Eerstens - 'n pluimpie vir my plaaslike Trappers tak en bestuurder -Tommie. Die tipe van diens is uiters skaars en kan ek net aanbeveel !
Kort storie. Ek was die slagoffer van 'affirmative shopping'. ( spelling ?) Het vir my 'n Bushnell ingevoer van Cabella's en was meer as tevrede met die produk. Na die 'shopping' was ek redelik gestrand en het maar dadelik weer begin rondkyk.
Soos met enige ding leen ons ouer garde mos maar ons ore uit vir die jonger geslag en ek word 'ingedwing' om die nuwe 'Sniper Game Camera' aan te skaf. Sms jou met fotos ens. Blacklight wat nie gesien kan word nie ens. 12MP kamera en video met klank. Een gawe paket !!! Verstaan my baie mooi. Dis een gawe paket.
My bevinding:
Fotos en videos deur die dag - PUIK ! Die kwaliteit was uitstaande.
Sensitiwiteit redelik goed.
Nagfotos - uiters swak ( Blykbaar a.g.v. die 'black light' sisteem.)
Nagvideos - uiters swak.
Die kamera word redelik hoog aangeskryf as sekuriteitskamera a.g.v. die 'blacklight' sisteem. Hiermee kan ek saamstem. In 'n goed verligte en gekontroleerde omgewing. In die nag in die veld is dit een groot foefie. Ek kon op 4 meter nie die verskil tussen 'n Bosvarkbeer of sog uitken nie. Kon wel sien dis Bosvark. Ystervarke het nog nooit so deurmekaar gelyk nie.
My bevinding , nadat ek die oorspronklike kamera omgeruil het vir 'n nuwe een is:
Die kamera is geskik vir dagfotos en videos by waterpunte ens. As veiligheiskamera in verligte areas sal hy puik werk. In die nag om vrugtediefstal ens. in boorde te bekamp sal hy nie die ding doen nie.
As jy hom koop om wildbeweging en monitering in die nag te doen, gaan jy een groot verrassing kry. Beslis nie geskik hiervoor nie.
Die uiteinde van die saak is dat ek weer vandag die Sniper vir 'n nuwe Bushnell omgeruil het.
MENS LEER MAAR SWAAR !!!
Is nie betaal om iemand te bevoordeel nie. Net my eerlike mening om ander lede geld te spaar !
Sniper Trailcam evaluasie
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Sniper Trailcam evaluasie
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Sniper Trailcam evaluasie
Henslin as dit by hierdie goete kom is dit weereens baie duidelik dat die spesifieke aplikasie mooi verstaan word om seker te maak watter model of produk die beste gaan werk. Proof bly maar in die puding - praat is maklik doen is 'n ander saak.
Bly jy het reg gekom.
Bly jy het reg gekom.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Sniper Trailcam evaluasie
Stem Freek ! Nêrens in enige advertensie word die kwaliteit van die fotos bespreek of verduidelik nie. Albei die fotos is vanuit dieselde staalkas geneem - oordeel self. Geluk was aan my kant met die ystervarkie. Hoop die inligting sal die manne help met toekomstige keuse ! 
[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 04c195.jpg[/img]
Sn
[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... a30558.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... 04c195.jpg[/img]
Sn
[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... a30558.jpg[/img]
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- Coenie (Swift)
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Re: Sniper Trailcam evaluasie
Henslin,
Jammer om te hoor maar jy weet darem dat op trailcams die Bushnells een van die bestes is. Ek bring nou juis vir 2 reservate in Limpopo 'n paar Bushnells nuwe 8MP HD in vir so R3000 stuk.
Hulle gebruik die Bone Collectors en kyk so bietjie na opgradering.
Groete
Jammer om te hoor maar jy weet darem dat op trailcams die Bushnells een van die bestes is. Ek bring nou juis vir 2 reservate in Limpopo 'n paar Bushnells nuwe 8MP HD in vir so R3000 stuk.
Hulle gebruik die Bone Collectors en kyk so bietjie na opgradering.
Groete
