Sal jy?

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Sal jy?

Post by Geno »

Sal jy 'n buffel uit 'n treestand uit skiet met 'n boog?

Ekself, sal nie. Ek sou hom te voet jag, dis mos waaroor dit gaan?


Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Sal jy?

Post by G-force »

Mahala ja,betaal dan nee.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Sal jy?

Post by Gerhard »

Oppi voete ...

Ek vir hulle te veel op 5 tree uit die hide gesit en kyk en dis niks om uit n hide of tree stand buffel te skiet nie.

Hulle raak mak op voer...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Sal jy?

Post by Dimitri »

As ek n' buffel wil jag sal ek hom nie uit n' treestand skiet nie want ek sien dit nie as jag nie. Dit geld ook vir koedoes, rooibokke, vlakvarke en al die ander diere. Die enige uitsonderings, vir my, is iets soos bv n bosvark wat amper ontmootlik is om te walk en stalk.

Maar as ek by n' plaas aankom en die boer my vra om n' buffel te skiet (vir watookal rede) en dat ek nie mag walk & stalk nie sal ek nie n' probleem he om vir hom een te SKIET.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Sal jy?

Post by DWB »

Net bang manne wat voor die tyd al in die boom klim :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Sal jy?

Post by Eugene »

Elke ou het seker sy idee van wat jag en wat skiet is en ek raak nie meer betrokke in daai debatte nie. Vir MY is die trill van buffeljag met die boog, juis om hom te voet te jag en jou skoot binne 15y te kan maak!

As ek hom uit 'n hide of treestand moet skiet, sal ek eerder verby hou...
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Sal jy?

Post by Zack Benade »

Boom klim gang verseker jou voorland wees. ++>: ++>:

Ek klim eerder voor die tyd rustig in die boom as om binne 'n sekonde deur 50 pendorings te probeer kruip. ++>: ++>:

Mag ek bakkie ry? :police: ++>: ++>:
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Sal jy?

Post by SV MAD (Henk) »

Zack Benade wrote:Boom klim gang verseker jou voorland wees. ++>: ++>:

Ek klim eerder voor die tyd rustig in die boom as om binne 'n sekonde deur 50 pendorings te probeer kruip. ++>: ++>:

Mag ek bakkie ry? :police: ++>: ++>:
Stem saam.
ek soek nog wapens...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Sal jy?

Post by SV MAD (Henk) »

ander ding is, ek kan nie die foto sien nie, maar ek sal daai buffel dril met my boog dat hy fkn luister! maak nie saak hoe hy staan nie!
ek soek nog wapens...
Zack Benade

Re: Sal jy?

Post by Zack Benade »

Henk
So praat 'n man mos wat hou van ponde. ++>: ++>: ++>:
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Sal jy?

Post by Gerhard »

SV MAD (Henk) wrote:ander ding is, ek kan nie die foto sien nie, maar ek sal daai buffel dril met my boog dat hy fkn luister! maak nie saak hoe hy staan nie!

Jy kan dalk so liggies verras word met daai stelling... :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Sal jy?

Post by SV MAD (Henk) »

Maar as ek in n treestand is... Okay soos ek gese het, ek kan nie die foto sien nie.

Sal wel my pyle opstoot na so 1000 of 1100gr, hulle behoort mooi te loop teen so 200-220fps, dan kan ek n buff n Vrystaat hartskoot skiet en ek sal genoeg penetreer tot in die vitals. Met meer as 1 MOM slug sal daai pyl nie sommer stop nie.
ek soek nog wapens...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8012
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sal jy?

Post by Arnold »

Soek mens nie vir moeilikheid as jy gaan buffels skiet te voet nie en is dit nie hoekom jy dit doen nie ... ?
As dit nie die rede is nie kan jy hom mos maar uit die boom skiet of vanaf die bakkie met jou 6br of dalk van die stoep af met 'n 50 cal :)

Eendag gaan ek moeilikheid soek met 'n .416 Rigby in my hande ...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Sal jy?

Post by SV MAD (Henk) »

Ek dink dit hang af.

Ja, daar is kans dat hy jou kan trap. So boogjag is baie gevaarliker as geweerjag in die opsig.

Gaan ek net so 'n rush kry as die buffel onder my staan ek en skiet uit treestand uit vergeleke as wat ek hom bekruip? Ek dink so.

Gaan die foto vir my se ek het hom bekruip of uit 'n boom geskiet? Ek dink nie so nie, die foto vertel net dat jy hom geskiet het.

Dus, as jy (soos ek) jou lewe liefhet, vermy die onnodige riskantheid, neem die onnodige gevaar uit die situasie. Of gaan jy wens, as jy getrap word deur die buffel, dat jy liewerste nog in die boom moes gesit het sodat jy ekstra dae saam met jou kinders kon kuier?

Jou besluit. Ek se maar net hoe ek redeneer.
ek soek nog wapens...
Post Reply