Oordoen van Beretta a300

Post Reply
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Oordoen van Beretta a300

Post by .243 »

Naand manne, my beratta wat ek present gekry het se lisensie is laasweek goedgekeur. Die geweer was nie goed opgepas nie en ek wil graag die geweer oordoen, maar het 'n paar vrae as iemand my dalk kan help.

Die geweer se kolf is vol krap merke, ek gaan die kolf afskuur maar wil nou weet waarmee ek die hout moet behandel om 'n donker kleur te kry. 'n Vorige keer met 'n ander geweer het ek "boiled lindseed oil" gebruik, dit het goed gewerk maar die kolf 'n baie ligte kleur gegee.

Die geweer se metaal het ook krap merke, nie so erg op die loop nie maar die gedeelte voor dit. Ek sien mens kry produkte wat mens jou geweer self kan oor "blue", het iemand dit al gedoen? Hoe ingewikkeld is dit? Of is dit beter om dit maar te laat doen?

Die buttplate van die geweer is stukkend, waar sal mens weer so een in die hande kan kry?

Enige hulp sal waardeur word.
Landy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm

Re: Oordoen van Beretta a300

Post by Landy »

Ja ek sal ook graag wil weet het ook n .22 wat baie verniel is
Hoeveel gewere is genoeg?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Oordoen van Beretta a300

Post by BRNO (Pierre) »

Ek is tans besig met my tweede hout kolf, dus het ek nie baie ondervinding nie, maar kan jou so bietjie advies gee. Jy begin maar die kolf afskuur met n 200 grid papier. Soos hy skoner raak kan jy funer gaan tot 600. Enige diep krapmerke kan jy n effe nat lap vat, en met n strykyster oor die merk met die lap tussen in stryk. Dit kom wonderbaarlik uit. Die 600 grid papier, sal werklik die gevoel gee van die gladste afwerking ooit.

Schaftoll het n clear, medium en dark olie. Ek gaan die dark op my tweede kolf gebruik, aangesien die hout baie lig in kleur is. Hulle indtruksies se duidelik dat jy die olie moet aanwend terwyl dit warm is. Dus kan jy dit in water kook. Dit maak sommer die olie so lekker loperig. Nou smeer jy dat aan met n linne lap. Jy behoort n baie mooi afwerking te kry op die manier.

Enigste raad met die yster gedeeltes se krappe is her-blue, of een van daardie produkte.
Veiligheid eerste manne!
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 727
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Oordoen van Beretta a300

Post by obasch »

Daardie A300's het 'n glans vernis afwerking. Ek sal begin om dit te stroop met paint-remover, dis nou met alle metaaldele van die geweer afgehaal van die hout af.
Na die afskuur met fyn skuurpapier en die duike uitgestryk maak jy die kolf nat dat die hout se "hare" rys, laat dit droog word en skuur dit af met staalwol. Hierdie proses herhaal jy tot jy dink die kolf is glad genoeg en dan doen jy dit nog en nog en nog en nog en nog............ Elke keer word die hout gladder. Eers dan begin jy met schaftol.
Post Reply