Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinhoewe

Items for "Pay forward"/ Items om later te betaal...
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinhoewe

Post by Gert Odendaal »

Ek het `n Rifrug teef wat nou `n nuwe blyplek moet kry, verkieslik `n plaas waar sy kan hardloop. Sy het te veel energie om in my dorps erf te bly. Hierdie hond het `n lieflike temperament, sy is wonderlik met klein kindertjies. Sy is baie beskermende teenoor my as eienaar en familie. Hierdie is `n baie wakker dier en patroleer gedurig, daar sal nie ongewenste elemente rond beweeg sonder dat sy dit weet nie.Ek kan haar nie meer akkommodeer in my klein dorps erf nie. Ek wil haar ook nie laat uitsit nie, dit is nie my manier van dinge doen nie. Ek hoor graag van iemand wat bereid is om haar oor te neem en mooi na haar sal kyk. Sy het onlangs `n werpsel gehad en hulle is almal reeds verkoop.

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Landy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Landy »

Hi Gert
Net jammer jy is so ver anders sou ek haar gevat het
Hoeveel gewere is genoeg?
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Alwin »

PM gestuur.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Gert Odendaal »

Dankie manne, dit was maar hartseer om my mooi hond op `n ander man se bakkie te sien wegry, dit is sulke oomblikke dat `n man besef hoe geheg jy aan jou diere raak. Maar die nuwe eienaar het die hond vir sy seun kom kry , hulle bly op `n tien hektaar stuk grond, Ounooi sal lekker daar hardloop en duiwe vang...ek bederf my ou Boerboel meer , hy kry nou tot meer kos... ;D :laugh:

Fotos van sy gewone ete, die tweede bak is vir sy bederf.....

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/Y1010111_zps7434ce41.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/Y1010113_zps3edcdc8f.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/Y1010112_zps38dcc5ba.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Hugov »

Hello oom Gert.

Moet hierdie asb nie verkeerd opneem nie maar die groot rasse vrek vinnig van hart versaking ek het dit die harde manier geleer met my boerboel en great dane.... Dieet is bitter belangrik vir die groot ras brakke en kan heelwat meer lewensjare toevoeg. Kyk eerder na een van die erkende honde kosse soos Hills, Vets choice, Royal canin,ens spesifiek vir 'Large breeds' dit kos ongelukkig n paar rand maar ek glo oom se hond is dit werd.

PS tensy hierdie net n bederfie is trek ek dan my woorde terug ;)

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Gert Odendaal »

Dankie Hugo, ek waardeer die raad, ek gee vir hom groot honde pille, hierdie is maar `n bederf wat bestaan uit honde maalvleis(petmince) wat ek so eenkeer `n week gee. Ek stap ook gereeld met hom, wil nou begin fiets ry sodat hy kan saam draf maar ek is bevrees ek gaan rondgesleep word as hy agter ander honde aan gaan.... :laugh: :laugh: :laugh: Vertel my meer van die hartversakking wat by die Boerboel ras voorkom? Ek hoor graag meer asb?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Hugov »

Hello Oom Gert.

Soos ek dit verstaan kry hulle taurine en carnitine deficciency wat ly tot dilated cardio myopathy.
(Groot pap harte). Dit is eintlik al die groot ras honde wat hier aan kan ly.

Die hills,vets choice en ander brands sit die taurine en carnitine by.(Essential amino acids)

Ek is seker hy sal goed doen met sy gewone pille, wou maar net deel dat ek my hond vroeg verloor het oor te veel bederf.

Groete en mooiloop H
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinho

Post by Gert Odendaal »

Baie Dankie Hugo ek waardeer dit, ja dit is maar groot hartseer as `n man sy hond aan die dood moet afstaan, hierdie hond is werklik `n plesier om as `n vriend te he. Dit sal maar `n hartseer dag wees...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply