Kyk die lekker storie wat n jagter op n ander forum van my pa se plek geskryf het.
[QUOTE=io;133623]Nou ja, jammer vir die semi- "LIVE HUNT", maar mens dink mos jy gaan jag vir 'n naweek en as jy terugkom is als soos jy dit gelos het - verkeerd - ek is 2 dea weg, en ek kom terug na 10 dae se agterstallige werk en eskalasies. En 'n griep wat jou aan die keel beetkry as bonus.
Nou ja, ons is Donderdagoggend vroeg uit die dorp uit op pad na Wildevykrans, Hugo en sy pa se plek so 25 km wes van Rustenburg. Als het goed begin en ons was so by 07:30 op die plaas. Hugo was besig met 'n 4-letter woord (werk), maar Adam het ons by die hek gekry, en reguit jagkamp toe geneem. Hy was goed ingelig oor wat ons wil doen, en als het sonder haakplekke verloop.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_072850_zpsb45793bd.jpg
Ek het die jagkamp nogal heel prakties gevind, en 'n balans probeer tref tussen (i) afstand na die opklimpunt, (ii) afstand na die lapa, en (iii) afstand na die badkamer. So, toe kies ek huis #2.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_073934_zpsa27df120.jpg
Ek het uitgepak, en als reggekry
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_075940_zpsfca1fd59.jpg
en toe het almal gou ingeskiet
Jakes:
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_084954_zps13d67c5b.jpg
Hennie:
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_085137_zps9c68fb76.jpg
Ons het gekies om die trekker as taxi te gebruik, aangesien die wild reeds die teenwoordigheid van die trekker aanvaar as normaal
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_092922_zps42a68473.jpg
Aangesien dit Jakes en Hennie se eerste boogjagte is, het hulle gevra ons moet asb al 3 in die hide wees tot na hulle eerste skote, sodat hulle die maksimum kan leer uit als wat gebeur. So gesê, so gedaan, en ons gaan krip-hide toe, want hy wys die meeste aktiwiteit, volgens Hugo. As daai taxi so wegry, weet jy jy kan nou maar ontstpan:
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_094326_zps3b3bf116.jpg
Met die inry sien ons wildebeeste, en net na die taxi vertrek, kom soek hulle iets lekkers. Ek sit my foon en kamera neer en is besig om uit te pak toe Hennie koorsagtig begin regmaak, want die wildebeeste is hier .. toe kom hy agter sy trigger (met velcro op) is nie aan sy arm nie, en dinge begin verkeerd gaan vir hom. Soos julle mos al weet teen hierdie tyd: wildebeeste verstaan die "grrrrttttssss" van velcro meen "hol ou maat, hol" en vir die res van die dag sien ons hulle net so op 150y - 200y.
Die wag begin, en 'n besoeker so by 11:00 breek die eentonigheid.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_105031_zps4b032b6f.jpg
Na die giraffe besluit het gras is gras, al noem mense dit lusern, kom 2 rooibok ooie in saam met hul jaarlinge. Ek demonstreer my uiterste onhandigheid met 'n videokamera, maar Jakes vaar beter - hy maak sy rekening oop (i) met die boog en (ii) vir die trip. Die skoot loop sonder enige koorsigheid, onsekerheid of gesukkel, asof hy al jare boogjag. Die ooi hol so 60y and die pyl tel ons so 38y agter die plek waar die ooi gestaan het, op.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130606_111112_zps79e9e68d.jpg
Nou hier ek moet sommer dadelik erken hierdie nuwe Samsung S4 is net goed vir yuppies wat 24/7 reg langs kragproppe sit. Tegnologie het 'n koste, en met die S4 is dit 'n baie vrot batteryleeftyd as jy als wil gebruik waaraan jy gewoond is. Hy vrek op my so 5 minute na ons terug is in die hide, en ek huil sulke stofstrepe oor my wange.
Maar Hennie het nie 'n kamera nodig om 'n pyl te gooi nie, en so by 14:00 skiet hy sy eerste boog-bok: 'n mooi rooibok ooi (Hugo het die foto hierbo gepost van Jakes se foon af). Hy het eintlik gekom agter 'n wildebees aan, maar sy begroting was buigbaar genoeg. Die skoot loop ook sonder enige bokkoorsig of angs en die ooitjie val binne sig na so 30y. Die pyl lê so 25y verder as die punt waar die bok gestaan het.
Ons sit tot so by 17:00 toe ons Adam aansê om solank die taxi nader te bring. Lewe rondom die voer en water was doodstil van die tyd dat ons Hennie se bok opgelaai het. Hennie vra of ons more weer saam kan sit, hy het met Adam gesels, en hy is redelik seker hy sal sy wildebees redelik vroeg kry. Ek word ook mooi beduie van wat ek als verkeerd gedoen het met die video kamera - net mooi alles, en ek kry so 5 minute se redelike intensiewe opleiding in die verband.
En so besluit ons dan Vrydagoggend om Hugo se raad te volg en almal saam terug te gaan na die krip-hide vir Hennie se wildebees. Jakes reken hy is "easy", want hy wil net graag nog 1 rooibok ooi skiet, maar dit behoort nie 'n probleem te wees nie, hulle slaan oral uit soos varkmasels.
Aanvanklik gebeur niks opwindends nie, en ek besluit om my nuwe ondervinding met die #$%^& Samsung S4 toe te pas - ek sit alles af, en bêre die ding in my rugsak tot later, as ek hom nodig gaan kry. So rondom 10:00 begin my oë swaar raak, toe Hennie verstar en met groot oë beduie "wildebeeste...". Ek los die S4, en gryp die videokamera, want ek weet mos nou wat om te doen. Maar die kameraman moet op sy knieë staan, en my knieë wil nie meer op gestaan wees nie. Ek lewer weer my allerbeste met die videokamera, wat steeds nie goed genoeg is nie, al help dit darem later so 'n bietjie. Terwyl ek spartel met die kamera, beswyk Hennie amper aan die bokkoors ... en soos dinge soms gebeur, is die skoot nie 'n ideale een nie. Daar is darem genoeg "footage" om die skoot te kan analiseer, en na so 2 ure begin ons saam met Adam en Lukas (sy sidekick) opvolg. Die opvolg is van korte duur, want daar is geen bloed nie, en na sowat 150y het die koei die pyl uitgewikkel, en kort daarna verander die kenmerkende "odd" spore van die gekweste bok, in gewone spore wat insmelt in die rest van die trop.
Henne trek swaar vir die res van die dag, en so teen 2 uur is dit kom Adam om ons te skuif na die kraal-hide toe. Met sy aankoms is ons baie ontspanne
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_140459_zps5b6ac3f0.jpg
So teen 15:15 is ons in die kraal-hide, en dinge lyk aanvanklik maar stil. Kraal-hide het skietgate na 2 kante: suid en wes, en as die son begin sak, moet mens die westelike skietgate toemaak om te keer dat jou bewegings sulke helder wit flashes maak. So by 16:30 verander dinge eensklaps, en is daar baie meer lewe rondom ons met 'n klompie blesbokke wat naderstaan. Nie een van die diere kom egter naby die voer of water nie.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_163245_zps42c8f23e.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_164917_zpsdf5c2206.jpg
Daar is amper aksie as 2 rooibokkies en 'n blesbok vir 'n kort wyle inkom, maar hulle raak nie rustig nie, en maak huleself uit die voete.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_165140_zps2935db18.jpg
Ek het gekom om 'n zebra te skiet, en ek begin opgewonde raak, want daar is 3 zebra's wat al agter die blesbokke aan drentel. Ek kry nie regtig 'n skoot op enige 1 van hulle nie, want ek sien hulle net reg van voor, of reg van agter, en heeltyd ver buite bereik op baie akute hoeke waar ek nooit 'n pyl sal kan uit die hide kry nie.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_170159_zps65655a55.jpg
Daar is ook nog 'n paar ander besoekers, en die bul en sy harem bly 'n rukkie om lusern te geniet, voor hy so teen 17:20 blaf, en al die diere huistoe stuur vir die aand.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130607_170902_zpsfdf5b431.jpg
Ons gaan jagkamp toe, en later die aand kom wys Hugo oë en gesels ons oor die dag se dinge. Ons besluit om op te split. Hennie sal teruggaan na die krip-hide, want na ons mening is die koei nog regop, en saam met die trop, so die kans bestaan dat sy sal kom water drink. Hy kan dan sy kans waarneem. Ek en Jakes sal kraal-hide toe gaan, sodat ek my zebra verder kan soek, en dalk, as dit so uitwerk, Jakes sy rooibokkie.
Saterdagoggend kom laai Hugo ons op en split ons op soos beplan. Ons is met sonop alreeds in die hide:
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_070026_zpsf82ceb36.jpg
Ons besluit om sommer vroeg te begin met ons voorbereiding, en ons brand 'n bosveld "mosquito coil" of twee:
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_072958_zps9b25b2b4.jpg
Ek sit weer my S4 af, met die voorneme om hom eers te gebruik as dit nodig raak. Hennie sit die heeldag en bekyk al die wild op die plaas, want nes Hugo gesê het, is die krip-hide "hot and happening", maar nie sy koei of haar trop kom nie in nie. By ons gaan dit heel anders: niks gebeur nie, en niks beweeg nie, behalwe die dooie blare buitekant die hide wat so nou en dan liggies rondwaai.
So by 15:30 maak ons die westelike skietgate toe, en so by 16:15 is 'n handjievol rooibokkies op pad na die suidelik voer toe. Die bokkies kom in en stap uit, kom in en stap uit. Hulle hou aan vir die westelike voer kyk, en besluit dan later ook om eerder daar te gaan vreet. Nou het ons 'n klein probleempie - want daai skietgate is toegemaak. Met die grootste versigtigheid maak ek een skietgat oop en Jakes kom in posisie. Die S4 is vergete, want dinge gaan nou gebeur .. of nou ... of nou .... So by 17:05 eers is dit sulke tyd, en Jakes skiet sy 2de rooibok ooi met die boog en vir die trip. Dis 'n mooi skoot reg bo die hart verby, en die ootjie maak so 69y.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_172159_zpsc60da773.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_172828_cr_zpsedda1f2b.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_173207_zpsd2b995a5.jpg
Ons gaan slagkamer toe, en na die slag vat Hugo ons op 'n inpromptu aand uitstappie met sy game-viewer. Kyk, julle moet verstaan Hugo is nie jou normale host nie - hy "Cruiser" nie die plaas vol nie - jy ry in styl by hom, want daai kombi het meer cupholders as die Amerikanse olimpiese span, en al het hy nie fur op die dash nie, het hy baie effektiewe airconditioning. As jy ooit daar kom, kan jy hom vra of jy ook die "Hendrik outing" kan kry, maar ek twyfel of enige iemand anders gelukkig genoeg sal wees om dit kan beleef.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130608_184846_zps68651930.jpg
Sondagoggend het ons laat geslaap, en so by 08:00 opgestaan, gepak en gelaai.
Ons was so net na 09:15 se kant in die pad op pad huis toe. Ons het nie als gekry wat ons gesoek het nie, maar ons gaan beslis terug vir nog, want dis net eenvoudig wat mens doen met goeie vriende en gasvrye plekke - jy gaan terug na hulle toe.
~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~
Oor die geriewe en die hides:
Ek het geen foto's van die hides binne geneem nie, maar die 2 hides waar ons was, is groot genoeg vir 3 jagters met al hul toerusting, en dan nog plek om te beweeg en te kan skiet. Daar is matte in die hides, stoele, hakke vir 2 boë en Hugo sorg dat daar bottels is. Hy sluit jou nie in die hide toe nie, so julle hoef nie bekommerd te wees daaroor nie. Daar is selfoon ontvangs by altwee hides, maar by krip-hide kom en gaan dit met tye. Daar is heelwat water op die plaas, en die hoof aantrekking na die hides toe is lusern en boskos, al is daar ook water by die voer. As jy dus hiper-eties is, en nie hou van jag oor water nie - hier is genoeg water dat jy kan seker wees die bokke het eintlik agter lekkernye aan by die hide aangekom.
Die jagkamp is netjies en prakties. Met die vooraf reëlings het Hugo gevra of ons die kamp daagliks skoongemaak wil hê, en of ons self wil skottelgoed was, ens. Ons het besluit om die diens te gebruik wat beskikbaar is. Daar is 5 houthuises, waarvan 4 akkommodasie is, en die laaste een die badkamer. Elke huisie slaap 4 (2 stapelbeddens), en het ook oop kaste waar jy jou klere in kan pak sodat jy nie uit jou tas hoef te leef nie. Wat ek baie prakties gevind het, was die feit dat elke huisie 'n 3-punt EN 2-punt prop het - daar is dus alreeds voorsiening gemaak vir 1 "stupid 2-punt charger". Die huisies word nie skoongemaak en gediens nie (jy moety jou ie bed opmaak), aangesien die personeel belet word om die huisies te betree terwyl daar gaste is, om veiligheids redes.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083322_zps6c82c05b.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083353_zpscf8161db.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083400_zpsb8180ff1.jpg
Die badkamer het (i) toilet en wasbak, (ii) stort en wasbak, en (iii) stort, toilet en wasbak, en word heeltyd netjies en skoon gehou as jy die diens-opsie gebruik. Mens wag nie vir ure vir warm water nie, en as die ou langsaan sy warm kraan oopdraai of sy toilet spoel, hoef jy nie te dans onder jou stort nie. Daar is ook spieëls vir die manne wat regtig moet skeer of onderlaag en maskara aansit.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083426_zps636154c5.jpg
Die lapa is groot en prakties. Hugo verskaf genoeg hout (om te gebruik, nie om te mors nie) en die braaiplek kan gemaklik vuur maak om te braai vir die volle kapasiteit van 16 mense.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083506_zps0965d0c5.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083517_zps1201b74d.jpg
Die eet-area is groot en netjies, en is aangrensend tot 'n groot kombuis met als wat jy kan nodig kry in 'n kombuis op jou jagtog. Die kombuis het 'n groot 2-deur "Coke" yskas, en 'n chest freezer, en is ook toegerus met 'n gasstoof, "toaster" en ketel. Alles wat hier rondstaan as jy in die oggend veld toe gaan word gewas en netjies op die kas gerangskik.
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083531_zpsc02ab295.jpg
http://i565.photobucket.com/albums/ss94/io-za/wvkjag-2013/s20130609_083607_zps9fb24582.jpg
Doen jouself 'n guns, en praat met Hugo - jy sal nie jammer wees nie.
Wildevy Krans Review
- henried
- Hero Member

- Posts: 2352
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Wildevy Krans Review
Te lekker, geluk aan almal.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wildevy Krans Review
Manne,
Ek jag nou al so jaar of twee jakkalse op Wildevykrans.
Dis regtig 'n baie lekker plek, wat gemaklik is vir manne saam met hulle gesinne.
Dis ook regtig nie landuit nie, en slegs 5km vanaf die N4 snelweg.
Ek en G-Force is gebook daar vir 'n boogjag saam ons gesinne. Ek kannie wag nie!
Ek jag nou al so jaar of twee jakkalse op Wildevykrans.
Dis regtig 'n baie lekker plek, wat gemaklik is vir manne saam met hulle gesinne.
Dis ook regtig nie landuit nie, en slegs 5km vanaf die N4 snelweg.
Ek en G-Force is gebook daar vir 'n boogjag saam ons gesinne. Ek kannie wag nie!
Goed, beter, 6millimeter!
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Wildevy Krans Review
Iets waarvan ons moet weet Geno?Geno wrote:Manne,
Ek en G-Force is gebook daar vir 'n boogjag saam ons gesinne. Ek kannie wag nie!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wildevy Krans Review
Ronald,
Ja man. My gesin bestaan uit myself, Lila, en ons skietgoed!
http://sampos.com.au/guns/myloudfam.JPG
Ja man. My gesin bestaan uit myself, Lila, en ons skietgoed!
http://sampos.com.au/guns/myloudfam.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Wildevy Krans Review
Hugo het julle later daai kwesbok gekry of sal hy herstel?
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Wildevy Krans Review
Ekt diendier gesien maar was ondeker, die skoot is hoog op die skof en as die infeksie hom uit los sal sy dit maak, of ek salmhaarnplat skiet some time.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2352
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Wildevy Krans Review
'n Vriend van my het 'n takbok so hoog geskiet, hy het mooi gesond geword.
Ander vriend het blesbok laag deur die net die longe geskiet, ook mooi gesond geword.
Ander vriend het blesbok laag deur die net die longe geskiet, ook mooi gesond geword.
