EISBEIN??

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

EISBEIN??

Post by DWB »

Hallo Manne,

Ons gaan vanaand poog om ons eerste eisbein self gaar te maak.

Wie kan my bietjie tips gee?

Stoompot en dan crispy maak onder die oon de "grill" of deepfry?

Die lekkerste eisbein wat ek nog in my lewe geëet het is by St Lucia Ski-Boat Club!!!!

My mond water al klaar!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Zack Benade

Re: EISBEIN??

Post by Zack Benade »

Hallo DWB

Ons Vrystaters is maar manne wat hou van swart pote op 'n vuur.
Ek sit myne in 'n pot saam met 'n bier of twee. Gooi ietsie van alles by wat kruie betref.
As dit lekker sag en gaar is sit ek dit in die webber of oond om dit lekker crispy te maak. Na die tyd smeer ek 'n bietjie stroop aan vir ietsie soets.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: EISBEIN??

Post by Sarel »

Gammon en eisbein is gewoonlik reeds gerook wanneer jy dit kook maar jy moet dit nogtans kook en of bak.
Ek sit dit in stoompot of slowcooker en gooi genoeg vloeistof oor om dit te bedek en kook vir 1 uur in stoompot onder stoom of omtrent 4 ure op hoog in slowcooker.
Ek gebruik net water vir die eisbein maar jy kan Coke of cider of gemmerbier vir die gammon gebruik.
Daarna kan jy dit oop bak in die oond (ek verkies om die dik vel af te trek - dit trek baie maklik af terwyl dit warm is - sodat die vet kan uitbraai) vir so 45 minute.
Jy kan bruinsuiker en brandewyn meng en oor albei smeer vir 'n blink bruin afwerking
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: EISBEIN??

Post by Sarel »

4 eisbein-skenkels (dis gerookte varkskenkels)
1 lourierblaar 1 wortel, in groot stukke gesny
1 ui, in kwarte gesny
5 swartpeperkorrels
400 ml lemoensap
125 ml bruinsuiker


Hoe lank moet ek die eisbeins kook?

Moenie die gewig van al 4 eisbeins bymekaartel nie.
Werk elkeen uit in gram en kook 30 minute vir elke 500 g.

Plaas die eisbeins met die vel in ’n groot kastrol.
Bedek met koue water en voeg die lourierblaar, wortel, ui en peperkorrels by.
Bring tot kookpunt.
Kook die eisbeins vir die aangewese tyd.
Laat sowat 20 minute in die water afkoel en haal uit.
Trek die vel af en sny kruise in die vetgedeelte.
Plaas die eisbeins in ’n oondbak.
Verhit jou oond tot 180 °C.
Meng die lemoensap en bruinsuiker saam.
Gooi die lemoensapmengsel oor die eisbeins en plaas in die warm oond.
Bak die eisbeins vir ongeveer 45 minute en bedruip elke nou en dan met die stroop tot gekaramelliseerd.
Sit warm of koud voor.
Garneer met vars roosmaryn en ontpitte swart olywe.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: EISBEIN??

Post by Sarel »

Pieter RSG

1 eisbein
kookolie
heuning
worcestersous

Maak dun snytjies in die vel van die eisbein reg rondom.
Dit maak die sooltjie (crackling) makliker om te eet wanneer dit gaar is.
Sit dit in 'n oondbak met deksel met 'n bietjie olie onder in.
Bak by 180 * C vir 3½ - 4 uur.
Dit moet baie sag wees en uitmekaar val.
Meng die heuning en worcestersous in die volgende verhouding - twee derdes heuning en een derde worcestersous.
Gooi dit oor die eisbein en bak teen 250 * C sonder deksel tot krakerig.
Hou dit dop dat dit nie brand nie.
Bedien met aartappelwiggies, soetrissiesous, mosterd, suurkool en 'n tamatie en uieslaai.


WENKE VIR 'N GOEIE EISBEIN
Die vel moet stewig wees.
Dit moet 'n rooi kleur hê.
Dun been, baie vleis.
Die lagie vet moet 'n halwe sentimeter dik wees.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Eish, my bek kwyl nou so dis nie meer snaaks nie!

Kan nie wga tot vanaand nie!

Baie Dankie Manne!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: EISBEIN??

Post by Lourens Potgieter »

Ek doen gereeld die Eisbein ding......ek het 'n webber, hy is gemaak vir Eisbeins!!Kook die Eisbeins in skoon water(geen sout, hehehe) vir so 30 minute in drukkoker, raak so ontslae van oormaat sout(meeste eisbeins wat jy koop is nie net gerook nie, maar gepekel in sout oplossing).......ek maak indirekte vuur(op die kante van die weber) en sit bak onder tussen kole om vet op te vang)....

Groot lekker is die Jack Daniels Glaze sous wat mens te koop kry...ek smeer dit gereeld oor die Eisbein terwyl hy braai.........ek braai hom so 2-2 1/2 ure op die weber, dan is hy so goudbruin gebak.....jy eet jou vingers af!!!(ek het al 4 eisbeins van oor 1kg elk gelyk op die weber gehad(ek koop daai eisbeins by Food Lover's Market in Montana, Pretoria...naby die N1)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Wat van so bietjie Sauerkraut :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Dankie Papgooier!

Smaak my ek moet 'n weber gaan koop :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: EISBEIN??

Post by Lourens Potgieter »

Hy werk hoor, hehehe......
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Ek het nou net amper eers 'n hartaanval gekry toe ek sien wat die goed al kos :o
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: EISBEIN??

Post by Lourens Potgieter »

Eisbein of Weber, hahaha.......ek het my weber as trougeskenk gekry, die groot een sonder al die fancy goete.....dan moet jy nog 'n vlakvark boud stop en spuit soos skaap wat jy gaan braai....en op daai weber vertroetel vir paar ure, met dieselfde glaze sous.......ek gaan by Robbie moet draai die naweek.......
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Hehehehe, die Weber

Het nou 6kg Eisbein reg vir vanaand :D

Die manne wat dit in die slowcooker of stoompot doen, doen julle dit in sy sakkie in die water of haal julle dit uit?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: EISBEIN??

Post by Sarel »

DWD,

Ek haal dit uit.....
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: EISBEIN??

Post by Lourens Potgieter »

Jy haal hom uit om bietjie daai klomp sout weg te kook........
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: EISBEIN??

Post by Christo »

Kry vir jou een van daai ou press toasters en sit hom daar in na jou hom gestoompot het. Lekker crispy en baie makliker as oond.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: EISBEIN??

Post by grumpy »

Sit die eisbein net so in die oond met coke. Dis as hy gerook is!

Short and sweet and simple!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: EISBEIN??

Post by DWB »

Dankie manne! Het helfte in die oond en helfte in die stoompot gemaak.
En hulle daarna ge-grill

Was dit nou vir jou lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: EISBEIN??

Post by FHM »

Die manne wat nie skaam is vir n eisbein nie en af en toe in Suid-wes kom kuier, doen jouself die guns en gaan eet n eisbein by die Brauhaus in Swakopmund - maak net seker jy is maar baie honger! Die beste en grootste eisbein wat ek nog in Nam teegekom het ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: EISBEIN??

Post by Christo »

FHM wrote:Die manne wat nie skaam is vir n eisbein nie en af en toe in Suid-wes kom kuier, doen jouself die guns en gaan eet n eisbein by die Brauhaus in Swakopmund - maak net seker jy is maar baie honger! Die beste en grootste eisbein wat ek nog in Nam teegekom het ;)
Sien julle daar teen die 30ste rond. ;D . Ek is nou lus vir visvang, maar gaan eers dag of 2oorslaap in Swakop.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: EISBEIN??

Post by tau »

FHM wrote:Die manne wat nie skaam is vir n eisbein nie en af en toe in Suid-wes kom kuier, doen jouself die guns en gaan eet n eisbein by die Brauhaus in Swakopmund - maak net seker jy is maar baie honger! Die beste en grootste eisbein wat ek nog in Nam teegekom het ;)
En moenie vir FHM saam nooi nie hy vlug Windhoek toe dan moet jy alleen sit eet.......
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: EISBEIN??

Post by Christo »

tau wrote:
FHM wrote:Die manne wat nie skaam is vir n eisbein nie en af en toe in Suid-wes kom kuier, doen jouself die guns en gaan eet n eisbein by die Brauhaus in Swakopmund - maak net seker jy is maar baie honger! Die beste en grootste eisbein wat ek nog in Nam teegekom het ;)
En moenie vir FHM saam nooi nie hy vlug Windhoek toe dan moet jy alleen sit eet.......
Tau, daai is so waar. Maar daai varkpoot maak op vir alles en dan so paar stieffels help ook mooi.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply