Skelm jakkals terug en net slimmer

rednat

Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Het verlede jaar 'n jakkals gehad wat glo nie vang nie. Hy het 'n bekende spoor. Trap skeef met linkervoorvoet ( seker yster ). Ons bure besluit toe om hom nou nie te henner nie en te kyk hoe dit werk. So raak hy op sy eie tyd gewoond aan die lig en roepery sodat jy hom later glad nie meer sien nie. Hulle vang toe sy teef in yster en hy vat toe 'n teef wat ken van skaapvleis en toe is die hel los.
Die afgelope twee maande verdwyn hy nadat sy kenners bygekom is. Dinsdagnag is hy terug en ek gaan soek hom Woensdagaand. Hy kom in op die kat/jak sonder om 'n oog te wys tot so 400 meter (geskat volgens sy roep ) en dan joudel hy soos hy in die verte verdwyn.
Gee raad ek luister graag.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Yalair »

rednat
Probeer hom in die dag vroeg oggend of laat middag, sonder bakkie en kruip lekker weg, wie weet net dalk is jy gelukkig.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Rednat amper se ek Baasjan. ;)

Hy sal jou nog baie gryshare gee as hy nie volgende keer geskiet word nie. Skoon kat-klank is al nou met distress of baklei4 lank na kat. Die staanplek en weer moet ook 100% reg wees.

Voorspoed en ek is bly ek sal die ou nooit hoef te ontmoet nie.

Taffie
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Verduidelik hierdie weerstorie. Toe ek 'n kursus gedoen het so 3 jaar terug was dit nie ter sprake of het ek al vergeet.
dankie.

Baas Nat
Last edited by rednat on Fri Mar 06, 2009 11:10 pm, edited 1 time in total.
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Yalair
Die probleem is die w?reld is wyd en hy loop sov?r ons kan vasstel tot 25 kilo per nag met so 1 of 2 keer per week dieselfde koers.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Dawie »

Rednat
As jy van die weerstorie praat verwys jy na die barometer kykery?  Dit intereseer my ook,  lyk my nie almal glo daaraan nie.

I.v.m jou krompoot skelm,  ek mag verkeerd wees en dalk my onkunde ontbloot,  maar wat van rondry en soek in die nag sonder om te roep?  Ek het al 'n paar oues so op afgery en geskiet,  wees net "quick on the draw" hulle het partykeer die manier om so oor die 200m te stop en terug te kyk vir 'n vlietende oomblik as jy nie kans sien om hom te klop terwyl hy beweeg nie.  Ander kere as jy bv. oor 'n bultjie gery kom,  staan en kyk hy jou aan uit verbasing,  skiet net voor hy agterkom wat aangaan m.a.w gou.  Hoe skelm kan hy nog raak? 

Ek laat die gedagte oor aan die experts om af te skiet of nie.  Ek's gelukkig dikvellig.

Sterkte
Dawie 
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Rednat

Het gisteraand voor ek lappe gaan trap het jou geantwoord en vanmore het iemand die reply gesteel! Wetie wat met my aangaan nie en sal nou weer probeer.

As ek van weer praat is dat dit windstil moet wees om die jakkals so naby moontlik aan die remote te kry en dan kan jy nog lekker goed hoor ook. Bly weg van onduidelik/onsuiwer klanke en dan hoef die klanke ook nie hard/loud te wees nie. Die lokvalletjie wat jy wil voorberei vir so 'n jakkals kan dan ook in windstal aande beter gedoen word. Min roep en geduld is dan ook die wagwoord. Sorg ook dat jy die nuwe teef en jonges skiet en dan sal dit makliker wees om ou July te skiet.

Weersomstandighede was nog altyd op die spyskaart van Hein se kursusse en ek dink dat jy maar net vergeet het.

Groetnis

Taffie

N.S. Net dooie jakkalse vang nie en gebreklike (skewe voorvoet) ouens hou van jonger fikser maats.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Yalair »

rednat
Dan stim ek met Taffie, probeer om sy neskuurigheid uit te buit + min as moontlik lig somaar ander kleur as wat hy gewoond is rus lekker uit dit gaan 'n lang nag(te) wees. As die nie werk probeer maar ander metode, sien jy weet wa kruppel July loop
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Kruger »

Rednat, jy het my volle simpatie ou maat. Ek het 'n stukkie grond so 60km van waar ek woon en daar het ek eindelose probleme. Vir 6 jaar lank vreet 'n spesefieke paar my bankrot. Ek het alles probeer met hulle, sonder sukses. Taffie is ook aan hulle voorgestel, maar hulle het geweier om te kom groet. Probleem is dat van my bure en ander in die omgewing jakkals skiet as sports sien. Die tipe sports wat 'n bottel brandewyn of n kas bier agterop die bakkie insluit. Ook met honde en slagysters kon ek nie iets regkry nie totdat ek later moed opgegee het. Ons terrein en plantegroei beperk jou baie met roep. Oktober verlede jaar skiet ek toe die teef en 7 jongspan by hulle nes, maar reun ontwyk. Drie weke later skiet ek sy nuwe vrou by hom, maar weereens kry ek nie n skoot op hom nie.

Twee weke gelede sien ek van waar ek woon af hoe 'n donderbui opsteek en aftrek na daardie grond toe. Ek ry af daarna toe en wag in die reen totdat die bui verby is waarna ek dadelik begin roep. Binne 30 minute kom die ou soos 'n onnosel jong jakkals reguit roeper toe aangedraf. Dis by verre die oudste reun wat ek nog geskiet het. Dis nou 'n lang storie, maar wat ek wil s? is hou moed. Dit gaan dalk lank vat en dit gaan jou waarskynlik geld kos, maar sy dag sal kom. Moedhou!
Winners never quit - Quitters never win.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Taffie is ook aan hulle voorgestel, maar hulle het geweier om te kom groet.
Sien julle nou, ek sukkel maar net so lekker. Manne die weer, staanplek en geduld ding werk die beste by sulke jakkalse en Kruger kan dit bevestig.

Taffie
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Baie dankie almal, ook vir die simpatie.
Met die weerstorie bedoel ek iets anders as die gewone stil/effenswindjie aand. Ek soek die storie rondom die barometer en sekere onweertoestande.
Ek glo bv. daaraan dat as dit na donker donderweer re?n en die weer trek oop met 'n effens maan dan loop die jakkalse en is dit skiettyd.. Ek was nog nooit na 'n lekker donderweerbui teleurgestel nie, dan loop hulle.
Re?n net so min by ons.
Skewevoet loop op die oomblik alleen en gee nie sy oog nie. Hy hou in gebied waar redelik ho? bosse voorkom en kan nie daar agterna ry nie en sig is sleg.
Jy hoor hom net KA- KA- KA- Ka- soos hy groet.
Het probleem met buurman wat dink jy kan hulle doodjaag help ook nie om met hom daaroor te praat nie. Hy kan nie help nie verloor net kop.

Rednat
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Dawie »

Barometer besigheid het ek gehoor Tommie Caldo,  by sy pa,  is nogal 'n ou wat die storie na kyk.  Ek het sy telnrs. wil dit net nie op die forum plaas sonder sy toestemming nie.  Ek weet nie of hy dieselfde tommies is op die forum nie.

Dawie

Ps. ek sal eers more weer online kan gaan
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Calldo »

Dawie

Dankie vir die oproep. Die barrometer ding is maar iets wat die "Majoor" by my wakker gemaak het. Gaan oor Coyote wat baie aktief is wanneer die weerglas vinnig sak en sneeu storm oppad is in VSA.

Let Wel: Niks wat ek nou s? is 'n re?l nie. Het al op slegte aand ook geskiet.

Ek het 'n Silva drukmeter, neem temperatuur en windspoed ook. Ek gebruik die druk setting op hpa. Die gemiddelde druk hier in Vic-Wes is 870. Die afgelope 3 jaar was die laagste druk 858hpa en die hoogste 885hpa. Dit beteken vir iemand anders in 'n ander area niks want die druk verskil met hoogte bo seespie?l. Die konsep behoort egter te werk.

Ek het 'n voltydse werk, so probeer my aande so goed moontlik kies want ek kan nie more aand weer skiet nie. Moet seker iewers rus ook?

Wanneer die druk te vinnig styg of te vinnig daal waai die wind sterk. Wanneer ek 'n jag beplan neem ek die druklesing die oggend voor ek die huis verlaat. Laatmiddag neem ek weer die lesing. Goeie Jakkals weer hier by my is tussen 874 en 882hpa. Indien die barrometer te vinnig daal verwag ek sterk wind en indien dit onder 868 daal het ek maar min moed.

In die somer met donderweer fluktueer die druk heelwat en is die gemiddelde druk ho?r. Gedurende die winter is die druk weer gemiddeld laer. EK stem saam met Rednat en Kruger dat jakkalse baie mooi loop net na 'n donderbui. Het al goeie sukses so gehaad. Ek stem ook saam met die dat katte baie aktief is voor 'n kouefront inkom. Katte het ek al op snaakse druk geskiet. Gewoonlik op besonder lae druk.

Vir my is die grootste voordeel van die drukmeter dat ek weet of die wind vanaand gaan waai of gaan l?. Jy kan dit net bepaal as jy soggens en saans druklesings neem.

As ek my nie misgis nie verstaan Lourens G die besigheid ook goed. Sal graag jou kommentaar wil hoor?

Groete
Tom

NS: Hou Lood In Die Lug! ;)
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Caller »

Calldo/Tom

Lekker om van jou te hoor. Jy moet meer praat oor die weer ding want dit lyk my meerkat wil nie meer met my praat nie. Sien jy het jou barometer al mooi bemeester.

Ek het vir 'n jaar in 'n weerstasie gewerk (Potshefstroom/ P.W. Botha en Seuns) en weet ietsie van die weer af.

Die druklesing is bietjie laag op jou barometer. Ek dink ek het dieselfde barometertjie as jy (Silwa Windwach) en hy werk baie lekker. hPa (Hecto Paskal) is presies dieselfde eenheid as Millibar. Die eenheid is eintlik die Millibar en is deur ene Pascal (Fransman) geformuleer. So 'n hele paar jaar terug het hulle besluit om ou Paskal te erken vir sy bydrae en die eenheids naam na  Pascal verander (Kilo Pascal/ Hecto Pascal ens.) Dus is dit presies dieselfde eenheid. In Suid Afrika word die hPa deesdae, amptelik gebruik. Die Silva gee ook die ou eenheid "in Hg" (wat by kwik barometers gebruik word) en wat beteken " kwik hoogte in duim". 

Jou barometer is veronderstel om ingestel te wees om "herlei te wees na algemene seevlak" (sodat jy dit met gewone weerkaarte kan vergelyk), maar jy kan dit op werklike druk ook gebruik (dit lyk vir my joune is op werklike druk). Die normale standaard druklesing by seevlak in S.A. is 1013 hPa . Omdat jy by Boufortwes ho?r l? as seevlak, sal die druk by jou normaalweg effens laer as algemene seevlak wees. Die druklesings in Bloem by my huis, wissel van 1004 hPa (Kouefront) tot 1035 hPa (hoogdruk) en is met die amptelike barometer van die Weerkantoor by die lughawe, vergelyk en gekalibreer.

Wat jy moet doen is om op 'n topografiese kaart, presies te kyk wat die hoogte bo seevlak by jou barometer is. Jou elektroniese barometer word dan ingestel vir daardie hoogte en hy werk die druklesing automaties uit soos herlei na algemene seevlak. Gee hom 15 minute kans en lees die lugdruk. Bel dan die Weerburo in Bloem of jou plaaslike weerkantoor en vergelyk Boufort se druklesing met joune. Die Silva barometers kan gekalibreer word, sodat jou barometer en die weerkantoor s'n dieselfde waarde lees.

Nou kan jy dit gebruik soos jy dit tereg doen.

My teorie oor die ho? aktiwiteite na donderbuie, is omdat die voggehalte hoog is. Hoe ho?r die voggehalte, hoe beter werk 'n jakkie se reukvermo?, totdat die vog te hoog raak en dan 'n nadelige effek op die reuke het (lang storie).

S? maar as jy nog iets wil weet. Ons moet hierdie "topic" eintlik onder die regte post bespreek.

Caller

 

       
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Caller

Wil by jou weet of donker- en volmaan 'n invloed op die glas het en wat gebeur by onderskeie mane. Rondom volmaan voel die weer net vir my baie beter.

Taffie
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Roelo »

Ek wil weet of julle op volmaan jag en hoe? want ek sien dan alles op my bakkie en my skaduwee sonder om n lig aan te sit. Gaan die jakkals my nie van te ver af sien nie
Geweldig man Geweldig
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Caller »

Taffie

Die son het in 'n mindere mate 'n uitwerking op die barometer (weerglas/glas), maar dit het te doen met die hitte wat deur die son verskaf word, wat weer 'n invloed op die lugmassas het wat dan uiteindelik die barometer be?nvloed. Die uitwerking is in die vorm van 'n soort lug gety golf, wat om die aarde beweeg saam met die son en is so klein dat jy sensitiewe apparaat nodig het om dit te meet. Ons sien elke dag die uitwerking van die verhitting van die lug deur die son, op die barometer na 'n langer (12 uur) tydsduur van verhitting. Ek het nog nie iewers opgetel dat die maan 'n invloed op die barometer het nie, alhoewel ek vermoed daar moet ook so 'n golf wees. Ek glo die maan moet 'n invloed h? op die lug volumes net soos wat dit 'n invloed op die water volumes het.

Onthou, dit is nie die fisiese lugdruk, wat die jakkals aktiwiteite bepaal nie, maar die invloed van die lugdruk op die omgewing waarin die jakkals lewe. Die verskil in lugdruk het dan 'n positiewe of negatiewe uitwerking op die omgeweing wat die jakkals bevoordeel of benadeel en dus sy vlakke van aktiwiteite bepaal.

Dit is interresant hoe die jakkies en ander diere weet wanneer die lugdruk verander. Hulle neem dit waar ingevolge die afstand wat klank trek by verskillende weerstoestande, bv. ho? lugdruk - klanke trek verder teenoor laer lugdruk - klanke trek nie so v?r nie.

My afleiding is ook dat die volmane, beter weerstoestande het. Mooiweerstoestande gaan gepaard met stabiele hoogdruk toestande. Lyk my die meeste wetenskaplikes ontken dat die maan 'n uitwerking op die weer het. Daar is egter 'n ou in Nieu Zeeland wat sweer by weervoorspelling deur die maan( The home of long term wether forecasting).

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Caller

Dit is net dat die weer rondom volmaan so lekker is om in te jag. Lekker stil aande ens. My grootste suksesse le rondom volmaan, veral ou jakkalse. Ek jag wanneer die weer vir my reg is en haat wind. Ek skiet vir geld en kan nie bekostig om goeie weersomstandighede die rug te keer nie. Skiet ook as die nood druk op winderige aande, maar selfbeheersing is maar moeilik as ek nie gemaklik en gelukkig is nie. Kan ook nie jag met bakkie vol nonsens nie, word te maklik ge"side track" daardeur.

Ek sal dan nie die naweek in Bloem wees nie, maar defenitief die 24ste April as die braai nog sal realiseer.

Groetnis

Taffie
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by MEERKAT »

Caller

Wag vir jou oproep intussen bekyk ek solank die weer in jou wereld.

Die enigste probleem in sommige dele van ons wereld is dat donderweer partykeer vir 5 jaar kan wegbly.

Om vir donderweer te wag is 'n moeilike enetjie.

Al wat ek weet is dat  (druk humiditeit en so aan) nie sodanig katte beeinvloed nie maar wel die maan.

Meerkat is weer uit sy gat.(Witkruise draai weer op ander plek)
MEERKAT
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Caller »

Taffie

Smaak my ons is karperde (jakkalse van dieselfde haar) as dit by die smaak van die weer kom. Ek geniet die volmaan nagte in die veld, maar hier is die w?reld te oop vir jakkalsjag op die volmaan. Hier is wel dele met bos, waar dit seker kan werk. Vir my ook, hoe minder wind hoe beter.


Meerkat

Die katte laaik om te loop as die barometer wys dat 'n front op pad is. Jy is reg oor die vog. Ander Saterdag aand (28 Feb '09) 'n rooikat mannetjie ingeroep wat eintlik nat was soos hy deur die gedoude gras ingekom het. Maar gekom het hy gekom.

They don't call me Caller for nothing . ;D ;D  ;D

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Freek »

Taffie, daai braai gaan gebeur... al woon ek hom alleen by.  ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Skewevoet trap nie meer spoor.
Slagyster is en bly noodsaaklik vir die skelmjak en het weer gewerk.
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by katjak »

Rednat ou Broer. Ek laaik dit as n man so praat. Die ou " Leg holding device" werk elke keer.Baie meer geduld as wat ons kan dink om te he
        Groetnis Katjak
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo rednat / katjak

Hoe nou gemaak as die slagyster en ook die " Leg holding device" permanent verban gaan word?

Watter opsies is dan oor? Opsies wat effektief is om die skelmste van skelm vangers aan te tree?

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Christo »

Almal

Die ou wyse manne het altyd ges? dat dit die 2 weke voor volmaan en die 2 weke na volmaan die beste kans vir re?n inhou ??? geld maar seker vir die jakkalse ook. Wat dink die slimmes hiervan?

Skiet maar die hele maand as die weer saamspeel.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply