.270 Winchester Ladings

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

.270 Winchester Ladings

Post by Pierre van der Horst »

Dagsê manne,

Ek het vir my 'n Sauer & Sohn .270 Winchester gekoop. Kan enige iemand dalk hulle ladings met my deel?
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: .270 Winchester Ladings

Post by NEGE3 »

Baie geluk met 'n puik roer. Ek het 'n Sauer 90 en my lading lyk soos volg:

Kruit 48gr S355
Koeëls Hornady SST 150gr
Ontstekers SCI250
Doppe PMP
TPL 84mm
Groepering op 100mtr 6.5mm
Spoed 2780vt/s

Het ook al die volgende gekry:

Kruit 58gr S385
Koeels Hornady SST 150gr.
Ontstekers PMP
Doppe PMP
TPL 84mm
Groepering 18mm
Spoed 2996vt/s

Groete en geniet hom.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .270 Winchester Ladings

Post by Piet Pille »

Hallo Pierre,

Ek deel graag met jou my ladings. Hou net in gedagte dat ladings van geweer na geweer sal verskil en nie noodwendig sal werk op jou geweer omdat dit in my geweer werk nie. Maks drukvlakke sal ook verskil van geweer to geweer agv. verskille in kamerdimensies, loop knapheid, lotverskille in kruit ens. So maak eers baie seker dat daar nie drukprobleme sal wees voordat jy 'n lading kopieer in jou geweer nie.

1) Koeel: Sierra Pro Hunter 130gr
Lading: S365 - 53.6gr
Dop: RWS
Slagdop: RWS 5333 (magnum primer)
TPL: 84.3mm
Spoed: 3040fps

2) Koeel: Sierra Pro Hunter 130gr
Lading: S365 - 52.4gr
Dop: PMP
Slagdop: RWS 5333 (magnum primer)
TPL: 84.0mm
Spoed: 2950fps

3) Koeel: Rhino Solid Shank 150gr
Lading: S365 - 50.5gr
Dop: PMP
Slagdop: RWS 5333 (magnum primer)
TPL: 82.0mm
Spoed: 2830fps
firewalker
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Dec 20, 2012 11:29 am

Re: .270 Winchester Ladings

Post by firewalker »

53.5 gr s365 met 130gr nosler accubonds TPL 85.00 werk goed in my 270 kry 22mm groepering op 300m
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .270 Winchester Ladings

Post by Frederik »

My enigste goeie lading tot dusver.

PMP doppe
Fed 215 Primers
TPL 85mm
140gr SST Hornady
2890fps
Somchem S365
52 gr
7 mm Groep
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .270 Winchester Ladings

Post by tripodmvr »

Enige geweer is 'n unieke platform en gaan sy eie nukke en grille hê. Die manier om dus ladings te kry wat werk is om groepe te gaan skiet met die komponente wat jy gaan gebruik.

1. Dryfmiddel - S365 * ; S385 of selfs ander
2. Koeël tipe en gewig
3. Slagdop
4. Dop soort - PMP, Nosler ens.

As jy die koeël gekies het bepaal jou max TPL en maak die gebruikte TPL 0,5 na 1mm korter indien dit in jou magasyn kan pas en daar genoeg skag in die nek is om die koeël behoorlik te ondersteun - gewoonlik kaliberdeursnee = 7mm by 270.

Skiet nou verkieslik met S365 en minimum begin lading groepe en gaan op in 1 grein inkremente om akkurate ladings te verkry. Jy kan later met 0,5gr inkremente of minder begin speel om te verfyn. Die' is die ou beproefde manier om akkurate ladings te soek. 'n Meer effektiewe manier is om met die minimum lading 3 tot 5 skote te skiet en dan die verkrygde data deur Quick Load te jaag om dan vir jou die akkurate nodes te bereken. Nou spaar jy op baie komponente en behoort gouer akkuraatheid te kry.
Post Reply