Die Beretta A300 semi auto haelgeweer het voor die voor greep onder die loop 'n barrel nut wat die loop vas en in plek hou. Party noem dit die tube plug.
Die nut kan verstel word, vas en los. Daar is 'n ball and spring wat in klik na gelang van hoe styf die nut gedraai word.
Het dit iets te doen met gas verstelling? Daar is duidelike gas blaas en brand merke by die nut se basis wat my laat dink dat dit dalk verband hou met iets van die gas.
Tog sien ek nie dat die nut iets te doene het met die twee barrel ports wat die gas na die piston and sleeve blaas nie.
Ek lees graag van iemand wat meer weet oor die barrel nut
Danie
Beretta A300 semi auto barrel nut
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Beretta A300 semi auto barrel nut
Daar is geen gas verstelling op die Beretta A300 reeks nie. Die nut word net lekker vasgedraai met die hand en die ball & spring hou dit net stewig vas. Die exhaust merke wat jy sien is maar net van die gas wat nie by die ander gaatjie onder aan die kolf ontsnap nie.
-
Danie Lombard .243
Re: Beretta A300 semi auto barrel nut
Dankbaar Obasch, ek waardeer.
Dit is soos ek dit gesien het en afgelei het. Vriend van my het my probeer oortuig dat die barrel nut iets te doen het met die gas en so het ek self begin twyfel.
Danie
Dit is soos ek dit gesien het en afgelei het. Vriend van my het my probeer oortuig dat die barrel nut iets te doen het met die gas en so het ek self begin twyfel.
Danie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Beretta A300 semi auto barrel nut
Oom Daantjie,
Hier is die A300 se handleiding. Volgens dit is dit ook net 'n cap, sonder enige ander doel.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/497 ... a_a300.pdf
Groete
Hier is die A300 se handleiding. Volgens dit is dit ook net 'n cap, sonder enige ander doel.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/497 ... a_a300.pdf
Groete
Goed, beter, 6millimeter!
-
Danie Lombard .243
Re: Beretta A300 semi auto barrel nut
Dankie Geno
Goeie gonnas! Die aksie gedeelte het 'n magdom klein partjies. My kop sal dol raak as ek die spulletjie moet uitmekaar haal.
Goeie gonnas! Die aksie gedeelte het 'n magdom klein partjies. My kop sal dol raak as ek die spulletjie moet uitmekaar haal.
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Beretta A300 semi auto barrel nut
As ek nou in R1 terme kan probeer verduidelik:
Nadat jy die loop af het, trek die gas-arm vorentoe en haal die muis en sluitstuk uit. MOENIE DIE SNELLER TREK NIE.
Druk nou die pen wat die snellergroep vashou uit en skuif lg. na vorentoe uit.
Dis sover jy gaan met uitmekaar haal en al wat nodig is om alles skoon te maak.
Sit in teenoorgestelde rigting aanmekaar. Dis bietjie tricky om die muis se stert op die regte posisie te installeer.
Watookal jy doen, moet niks forseer nie. Wees geduldig en gebruik 'n flitsie om te sien waar die stert moet gaan.