Naand manne,
Ek sien hier is nie inligting oor die Airforce gewere nie, so ek sal so bietjie info gee. Soos die hoofskrif se, die gewere is nie speelgoed nie. Dis wel die mees 'veel doelige' gewere in die pcp mark. Hy kan vir so te se enigiets aangewend word.
Die geweer kom std met n LW 'match grade' loop wat hom die akuraatheid gee wat mens van n pcp verwag. Lope kan ook binne n paar minute geruil word vir n ander kaliber, as jy bv n .177 loop in het maar die dag is bietjie winderig, kan jy jou 5,5mm loop insit om sodoende swaarder ammo te gebruik.
Krag is verstelbaar deur middel van n eksterne verstelbare klep wat op enige 'power level' gestel kan word. Dan is daar ook die 'power wheel' aan die linker kant van die geweer waar jy die 'pre-load' op die hammer veer kan verstel-as jy bv buite skiet maar vir een of ander rede binneshuis wil skiet kan jy die krag af bring.
Die gewere kom in 2 modelle, die Talon/SS en die Condor/SS. SS beteken die geweer het n ingeboude knal demper. Die Talon is n lieflikke geweer vir ons toestande hier in SA. Ons het nie n groot verskeidenheid ammo soos wat die Amerikaners het nie, ons sn is relatief lig so ons het nie vreeslik baie krag nodig nie. Die Talon kan n 13,7gr Jsb teen 1100fps stoot maar selfs dit is te vinnig. Ek hou my MV op 920fps, die gee vir my genoeg krag met maksimum akuraatheid.
Die Condor is moeilikheid, hy kan op sy hoogste verstelling meer krag lewer as n .22 met std ammo. Op die verstelling het hy n helse blaf aan hom, baie harder as n .22 sn.
Maar hy kan ook verstel word dat hy dat jy rustig in jou agter jard skiet sonder dat jou buurman iets hoor-met n knaldemper op natuurlik.
Hier is my Condor met die 5,5mm loop, ek gebruik hom vir lang afstand skiet, ens. Jsb pellets is nou skaars so ek kan tussen lope rond speel soos wat pellets beskikbaar is.
Die ander foto wys n 100m groepering wat in n redelikke sterk wind gedoen is.
http://www.google.com/url?q=http://www. ... uIYbvnktpw
http://www.google.com/url?q=http://www. ... o7dDG16-Ww
Hier wys Cedric, die man wat my al baie gehelp het toe ek met die Airforce gewere begin het hoe mens koeldrank blikkies op n 1/4 myl skiet-ongeveer 400m
http://www.google.com/url?q=http://www. ... Pmyq5w1ADw.
Daar is hopeloos te veel inligting om alles te noem, as iemand iets wil weet-vra gerus.
Groete Nick
Niemand se speel maatjie nie.
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Niemand se speel maatjie nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Skiet on Sat Jul 27, 2013 8:14 am, edited 5 times in total.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Niemand se speel maatjie nie.
En wat prys so 'n gedoente, vind nie op die web op nie bykans als is geblok by di lodge 
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Niemand se speel maatjie nie.
Alec, die Condors gaan vir rofweg R8500 en die Talon so R7500. Helber International in Boksburg voer hulle in.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Niemand se speel maatjie nie.
Die 5.5 lope moet mens dus 'n lisensie voor aansoek doen?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Niemand se speel maatjie nie.
Johan, nee. 5,5 is nog nie .22 nie. Ons pellets is 5,52mm en .22 is 5,56mm(?). Dis n baie klein verskil maar jys veilig as jy n 5,5mm windbuks of pcp koop. Daar is bitter min van die ou .22 windbukse oor.
-
Toppie201
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Wed Apr 10, 2013 7:26 pm
Re: Niemand se speel maatjie nie.
Sumatra gewere sien ek is net so powerful en akuraat.
