Gesels die naweek met my Pa en hoor my oom sukkel al 8 jaar om 'n erfstuk op sy naam te kry.
Dis 'n enkel loop, ou lisensie is in plek.
Kan iemand my help met detail wat nodig is?
Verskil dit baie van enige ander wapen motiveering?
Moet sê my oom is maar moeilik so dit het dalk als te doen met sy lang wag...maar sou hom graag wil help.
Haelgeweer Motiveering "Erfstuk"
- henried
- Hero Member

- Posts: 2336
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Haelgeweer Motiveering "Erfstuk"
Gewone motivering, daar is nie 'n kategorie vir erfstukke nie. Ek sal 'n doodgewone motivering doen, die wapen en sy gebruik beskryf en dan net 'n addisionele paragraaf bysit waarin die sentiment en die "bewaring vir die nageslag" gedeelte bykom. Ek dink nie jy gaan slaag, slegs met 'n motivering as erfstuk nie...
Dis maar my 2c, hoor by die slim manne...
Dis maar my 2c, hoor by die slim manne...
Aim small, miss small
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Haelgeweer Motiveering "Erfstuk"
Eugene is een van die slim manne! Hy is op die nommer. Motiveer die geweer net soos enige ander. Indien die vorige eienaar reeds af gesterf het, staan die eksekuteer in vir die vorige eienaar, en teken net die polisie se forms. Daarby aangeheg is dan die aanstellingsbrief, en afskrif van dood sertifikaat.Eugene wrote:Gewone motivering, daar is nie 'n kategorie vir erfstukke nie. Ek sal 'n doodgewone motivering doen, die wapen en sy gebruik beskryf en dan net 'n addisionele paragraaf bysit waarin die sentiment en die "bewaring vir die nageslag" gedeelte bykom. Ek dink nie jy gaan slaag, slegs met 'n motivering as erfstuk nie...
Dis maar my 2c, hoor by die slim manne...
Veiligheid eerste manne!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2336
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Haelgeweer Motiveering "Erfstuk"
Dankie julle.
Ek sal vanaand met my oom gesels en hoor wat hy gedoen of nie gedoen het nie. Dit was my oupa sin, so hy is bemaak aan die jongste seun, hy is ook op sy naam.
Die jongste broer gebruik hom nie en het hom vir sy broer gegee, so dit behoort nie so moeilik te wees nie...
Ek sal vanaand met my oom gesels en hoor wat hy gedoen of nie gedoen het nie. Dit was my oupa sin, so hy is bemaak aan die jongste seun, hy is ook op sy naam.
Die jongste broer gebruik hom nie en het hom vir sy broer gegee, so dit behoort nie so moeilik te wees nie...