Husky soek nuwe tuiste

Items for "Pay forward"/ Items om later te betaal...
Post Reply
fredm
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Mar 27, 2013 9:07 am

Husky soek nuwe tuiste

Post by fredm »

Ons het 'n 2 jarige Husky reun (een blou oog) wat nuwe huis moet kry. Hond het spasie nodig en my van alle molle verlos. Midrand. Pm vir inligting
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Husky soek nuwe tuiste

Post by grumpy »

Hoekom wil jy ontslae reek? Ek moes so 2 weke terug my reun laat uitsit weens ouderdom en sy agter bene wou nie meer nie. Was baie hartseer en nat oe. Ek het nog my 2 tewe wat baie nice is. Gaan loop hom net gereel en gee hom speelgoed anders word hulle stout en verveeld. Dis hoekom hulle stout is. Myne swem en speel gereeld met hulle speelgoed. Kry die wilds bene en bloedvleis van die jagte.

Laat weet maar hoe vorder jy.
fredm
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Mar 27, 2013 9:07 am

Re: Husky soek nuwe tuiste

Post by fredm »

Ek het nog altyd herdershonde gehad, soos jy sal weet het die Husky 'n heeltemal ander temprament as die GSD's. Ons het die hond gekry omrede die vorige eienaar 'n 500m2 erf gehad het en dit 'n resep vir skade is, ek bly op 'n groot erf.

Ek is gewoond aan my GSD's, en die Husky is nie my eerste keuse nie, so die rede is dat ek voel daar is beter huise vir hom as by my.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Husky soek nuwe tuiste

Post by grumpy »

Dis moeilik. Jy kan hom ook nie net vir enige iemand gee nie want jy weet nie of hulle die hond gaan gebruik vir baklei en of hulle hom gaan liefde gee nie.

Laat ek probeer vir jou help om vir hom n huis te kry. Ek het reeds ook n Rifrig kruising wat in die huis slaap en ek is bang vir baklei met die twee.

Ek sal probeer help.

Stuur my pm met jou nommer.
fredm
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Mar 27, 2013 9:07 am

Re: Husky soek nuwe tuiste

Post by fredm »

Ja, dit kan probleem wees. Hy is ok met my ander twee GSD's. Ek het hom laat regmaak, miskien het dit van sy woema verminder maar jy is reg, hulle het nogal 'n domonante streek.

Ek is nogal selektief vir 'n huis. Ek dink baie (dalk selfs die een) eindig in 'n huis waar die kind 'n oulike hondjie will he. Later kom die ouers agter dat hulle nie skoothondjies is nie.
Post Reply