Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek begin die topic dat ons apparate en goeters kan bespreek wat NIE werk nie.
"There's a sucker born every minute" is die moto van mense wat die gemors aan mense afsmeer.
Ek is bietjie teleulgesteld dat die topic van die "Skaapwagter" van die forum af is, aangesien daar mooi voorbeelde was van hoe die ding nie werk nie. Nou kan toekomstige lede nie oplees oor die tekortkominge van die ding nie.
'n Ander belaglike produk wat ek verneem boere op geld verloor het, en my verstand te bowe gaan, is 'n ding wat 'n "Field Broadcaster" genoem word.
Ek dit die eerste keer op Merweville se skou gesien..
Dis in stuk PVC pyp wat jy in die grond plant met 'n coil storie wat om 'n fishpaste vlessie gedraai is. Die coil in die grond gebruik die aarde se magneetveld om energie te gee vir die fishpaste grote glas potjie iewers boontoe aan die ding.
Binne die potjie sit jy 'n stukkie verkoolde jakkals (of van goed wat jou skade gee). Dan werk dit in op die "GEES" van die jakkals wat ongemak vir hom veroorsaak en dan trek hy of gaan weg.
Die goed is nie goedkoop nie, het gehoor van boer wat R40 000.00 spandeer het op die K.
Naand Dawie
Die klokkies,af dan nou die blikkies met 'n klippie of iets in wat jy om die skaap se nek hang werk ook gladnie. Ek het self 'n paar lammers gesien wat uit hul klokkies uit gevreet was deur die jakkalse. Dit het kompleet gelyk of die jakkalse agterna sokker gespeel het met die klokkie.
Die giflose halsbande bleik ook maar onsuksesvol te wees. Hier het ek heelwat skape gesien waarvan die boude uitgevreet was terwyl die arme skaap nog lewe.
Dis maar net 'n loodpil of ysterkake wat werk.
Dawie, wat het van die mense met die Skaapwagter geword wat hier op die forum so positief was oor die toestel se sukses?
Foxcreek wrote:Dawie, wat het van die mense met die Skaapwagter geword wat hier op die forum so positief was oor die toestel se sukses?
Dis afgehaal...
Ek dink almal wat iets te sê het oor "goed wat nie werk nie" o.a. b.g kan hulle ondervinding en die produk hier bespreek as waarskuwing vir die res van ons. As iemand iets wil verdedig is hulle ook welkom.
Baie veri mark produkte wat adverteer word op TV werk nie? Daai verf pen wat krapies op jou voertuig in jap trap laat vedwyn WERK nie!! Het dit probeer R100 gemors op gemors!
mariusr wrote:Baie veri mark produkte wat adverteer word op TV werk nie? Daai verf pen wat krapies op jou voertuig in jap trap laat vedwyn WERK nie!! Het dit probeer R100 gemors op gemors!
marius hy werk redelik op ligte krappies,maar diep krappe waarvan die verf af is werk dit nie
Ek het bietjie gaan lees oor die Broadcaster, want ek kon nie glo daar is mense wat sulke bollie glo nie, wat nou nog te se om dit te koop. Maar ja, daar is werlik mense wat dit glo. Hier is 'n aanhaling uit die wynmaker van Avondale Wine Estate se blog, julle kan dit self gaan lees:
The biodynamic farmer can use the Three Kings preparation in a number of different ways, such as stirring up the tincture in a solution in the prescribed way and sprinkling it as you walk the boundary of your farm. At Avondale, we make use of it in our field broadcaster which contains a map of our farm. Sceptics may say that there is no way that a homeopathic remedy such as this could have any influence on protecting one’s farm from natural disaster. However, our recent experience of a raging inferno that bore down on Avondale for three days and nights; and yet repeatedly turned away at our boundaries, makes me thankful that we have included the Three Kings in our biodynamic way of farming!
Die man glo daai PVC pyp ding het ge-broadcast dat die vuur nie by hulle moet uitkom nie! Pleks trust hy die Drie-enige God, want ek het 'n gevoel daai drie konings en sy Broadcaster gaan vir hom drop een of ander tyd.