"Compressed load"
-
Johan Scheepers
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Nov 15, 2012 3:56 pm
"Compressed load"
Ek wil graag weet of "compressed loads" gevaarlik is? Ek laai my 30-06 met 155 gr PMP Match en ek wil 55 grein S355 dryfmiddel gebruik maar dan is dit 'n "compressed load".
Is dit aanvaarbaar?
Is dit aanvaarbaar?
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: "Compressed load"
Johan, wat is die persentasie dopvulling wat jy met die 55gr S355 het? Ongelukkig se jy nie wat jou dop volume is nie, dus kan mens nie sien op QL nie.
Met stafie kruit, die wat met n 5 eindig, is 102% mog heel aanvaarbaar, aangesien daar baie spasie is tussen die kruit stafies wat effe kan meegee wanneer die koeel geseat word. Ek reken daar is herlaaiers wat selfs meer gooi. Alles het egter sy beperkinge, en soos altyd moet druk maar ingedagte en dop gehou word.

Veiligheid eerste manne!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Compressed load"
Johan, as jy nie 'n ervare herlaaier is nie, bly weg van compressed loads af. Ek voel nie ervare genoeg om my daarin te begewe nie, maar as jy gemaklik is en weet wat jy doen binne aanvaarbare veiligheidsfaktors, is dit seker in orde.
Aim small, miss small
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: "Compressed load"
Ek het nou die dag op internet gelees die ouens reken dat mens tot so hoog as 110% compressed loads kan gebruik, is dit waar?
(dit is nou obviously as die druk nogsteeds binne perke is)
Groete

Alphamale
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Thu Jul 04, 2013 10:54 pm
Re: "Compressed load"
Manne ek is ook nog baie, baie nuut in die herlaai afdeling, so ek is nie seker of ek reg verstaan nie. Is 'n compressed load nie as jy jou dop vul met meer as wat hy eintlik kan vat nie? As dit so is en Johan wil 55gr ingooi, dan is daar mos nog baie plek in daai dop? As ek verkeerd verstaan, help my asb reg. Sorry Johan, ek wil nie jou post hi-jack nie, maar miskien is daar nog ouens wat saam met my iets kan leer.
CZ 30-06, Burris E1 Fullfield Ballistic Plex
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: "Compressed load"
Presies hoekom ek gevra het wat is sy dopkapsiteid ens. Lyk vir my ook asof sy dop nog nie vol kan wees nie.Alphamale wrote:Manne ek is ook nog baie, baie nuut in die herlaai afdeling, so ek is nie seker of ek reg verstaan nie. Is 'n compressed load nie as jy jou dop vul met meer as wat hy eintlik kan vat nie? As dit so is en Johan wil 55gr ingooi, dan is daar mos nog baie plek in daai dop? As ek verkeerd verstaan, help my asb reg. Sorry Johan, ek wil nie jou post hi-jack nie, maar miskien is daar nog ouens wat saam met my iets kan leer.
Veiligheid eerste manne!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Compressed load"
Ek sien toevallig in die Somchem boekie dat die maks lading S355 met 'n 150gr koeel, 55gr is. Dus behoort die dop dit te kan vat, sonder dat dit 'n compressed load is...
Aim small, miss small
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: "Compressed load"
Aanvaar een ding - alle geweerplatforms verskil van mekaar. Die dopvolumes sal dus verskil en ook a.g.v. tipe dop en vryboor. Saamgeperste ladings is nie gevaarlik nie as :-
1. Die saamgeperste kruit nie die koeël uitdruk sodat dit in die lande vasdruk nie.
2. Die kruit in die dop nie die maks druk gaan oorskry nie.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: "Compressed load"
Hallo Manne
Daar is baie mites in verband met gekompakteerde ladings. Vergun my asb om so paar daarvan aan te spreek. Vir hierdie doeleinde sal ons aanvaar dat die lading binne die veilige drukperk vlakke val.
Gekompakteerde lading beteken dat die dryfmiddel se gemiddelde verplasings inhoud die beskikbare dopvolume oorskrei. Die beskikbare dopvolume is die volume in ag geneem met die koeel klaar geseat in die skag na verlangde TPL. Onthou ook dat dryfmiddel n sekere volume beklee en hierdie word uitgedruk in hoeveel volume die dryfmiddel vul per gewig. Hierdie syfer word gewoonlik uitgedruk in g/cm3. Wanneer hierdie syfer die beskikbare dopkapasiteit oorskrei word dit gesien as n gekompakteerde lading.
Met die twee soorte dryfmiddel tot ons beskikking nl bal poeier en stafie poeier moet ons hulle eienskappe ook in ag neem. Bal poeier is nie werklik geskik vir gekompakterings ladings nie. Die het n tendens om te "cake" of klonte te maak wat dan die gevolg het dat die korrels in die middle van die klont nie ontbrand nie. Verlaagde en wisselvallige snelhede is die uiteinde en hierdie kan verseker gesien word as gevaarlik indien jou aplikasie gevaarlike wild jag is. Hierdie was die einste rede hoekom die 458 Win Mag so slegte reputasie ontwikkel het toe daar met erge gekompakteerde balpoeiers gelaai was.
Met stafie poeier gebeur hierdie gelukkig nie vanwee die poeier se samestelling. Gewoonlik is al beperkende faktor hier dat die poeier nie die koeel weer kan uitstoot nadat dit geseat is op die se verlangde diepte. Hierdie kan verhoed word deur die koeel te krimp wat nie altyd die idiaal is veral met kleiner kalibers nie. Met ladings wat hierdie tipe probleme lewer word daar gewoonlik gebruik gemaak van n lang droptube tesame met vibreering om uit te kom by die tipe kompaktering. Hierdie sal gewoonlik net aangepak word deur gevorderde herlaaiers maar is geensins gevaarlik nie.
Baie mense se vraag is dan nou hoekom n gekompakteerde lading? Om hierdie te antwoord gaan kyk n mens na die teoretiese aspek van herlaai. n Mens wil graag strewe na n poeier wat jou 100-102% dopvulling gee sonder om die maksimum druk vlakke te oorskrei. Die grootste rede hiervoor is konstante ontbranding wat gewoonlik stabiele ES vlakke lewer. Konstandheid is the name of the game as dit by akkuraadheid kom. n Poeier wat aan hierdie kreteria voldoen kan ook gesien word as die idiale dryfmiddel vir die spesifieke kaliber en die gegewe koeelgewig.
Vir diegene wat nie toegang het tot programme soos QL om te sien waar die dopvullings persentasie le nie, kan gewoonlik in hulle herlaai handleidings kyk waar n gekompakteerde lading gewoonlik met n + aangedui word. Deur net ook na die vlak te kyk waar die poeier in die dop le en n koeel langsaan te sit waar hy op die verlangde TPL lengte is sal n mens kan sien of kompaktering gaan plaasvind. So in kort stewe eerder na n bietjie kompaktering van jou poeier as n dop waar jy die poeier kan hoor wanneer jy hom skud.
Groetnis
Wouter

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: "Compressed load"
"So in kort stewe eerder na n bietjie kompaktering van jou poeier as n dop waar jy die poeier kan hoor wanneer jy hom skud."
So Wouter moet ek nou meer kruit gooi totdat ek nou kompaktering het? Wat as jou tpl so is dat die koeel se skag/bootstert interseksie nog bo die dop skouer/nek interseksie is? Dan kan dit mos n baie warm lading word.
So Wouter moet ek nou meer kruit gooi totdat ek nou kompaktering het? Wat as jou tpl so is dat die koeel se skag/bootstert interseksie nog bo die dop skouer/nek interseksie is? Dan kan dit mos n baie warm lading word.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: "Compressed load"
303
n Mens moet n tipe poeier kies waarmee jy wel hierdie tipe dopvulling kan kry sonder om die maksimum drukvlakke te oorskry. Jy kan mos nou nie met n poeier wat op 90% dopvulling die maksimum drukvlak lewer net aanhou gooi totdat die 100% vlak bereik word nie. Hierdie sal mos nou totaal onveilig en onsinnig wees.
Maak nie saak wat jou TPL is nie, want soos reeds gese dopvulling persentasie neem dit in ag. As daar plek in die nek oor is soos jou voorbeeld word dit ingereken met die beskikbare kapasiteit in die dop. n Program soos QL neem al hierdie faktore in ag met beide die dopvullin en drukvlak voorspellings.
Groetnis
Wouter
n Mens moet n tipe poeier kies waarmee jy wel hierdie tipe dopvulling kan kry sonder om die maksimum drukvlakke te oorskry. Jy kan mos nou nie met n poeier wat op 90% dopvulling die maksimum drukvlak lewer net aanhou gooi totdat die 100% vlak bereik word nie. Hierdie sal mos nou totaal onveilig en onsinnig wees.
Maak nie saak wat jou TPL is nie, want soos reeds gese dopvulling persentasie neem dit in ag. As daar plek in die nek oor is soos jou voorbeeld word dit ingereken met die beskikbare kapasiteit in die dop. n Program soos QL neem al hierdie faktore in ag met beide die dopvullin en drukvlak voorspellings.
Groetnis
Wouter
-
Johan Scheepers
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Nov 15, 2012 3:56 pm
Re: "Compressed load"
Wouter, baie dankie vir 'n uitstekende verduideliking van gekompateerde ladings. Ek het nog altyd so gelaai dat ek die dryfmiddel in die doppie kan hoor. Maar na dese het ek my idee verander!