Skietstoel

Post Reply
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Skietstoel

Post by johan »

Deur wie gebou,wat kos dit?
moets en moenies.
Hier in die isten cape is n man met n plan en sy plan werk uitstekend teen ek dink R4500 of so.

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Skillie

Re: Skietstoel

Post by Skillie »

Johan,

Kan jy meer besonderhede gee oor die ou in die EC wat stoele bou?

Skillie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Skietstoel

Post by jaracal »

Skillie
Die ou se naam is Allen Truter, sy website is www.jackalpro.com Tel 0419229858, 0828226496.
Image Image Image Image

Die prys is nou R5000-00 sonder btw sover ek weet. Kontak hom gerus. Een van die beste stoele wat ek enige tyd aanbeveel.

Groete
H
Last edited by jaracal on Sun Jan 18, 2009 9:10 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Andre

Re: Skietstoel

Post by Andre »

Ek het ook al vele skietrame en skietstoele gebou. Dit is vir die ou wat so nou en dan gaan jag goedkoper om maar 'n skiet raam te maak. Sodra jy regtig erenstig begin jag sal jy na 'n goeie skietstoel beweeg. Ek gebruik nagsig saam met my gewone teleskoop, dan is die skietstoel 'n moet. Op die oomblik het ek 'n 4-wielmotorfiets ingerig net vir Jakkalsjag (of soos ons nou maar sal moet gewoond word om te se: "Rondloperhonde" te jag).
Na jare se gesukkel en duur proefnemings werk hierdie "Untag" nogal lekker. Vir die van julle wat dink R5000 is baie vir 'n skietstoel, my toerusting en die 4wiel is +/-R122 000 in totaal en glo my, ek het hom in die eerste jaar betaal. Verliese van lammers was tot so veel as R200000 op my plaas en nadat ek korrek begin jag het is my veeverliese nou tot normale vlakke . Dinge het so verbeter nadat ek ook nagsig gekry het, dat ek begin het om op bure se plase te jag en kon later nie nastenby almal help nie.

As dit by nagsig kom glo ek net 2de generasie monocular werk. Die  ander sien jy net 100m. 'n 2de generasie (+/-R25k) kan jy 'n jakkals op 200m identifiseer en ver sien aankom. Hierdie duur uitgawe is net vir die "Groot" Karoo en erenstige slim Jakkalse, in my geval onontbeerlik....Ek kyk met lingkeroog deur nagsig monocular en skiet met regteroog deur geweerteleskoop.

Die stoel op die 4wiel is op 'n groot "Universal" gemonteer om skuinstes te oorbrug(veral belangrik op 4wielm/fiets). Die Nagsig monocular is langs my geweer en alles beweeg saam. My stoel het spesiale knakke wat maak dat die geweer nie uit jou skouer beweeg as jy op en af kyk nie. Ek roep die Jakkals in met Foxpro en kyk deur nagsig met linkeroog. Gebruik rooi filter en dimmer. As die "Rondloperhond" inkom  kan ek sy oe baie ver al optel, sonder dat daar ligte is wat hom pla, dan wag ek totdat hy naby genoeg is of vassteek. Tot op 70m druk ek net die Laserliggie op my geweer aan en trek die sneller as die helder rooi kolletjie sy hartsnare raak. Vir die skelmmer Jakkals wat verder kom staan, draai ek die dimmer net helderder, kyk met regteroog deur Swarofski en skiet die normale manier. My sukses met die nagsig het baie toegeneem en sal hopelik nooit weer daarsonder wees nie. Ongelukkig kom alle goeie dinge (behalwe ons redding) teen 'n prys. Moenie 1ste generasie probeer nie!

Ek hoop om hierby 'n foto te kan insluit...

[img]http://[/img][img][email][/email][/img]
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Skietstoel

Post by raychell »

Andre
Ek weet nie of dit nou weer my blikbrein se protection is of wat nie maar ek kan nie die fotos oopmaak nie .Iemand laat weet of julle dit kan sien.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Skietstoel

Post by johan »

Ek kan dit nie eers met die nagsig aan sien nie ;D

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Skietstoel

Post by jaracal »

Andre e-mail die fotos vir my ek sal hulle vir jou plaas.

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Skietstoel

Post by jaracal »

Hier is johan se fotos
Image Image Image Image
Groete
h
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel

Post by Freek »

Andre, jy lyk soos 'n wandelende bos met daai "Jakkals tenk" van jou ;D. Grap net, daai is 'n bakgat idee! Die jakalse het nie 'n kans teen jou nie, die kamofleer net breek jou buite lyne nogal goed. Maar ten spyte van al hierdie fansie megaftors is die groot geheim van jou artelerie daai "weapon sight system".
Kort nog net 'n jakkals begeleide projektiel wat deur jou geweer afgevuur word om daai silwer rug te soek en hom na beter weivelde toe te stuur  ;).

Dit is nogal indruk wekkend om te sien met watse idees en planne hierdie ou geharde jakkals jagters mee vorendag kom. Duidelik hou jy nie van sukkel nie. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

jaracal is dit nou johan of andre se fotos..
ek neem aan dis andre sin.
andre mens kry ook n belaklawa wat in camo kleur is,, en skoenveters.....(nee ek grap sommer lol lol lol lol :D :D :D)
jy moet nie dat die weermag jou sien nie,, daar sal geen voetsoldaat oor wees oor 3 jaar nie , almal sal 4 wiel motorfietse ry....
nee man ek kan sien daai jakkalse het jou groot skade gegee... en jy was nie bereid om terug te staan vir moeite nie..
al wat jy kort is n outopilot misiel launcher wat se teiken outomatic  volg en ongeag waarheen hy hol  hom nogsteeds doodskiet....soos daai wat die vliegtuie agtervolg ..
jy het nog nie oorweeg om n chopper aan te skaf nie.....n man moet al die maniere probeer of hoe...
groetnis en sterkte ..
GELUK mens  kan sien jy het moeite gedoen..soos n pel van my se n ou se geld kan maar op raak net solank jou planne nie opraak nie...
en gerrie coetzee se weer hulle kan punte en kruit ook duurder maak , hulle moet net nie ophou om dit te maak nie...
Shoot straight and tell the truth!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skietstoel

Post by Dawie »

Meso
Andr? het 'n micro-light vliegtuigie(werklik),  ek dink hy sukkel net om iemand te kry om uit die ding te skiet saam met hom,  dit neuk maar glo om te vlieg en te skiet.  Maar hy het dit ook al probeer met 'n rollie.  Ons Karoo-boere is bietjie arm vir 'n choppertjie.

Die fotos is Andr? s'n,  hy is 'n man wat probeer wat ander ouens net aan dink.

Ps.  Daai misiele is glo "heat seaking" so hulle sal eers die lammers Tobasco gooi dan mag dit dalk werk.

Dawie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

dawie.
dis soos ek vir die jong laaities se -- daai stories en truuks wat julle aand dink , het ek al gedoen... en die die stories wat julle my wil vertel ---dit is al in my boekie geskryf jare terug..
so praat sommer die eerste keer die warheid dan spaar julle ons albei baie tyd en moeite en geduld..
ek dink andre moet drie dubbel-loop hailguns od shutterguns standaard monteer of sy vliegmasjien en dan net die skoot laat loop as die prooi in die site's kom.
Mens kan ook nie geld wegsteek nie ne...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skietstoel

Post by Caller »

En dan wonder julle nog hoekom CN so probeer keer!!!

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Skietstoel

Post by Mountainman »

As ek daai stoel setup kyk het jy nognet 'n remote control nodig om die bakkie te ry!  ;) :D  :D

Dis 'n grand setup daai.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
tafjak

Re: Skietstoel

Post by tafjak »

Die ou met motorfiets

Draai darie stoel, 360 grade. As dit nie, moet darie stoel nie in die Karoo gebruik word  in die nag nie. Jakkalse laat hulle nie so maklik hier vang nie.

Taffie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skietstoel

Post by Dawie »

Taffie
Ek het die Quadjagbike van Andr? bekyk by hom op sy plaas en sy skietstoel draai 360grade met sleepringe vir die krag van die ligte ens. so hy kan eintlik die heeltyd draai met die cammo-net agter jou rug wat saamdraai.  Wat ook oulik is,  is die skietraam voor die handelbars as jy op 'n gedierte afry kan jy stop en uit die drywer seat skiet.  So jy hoef nie eers agterop die skietstoel te spring nie.......Andr? verskoon my voorbarigheid, ek hoop ek het die storie reg??
Dawie
Andre

Re: Skietstoel

Post by Andre »

Niks wat nie geluidloos 360 grade kan draai nie, sal vir Jakkals werk nie...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skietstoel

Post by Gerhard »

Hier is my killing chair in aksie....

Image

Dit raak erg warm in Desember in Ellisras en bly dan sommer heel nag ook warm.lol

My stoel kan ek op enige bakkie sit met roll bar en tow bar.

Hy moet net in Mei maand gepannel beat word na my ongeluk in Aug laas jaar...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Skietstoel

Post by britsman »

gerhard,
            Mooi Man. En waar kry jy daardie "pattern 83 gevegs baadjie" ?
   
britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skietstoel

Post by Gerhard »

Daai baadjie is spesmag baklei trui so ver ek kan uit vind en nie die standaard baklei trui nie....

Ek het hom vir R20 een oggend op by Pta oos se as gate gekoop toe ek gaan vuilgoed weg gooi het.

Werk lekker,

Het altyd genoeg sakke om ammo en goete te sit.... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel

Post by Freek »

Lekker stoel daai Gerhard. Ek dog dit is 'n nood valskerm wat jy dra, sien nou eers dit is 'n baklei trui... ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietstoel

Post by Christo »

Freek

Ja om so hoog te sit het seker sy nadele, maar een voordeel wat ek kan sien is dat die jakkies dink die spot is net nog 'n maan wat skyn ;D. Hoe ho?r van die grond hoe warmer moet dit ook seker wees ;D of in die somer is die wind seker soos 'n aircon ;D.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Skietstoel

Post by britsman »

Hallo almal,
              Ek weet nie hoe kry julle manne die "power supply" van die voertuig battery tot die ligte op die skietstoel nie, sonder om 'n opgewende elec draad te kry. Ek het eers 'n 12v alternator se sleepringe en brushes gebruik, maar gevind dat die die "voltage drop" (van 12v na 9v) te kwaai is. Ek het toe 'n 12v "generator" gevat en die twee "base plates" aanmekaar gesit met twee "spacers".Ek het 'n vesconite "armature" gemaak met 2x koper ringe (van koper waterpyp) daarop ,waar die + - drade gesoldeer is. Die "gennie" se brushes sleep op die koper ringe. Omdat die "gennie " brushes lekker groot is verloor jy nie elek krag nie.
                  HIER IS 'N FOTO VAN DIE KONTRAPSIE
                                              Image

                britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: Skietstoel

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Praktiese man moes jou naam gewees het.

Kan sien jy het al baie planne moes maak om die voertuig (armour) uit die moeilikheid te kry en vinnig.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Skietstoel

Post by britsman »

Hi Ambessa,
              Dankie. Ek "try" maar.Weet nie of die manne belang stel in die planne? maar sit hulle op.
  Jy moes my plan gesien het om die "canvas" .30 Browning belde vol patrone te maak. Om 10 x 250 met die hand te doen was net blasies op die handjies.
brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Post Reply