel ek het die geweer getrek met die skoot maar dan sny hy nog steeds die vorige gat. Ek dink dit kan te doen he met die sneller wat so lig trek. Daai koeël is al uit die loop uit voor jy hom trek. Ek wens ek kon 'n ligter kaliber m80 kry ook soos 223 wat dieselfde eienskappe het as syne.
Weereens, 'n ware winskoop. Teen daai prys soek ek 4............
J1

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Mod 80 Musgrave 30.06
Swaerie van waar is jy?? As jy naby Pretoria is kan jy gerus kom draai en dan vat ek jou deur die herlaai stappe.
Peet
Peet