.375H&H Restorasie en herbou projek

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie Johan , ek hoop nie ek stel jou terleur nie, ek hoop die geweer is soos wat jy verwag het, sou gewees het, as die .375H&H Magnum klaar gebou is.... ;D :)
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by vlakvark1 »

Ja oom Gert dit lyk na baie fyn werk en baie geduld
Eerder mens se tyd vat en dit reg doen as haastig werk en dan moet dit dalk
oor gedoen word
Hou so aan en sterkte
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Baie dankie Schalk, ek het nou meer tyd om spesifiek aan die v-express sight te bestee, my sy-lyn projekte is klaar gebou en ek moet nog net `n roterende geweer bankskroef bou , (twee, een vir my en een vir Johan).

My fokus is nou om die v-visier te frees teen 60 grade op die twee punte sodat dit kan inskuif op die 1/4 rib. Dan die loop profiel uitfrees en pasmaak, dan die neusprofiel ontwerp en invyl/frees. Ek wil nog die scout-mount prosedure uitwerk om die Leupold Scout teleskoop te monteer. Dan moet ek nog die Leupold teleskoop aankoop.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Wapenwinkel/kluis is gesluit vir die langnaweek. Nou kan ek `n boek of twee gaan lees en nog `n projek gaan uitdink. Ek gaan vandag my skiettafel vassement op die plaas. Sal volgende week weer gewere en visiere bou... ;D ;D :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Kluis is nog gesluit Johan jag die afgelope week en sal Maandag terug wees, ek het intussen weer `n nuwe plan of twee uit gedink.... ;D :laugh: Ek weet net nie waar ek al die dae in een jaar gaan kry om al die projekte te doen wat ek nog wil doen nie....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Johan is terug van die jag af. Ek het vandag spandeer om die plaatjie(200 meter) te vyl dat hy kan op en af kan knip. Dit is `n baie stadige proses en letterlik word `n honderdste van `n millimeter af gevyl om die plaatjie te laat skarnier. Hier kan maklik foute gemaak word. Dit is maar weer die volgende werksmetode: spuit met merkblou-ink, pas die plaatjie, beweeg die plaatjie, haal die plaatjie af, kyk waar die ink afgesmeer het, vyl die deeltjie weg. Spuit die plaatjie, pas die plaatjie, haal die plaatjie uit, kyk vir merke, vyl die merke weg, en so hou jy aan tot die plaatjie kan op en af knip...dit is nou eers die eerste plaatjie, daar is nog die 300 meter plaatjie wat gedoen moet word.

Ek sal more weer `n paar fotos van die proses oplaai...maar tenminste is ek weer aan die werk en wil die visier teen vrydag op die 1/4 rib insny.

Johan is weer volgende week besig met `n jag, dan sal die werk weer stilstaan, maar ek kan dan die geweer bankskroef begin frees. Ek is intussen ook besig om `n miniatuur bankskroef te bou waarmee ek al my fyn werk kan in plaas en afwerk.

Sal fotos neem en oplaai.

Ek gaan die miniatuur bankskroef -bouprojek op `n ander forum plaas waar ek en `n paar lede die projek saam gaan bou. Dit gaan die eerste van so `n soort groep-bouprojek wees op die internet wat ek al gedoen het. Dit behoort regtig interessant te wees om die proses op die internet te doen. Die forum is manne van New Zealand se wapen forum.

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/images1_zps9b989092.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/images_zps489fd75d.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by KalahariKlong »

Gert Odendaal wrote:Wapenwinkel/kluis is gesluit vir die langnaweek. Nou kan ek `n boek of twee gaan lees en nog `n projek gaan uitdink. Ek gaan vandag my skiettafel vassement op die plaas. Sal volgende week weer gewere en visiere bou... ;D ;D :laugh:

Oom Gertt, ek kan darm self nie wag om die eind produk te sien nie.
Oom het mos klaar gedink - die 8x68 is mos nou volgende op die lysie..

Dankie vir al die moeite om hierdie projek met ons te deel so srap vir stap.

Groete
KK
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie vir die positiewe terugvoer KK, ek wil nou einde se kant toe stap met die projek, ek moet een of ander tyd met die werklike wapensmid werk in die kluis betrokke raak. Ek sal die 8x68S `n bouprojek maak vir my Wapensmid handleiding wat ek besig is om te skryf, die werk en fotos sal ek in die handleiding opneem.

Ek sal byvoorbeeld `n kolf ontwerp en dan stap vir stap bou en dit as `n afdeling in die wapensmid handleiding skryf. Dan die aksie behandel en byvoorbeeld die" bolt face" haaks kry en poleer, die "feeding ramps " oopmaak, die "locking lugs lap" ens en dit inskryf en fotos plaas in die handleiding en so deur die meeste wapensmid tegnieke gaan. Die handleiding sal dan dien as my portefeulje wanneer ek registreer by SASSETA vir `n applikant wapensmit.....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek het vandag die eerste plaatjie(200 meter) amper klaar gevyl om in te pas, daar is nog net so 0.5 mm staal wat ek moet uitvyl om die plaatjie mooi regop te laat staan. More sal ek die plaatjie klaar gevyl het en dan met die tweede plaatjie(300 meter) begin dit behoort so drie dae se vylwerk te wees. As die plaatjies almal mooi regop staan en mooi plat le sal ek die punte van die visier teen 60 grade frees sodat die visier in die 1/4 rib kan inskuif met die hulp van `n koper pons. Die visier moet pasmaak inskuif wat dit nie met die terugskop van die geweer sal uitskuif nie. Fotos van die vyl proses, ingeeurs merk ink , pas en uithaal en spuit proses om die plaatjies te laat pas.:

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010350_zps363ac4cb.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010349_zps524a609b.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010347_zpsd1ec78fb.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010343_zpse5486491.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010343_zpse5486491.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010345_zps681c1081.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010346_zpsd97cda33.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010344_zps0cbaaa34.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010342_zps55d768e8.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010339_zps64dce7c3.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010337_zpsc45823e2.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010341_zpsfa6ad021.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010331_zps1f1eaa18.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010330_zps586efd59.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Geen werk moontlik gister nie, "transformers " het gebrand gister, ESKOM sukkel om op dreef te kom, hoop daar gaan vanmiddag elektrisiteit wees in die kluis.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by LongWolf »

Gert


Die fyn werkies is darm fyn om te doen en om dit reg te doen is groot geduld nodig, maar wanneer jy hom gaan klaar het gaan jy met heimwee terugdink aan al die moeite, al die ure en jy gaan n gevoel he in jou hart wat geen ander sal verstaan nie.

Geniet elke oomblik van al die moeite.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie Francois,
jy is reg, dit neem tyd en baie geduld, een ding wat ek moes aanleer was om my spoed/tempo radikaal aan te pas afwaarts, ek is van nature `n persoon wat alles baie vinnig doen. Met die geweerbou proses moes ek in die begin baie dinge oordoen omrede ek te haastig was. Nou sal ek voor ek begin werk `n tyd skedule vir myself opstel, bv.twee dae om die plaatjie in te vyl en te pas, as ek dit vinniger reg kry en dit is korrek gedoen dan is dit `n bonus. Die fyn werk dwing my om baie analities te dink, ek moet kan uitwerk waar ek wat moet weg vyl en waar ek wat moet groter maak, anders maak ek foute.

Maar langs die roete leer ek baie, nuwe maniere en tegnieke om `n beter produk te lewer, om buite die kassie te dink, anders te redeneer, dit is maar `n paar veranderinge wat plaasvind as `n mens die roete neem.

Maar daar is regtig nog `n lang pad voor, as die metaal-dele klaar geblou is moet die "checkkering" nog gedoen word, wat ook `n rukkie gaan neem. Maar teminste is die geweer dan klaar gebou. Ek kan miskien reeds volgende jaar `n eland in Botswana gaan skiet, sal kyk wat lewer die nuwe jaar op... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by LongWolf »

Sterkte vir die pad wat nog voorle.

Ek weet hier is saam my baie ander manne wat rustig sit en wag vir die eind produk.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek het vandag die laaste (300 meter ) plaatjie ingevyl. Die plaatjie het vinniger gegaan as die eerste een. Ek het toe sommer nog `n tweede v-express sight gefrees vandag want ek het die tyd gehad om vandag voor die freesmasjien te staan.Ek moet wanneer Johan terug is die v-express visier onder die oppervlakte slypwiel plaas om die twee plaatjies presies gelyk te kry en mooi glad te maak. Maandag gaan Johan op `n jagtog en ek kan nou eers weer gaan werk as hy terug is. Ek sal intussen aandag aan my roterende geweer bankskroef gee. Ek kan met die masjiene werk want dit staan nie in die kluis nie.

Ruan werk nog aan sy "tumbler" ek kan hom daarmee help dan kan ek teminste my .404 doppe skoon kry.
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010370_zpsfe5640de.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010372_zps147922b0.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010360_zps80b60358.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010373_zps97a666f4.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010349_zps524a609b.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

.375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Die v-express visier moet nog smaller gemaak word. Ek sal as Johan terug is die "surface grinding " deel doen. Hier is nog `n foto of twee van die ekstra v-visier raam wat ek vir gietwerk gaan gebruik om meer visiere te bou. Dit sal die vervaardigings tyd minder maak.


http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010356_zpsc9e69e38.jpg

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010355_zps992fedcf.jpg

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010353_zpsfc97dc78.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik »

Gert, het jy al jou ure bymekaar getel met die werk dit gaan seker 'n heel paar wees.
Ek sal graag die finale produk in my hande wou sien en dalk skoot skiet.
Goeie werk daar.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Goeie Dag Frederik
Dit is goed en reg so, ek het die kolf vir my liggaam ontwerp en die geweer hanteer baie gemaklik, terugskop is minder as my broer se 30.06 Bruno. Ek gaan soos voorheen reeds uitgewys is, die geweer`n scout mount stelsel maak, waar die Leupold Leupold FX-II Scout Scope voor die aksie monteer gaan word op die 1/4 Rib waarop die v-express sight gaan inskuif met `n swaelstert. As jy die .375 H&H Magnum kom skiet gaan ek sommer die .404Jeffery gee om ook `n skoot of twee te skiet sodat jy die verskil tussen die .375 en die .404 Jeffery kan voel(dws as jy nie `n .404 Jeffery het nie), altwee gewere is lieflik om mee te skiet.

Kom maak asb. `n draai as die geweer klaar gebou is , dit sal lekker wees om van die forum se manne in die oe te kyk en vir jou `n lekker beker koffie te maak, die wapenwinkel het van die lekkerste filte rkoffie wat ons vir die besoekers gee... ;D ;D

`n Skakel om meer van die scout mount te wys.
http://www.youtube.com/watch?v=8H_9uARJXHo
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik »

Wat is nou 'n uur se ry vir 'n lekker koppie koffie skreeu maar as die gewere klaar is? ++>:
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by BRNO (Pierre) »

Frederik wrote:Wat is nou 'n uur se ry vir 'n lekker koppie koffie skreeu maar as die gewere klaar is? ++>:
Laat weet my as jy gaan asb. Ek sit sommer links voor ;)
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal »

Frederik/BRNO 06 (Pierre)
Julle is meer as welkom, ek gaan vir julle skreeu as die geweer klaar is, koffie is natuurlik op die huis. :D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by jamalley »

BAIE MOOI, GERT - Ek volg die reeks nou al lank en sien jy vorder baie goed - lekker as 'n ou self so iets kan doen en die regte masjiene het
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Laat weet my as jy gaan asb. Ek sit sommer links voor ;)
Wat is nou 10 minute se ry vir 'n kouetjie of 'n koffie my vrou gaan nie daarvan hou as ek vreemde mense laat links voor sit nie ? :laugh:
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
Frederik wrote:Wat is nou 'n uur se ry vir 'n lekker koppie koffie skreeu maar as die gewere klaar is? ++>:
Laat weet my as jy gaan asb. Ek sit sommer links voor ;)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by BRNO (Pierre) »

Frederik wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Laat weet my as jy gaan asb. Ek sit sommer links voor ;)
Wat is nou 10 minute se ry vir 'n kouetjie of 'n koffie my vrou gaan nie daarvan hou as ek vreemde mense laat links voor sit nie ? :laugh:
Ok, ok. Ek sal maar agter sit. Solank ek net kan saam!!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik »

Pierre, ek het maar net genoem ons bly so naby mekaar ons hoef seker nie te wag om Witbank toe te ry om te ontmoet nie.
Post Reply