Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Naand almal
Ek maak self my biltong, so 5kg op 'n slag. Gaan nou Kameeldoring van Deli Spices probeer wat ek by Huntex gekoop het.
Ek gooi spices en dan 'n mengsel van 50:50 bruin asyn en Worcester sous. Ek meng dit in 'n 500ml Coke botteltjie en steek 'n gaatjie in die doppie. Hoeveel van die sous gooi julle oor die biltong of hoeveel moet mens gooi?
Hoor graag...

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Ek het nog nooit W'sous gebruik nie. Meng asyn met coke soms, sit in n fietsrybottel en sprinkel oor. Werk nie per volume nie, net genoeg om vleis te nat voor ek spices sprinkel. Herhaal dan laag vir laag
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
As ek self biltong maak dan gebruik ek Freddy Hirsch speserye en daarop die pak sê hulle hoeveel
moet jy gebruik
moet jy gebruik
vlakvark en bosvark Bvk
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Beer.
Ek gebruik net bruin asyn. Ek gebruik crown se safari biltong speserye waarin ek bietjie bruinsuiker en swartpeper en nog growwe sout inmeng. Ek druk die wit doppie waarvan die seel nie gebreek is nie, met 'n passer gaatjies in dat die bruin asyn so sproei. Ek sprei maar op gevoel.
Ek sprei gewoonlik onder in my mengbak gooi speserye en pak dan 'n laag biltong. Dan sprei ek weer asyn sprinkel speserye en pak weer 'n laag biltong ens.(Sprei maar so dat al die biltong nat is.)
As die biltong 'n ruk gestaan het en ek stap verby meng ek dit so met die hand om.
Dit is maar soos ek maak.

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Ek is ook nie 'n groot voorstander van worcestersous nie, maar dis maar my smaak.
Verder pak ek 'n laag biltongvleise in 'n plastiekbak, gooi asyn na smaak (bruin asyn), gewoonlik om die vleis goed nat te maak en te loop. Dan strooi ek die sout en speserye mengsel redelik kwistig, dan weer 'n laag vleis (ek pak die volgende laag dwars oor die eerste laag) en so herhaal ek totdat al die vleis gesout en gepekel is. Los dit oornag om in die pekel te le en hang dan die biltong die volgende dag op om te begin droog.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Dankie julle
Waarkom die gebruik van Worcester sous dan vandaan? Is dit die bruin asyn wat die preserveering werk doen?
Waarkom die gebruik van Worcester sous dan vandaan? Is dit die bruin asyn wat die preserveering werk doen?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Beer,
Ek dink dis maar 'n smaak wat die manne oor tyd ontwikkel het. EK persoonlik hou van die geure van naeltjies en neutmuskaat saam met die koljander, maar my vrou en kinders kan dit nie verdra nie. Daar is ook asyn in die worcestersous. Ek dink jy moet maar die worcestersous beproef en vir jouself bepaal wat is vir jou lekker en wat nie.
Ek dink dis maar 'n smaak wat die manne oor tyd ontwikkel het. EK persoonlik hou van die geure van naeltjies en neutmuskaat saam met die koljander, maar my vrou en kinders kan dit nie verdra nie. Daar is ook asyn in die worcestersous. Ek dink jy moet maar die worcestersous beproef en vir jouself bepaal wat is vir jou lekker en wat nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Flip Groenewald
- Sr. Member

- Posts: 313
- Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Ons gebruik die Wocestersous net as ons wors maak gebruik glad nie water soos ander mense en resepte se nie ons vervang die water met wocestersous.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Ek het eenkeer W-Sous gebruik op my biltong, nooit weer nie!!
Raven
Raven
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Ek doen presies soos bo, het net een van daai spreibotteltjies gekoop by 'n plastiekwinkel ipv om die asynbottel se prop gaatjies in te steek. Ek koop sommer asyn in 5L bottels en hulle hou moeilik vas.spekieries wrote:Beer.
Ek gebruik net bruin asyn. Ek gebruik crown se safari biltong speserye waarin ek bietjie bruinsuiker en swartpeper en nog growwe sout inmeng. Ek druk die wit doppie waarvan die seel nie gebreek is nie, met 'n passer gaatjies in dat die bruin asyn so sproei. Ek sprei maar op gevoel.
Ek sprei gewoonlik onder in my mengbak gooi speserye en pak dan 'n laag biltong. Dan sprei ek weer asyn sprinkel speserye en pak weer 'n laag biltong ens.(Sprei maar so dat al die biltong nat is.)
As die biltong 'n ruk gestaan het en ek stap verby meng ek dit so met die hand om.
Dit is maar soos ek maak.
Aim small, miss small
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Twee derde's asyn en een derde Worster is vir my baie lekker as ek biltong maak met bees vleis. Wids vleis net asyn
Reggie
Reggie
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Dankie almal. Waardeer die terugvoer.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Beer, doen jouself n guns en koop druiwe asyn.
Ek meng hom 50/50 met worchestersous, en dan die die selfde maat water om hom net bietjie te Verdun. As jy die spice se aanbevole gramme per kg vat, maal dit met 3 vir jou mengsel. Ek glo maar hoe natter die biltong en spice mengsel is, hoe beter los die spices op en trek lekker in. Roer jou biltong sommer gereeld tot jy hang.
Sterkte.

- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
hoe meer asyn hoe better dis darem nie te duur nie as ek alles gepak het en ek druk op die vleis moet die sous level met die vleis le ek los myne te minste 24 uur ek het op my laaste batch so bietjie B.B.Q six gun ook bygesit was baie lekkerEugene wrote:Ek doen presies soos bo, het net een van daai spreibotteltjies gekoop by 'n plastiekwinkel ipv om die asynbottel se prop gaatjies in te steek. Ek koop sommer asyn in 5L bottels en hulle hou moeilik vas.spekieries wrote:Beer.
Ek gebruik net bruin asyn. Ek gebruik crown se safari biltong speserye waarin ek bietjie bruinsuiker en swartpeper en nog growwe sout inmeng. Ek druk die wit doppie waarvan die seel nie gebreek is nie, met 'n passer gaatjies in dat die bruin asyn so sproei. Ek sprei maar op gevoel.
Ek sprei gewoonlik onder in my mengbak gooi speserye en pak dan 'n laag biltong. Dan sprei ek weer asyn sprinkel speserye en pak weer 'n laag biltong ens.(Sprei maar so dat al die biltong nat is.)
As die biltong 'n ruk gestaan het en ek stap verby meng ek dit so met die hand om.
Dit is maar soos ek maak.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Hoeveel asyn en Worcester sous sit jy op jou biltong?
Ek gebruik ook verkieslik druiwe asyn, die smaak is net beter - maar ek gebruik sommer my ou braaisout bottels om die asyn en Worchesetr sous te gooi - het klaar gaaitjies in - Worchester sous word apart gegooi - maar net as ek tradisionele biltong met sout, peper, buinsuiker en gemaalde koljander maak - meeste van die gekoopte biltong pakke van Crown bevat in elk geval Worchester speserye, dan gebruik ek net asyn, soos voorgeskryf. Pak ook my biltonge in lae.