Nuwe Musgrave
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Nuwe Musgrave
Net ietsie wat my laat wonder,wil graag julle mening hoor.Die ou Musgrave gewere was gebou vir S.A en almal kon dit bekostig ,maar die nuwe Musgrave kan die normale jagter nie bekostig/meeste van ons nie.Ek het gehoop dat hulle bekostige gewere sou bou vir Suid Afrikaaners en dat meer Suid Afrikaaner Musgrave sou koop.Ek verstaan die nuwe Musgrave het goeie onderdele(kolf ,sneller,loop ens.),maar ek glo hoe jou lokaal/plaaslike mense gelukkig en hulle sal jou altyd ondersteun.Soos jag ,boere het almal die oorsee se mark gejaag,maar on lakale jagter het huule deurgetrek toe daar n resesie was en minder oorsee se mense hier kom jag het.Dit is maar net hoe ek voel,daar mag dalk mense wees wat anders dink!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Nuwe Musgrave
Ek het nou in laas week met een wat op 'n winkel rak staan in die hand gestaan... Nogals teleurstellend om te sien hoe die geweer roes na hy skaar 'n maand in die winkel is
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Nuwe Musgrave
Charles, ek glo nie hulle sal die gewere so goedkoop kan maak soos Musgrave destyds nie, bloot omdat die nuwe manne die wapens met die hand maak terwyl Musgrave n volwaardige produksie lyn gehad het.
Ek weet hulle gebruik cz aksies. Weet iemand watse lope hulle nou gebruik?
Ek weet hulle gebruik cz aksies. Weet iemand watse lope hulle nou gebruik?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Nuwe Musgrave
Frikkie jnr het vir my gese hul maak hul eie lope
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Nuwe Musgrave
Ek het na hulle roere gekyk by die Huntex skou en was baie beindruk. Die ou Musgrave fabriek was ook gesubsidieer deur die Staat.
groete.
groete.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Nuwe Musgrave
Hulle is goed afgewerk.Beter as meeste gewere vandag.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Nuwe Musgrave
NEGE3 wrote:Ek het na hulle roere gekyk by die Huntex skou en was baie beindruk. Die ou Musgrave fabriek was ook gesubsidieer deur die Staat.
groete.
Die staat het n 20% adverlorum belasting op Musgrave afgedwing/gehef
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Nuwe Musgrave
Maak sin, maar--Musgrave R14000 teen Howa R5000,
Ek verstaan produksie lyn, cheap labour,net gehoop ons kon meer Musgrave aan Suid Afrikaaners verkoop.Hou produksie lyn in S.A so skep ons meer ver
Ek verstaan produksie lyn, cheap labour,net gehoop ons kon meer Musgrave aan Suid Afrikaaners verkoop.Hou produksie lyn in S.A so skep ons meer ver
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Nuwe Musgrave
Klink my maar die winkeleienaar kyk nie mooi na sy voorrad nie...DWB wrote:Ek het nou in laas week met een wat op 'n winkel rak staan in die hand gestaan... Nogals teleurstellend om te sien hoe die geweer roes na hy skaar 'n maand in die winkel is
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Nuwe Musgrave
Nee Johan, hy het die geweer baie onlanks eers gekry... Daar staan 100de ander gewere wat niks makeer nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Nuwe Musgrave
Ek het nog steeds 'n sagte plekkie vir 'n Musgrave. Ek het 'n 22-250, 243, 308, 30-06, 270, 7mmREM, 7x57 en 375H&H gehad. My eerste Musgrave het R450 gekos.
Groete.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Johan ek wil nogals met DWB saamstem ek het self n nuwe Musgrave 243 varminter en nou dat DWB dit noem, ek kom ook agter dat as ek gaan skiet het met die roer en hom nie dadelik olie nie dan slaan daar fyn roes binne 2-3 dae op hom neer,so ek weet nie of dit die kwaliteit van die Blueing is nie. Anders as dit is die geweer mooi afgewerk en skiet hy baie lekker, net te swaar vir rond dra maar dit is darem nou n varminter.
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Nuwe Musgrave
Vir my is die probleem dat my swaer ook nou onlangs vie hom 'n "musgrave" gekoop het met die teleurstellen dat die geweer glad nie een of ander pak in die kolf het nie, na 'n paar skote het die kolf binne al merke gewys soos die loop hom stamp as mens skiet. Kon glad nie groep op 200m nie. Die kroon was nie gesny nie niks! Hy moes toe maar sy geweer na iemand vat om alles reg te maak. Nee wat, ek was baie teleurstellend !!
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Herman ek moet ook met jou saam stem da,ek het self gestoei met jj wapens oor my geweer,eerstens was hy twee maande laat en toe ek hom kry was die loop nie gefloat,die timney sneller was net so uit die boks op 3.5pond ingesit!ek gaan ma op n latere staduim die geweer laat pillars insit en pak. Ek het die aangeleentheid met Frikkie(jj se baas) bespreek en hy het gese ek moet dit na safari toe vat en hy het die rekening betaal om als reg te maak. Op die oog af is dit n baie mooi geweer,ma ek dink hulle jaag bietjie kwantiteit en mis bietjie op die kwaliteit van die basics. Ek het nog nie heeltemal vertroue in die geweer nie maar nou dat als reg is skiet hy baie lekker. Maar ja ek dink vir die prys moet mens nie nog sukkel met sulke foute nie en myne is nog die varmint ook wat n mens sal verwag is mooi gefine tune.
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Nuwe Musgrave
Vossie,
My swaer het die 308 varmint ook van JJ Wapens.. Nie lelik nie maar dit is vir my baie swak
My swaer het die 308 varmint ook van JJ Wapens.. Nie lelik nie maar dit is vir my baie swak
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Ek stem,ek glo nie dis oor die algemeen n swak produk nie dit is net swak kwaliteitsbeheer,kyk toe ek die geweer bestel het toe se ek ek soek n ding wat 12mm en kleiner groepe gee want ek gebruik premium punte doppe en primers,hulle het my verseker dit sal so wees net om uit te vind hulle meet hulle groepe op 30meter,nou kyk ek kan n klein groep skiet met enige mampara geweer op 30meter
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Nuwe Musgrave
Net omdat Musgrave op geweer staan is nie te se dit is n Musgrave nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nuwe Musgrave
James Wilson wrote:Net omdat Musgrave op geweer staan is nie te se dit is n Musgrave nie.
Hein M
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5026
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Nuwe Musgrave
Jy kan nie 'n Toyota badge op 'n Land Rover staan en plak nie.James Wilson wrote:Net omdat Musgrave op geweer staan is nie te se dit is n Musgrave nie.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Ek dink julle mis die punt ek glo nie vir een oomblik dat oom Ben musgrave nie probleme gahad het met sy produk toe hy dit begin het nie,as julle die musgrave posts lees sal julle sien daar is nounog probleeme met die ou musgraves. Frederik ek is self n Toyota man ma Toyota sa is besig om n goeie produk se naam gat te maak. Gaan kyk ma waar het Toyota gekom met die laaste toetse tussen die brands wat gedoen is. Dit help nie jy maak staat op n naam wat gebou is deur jare se goeie diens en dink jy kan nou relax en terug sit nie iewers gaan jy jou gat sien.
Groete
Vossie
Groete
Vossie
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Oom pine jy is beslis reg,daar is beter op die mark vir minder geld bv Howa, ek het my geld (gemors of geinvesteer) ek dink net as ons nie ons eie mense n kans gee nie,wie gaan dan!!ek hoop net van harte dat jj wapens berieid is om te verbeter en om hulle foute te erken,met so n houding dink ek hulle produk het n ( fighting chance). Dis so jammer dat ons suid afrikaners te bereid is om mekaar op te doner in plaas van mekaar op te bou en te help soos in die ou dae. Ai ai
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Nuwe Musgrave
Vossie jy het n punt beet,maar ek wil net byvoeg,dit is VIR my dat die ou gaarde meer trots op hulle vakmanskap het,dit klink vir my die nuwe Musgrave is net aanmekaar gesit en verkoop(quick buck),maar ek stem saam ek hoop hulle diens gaan verbeter ,dat ons weer n TROTSE eg Siud arikanaanse geweer kan bou,maar bekostig vir al die jagters.
Groete
Groete
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Nuwe Musgrave
Charls ek dink dit is net aanmekaar gesit,soos jy se ek sal so graag wil he ons moet weer iets eg suid afrikaans maak waarop ons kan trots wees. Ma vir nou wil ek amper die gesegde gebruik (bo blink onder stink) hulle sal definitief trots en kundigheid in hulle werk moet insit,hulle het die regte komponente ek dink dis die vaardigheid wat moet verbeter. Soos ek se my geweer skiet nou n barshou ma eers na ek moes baklei vir wat ek betaal het.
Kom nou JJ,musgrave is n groot naam en baie sentimenteel vir ons suid afrikaners,maak ons trots
Groete
Vossie
Kom nou JJ,musgrave is n groot naam en baie sentimenteel vir ons suid afrikaners,maak ons trots
Groete
Vossie
-
Fisher
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm
Re: Nuwe Musgrave
Aai ouens ek het baie moeilik heid gehaad met een van die nuwe Musgraves (een van my pelle noem dit 'n "Fusgrave" = Fake Musgrave), en ek weet ons almal maak foute, maar die grootste probleem is JJ wapens se onbereidwilligheid om hulle produk te ondersteun. Na etlikke ure se moeite en aandag en twee keer na hulle trug gestuur met Ram couriers en so 7000 rand bykomstigge kostes skiet daai geweer nog steeds on-interresant.
Die niceste klomp uselless mense wat ek ken as dit by "product support" kom. Hulle kan koffie reel, maar hulle eie geweer maak skiet verstaan hulle nie lekker nie....
Die niceste klomp uselless mense wat ek ken as dit by "product support" kom. Hulle kan koffie reel, maar hulle eie geweer maak skiet verstaan hulle nie lekker nie....
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Nuwe Musgrave
Ai, Fisher. Die jammerte is jy is nie die enigste wat juis hieroor kla nie.
Fusgrave. So sterf n trotse nalatenskap
Fusgrave. So sterf n trotse nalatenskap
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!