Pryse van haelptrone herlaai

Post Reply
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

Goeie more vriende ek wil graag hoor by die van julle wat herlaai vir haelgeweer wat die kostes daaraan verbonde is en of dit die moeite werd is . Ek gebruik hoofsaaklik no5 S/B patrone 32gr vir tarentaal , kolgaans en wildemakou . Ons dorp se geweer winkel hou net no7 en no5 aan . Die voel jag het my behoorlik gebyt en ek sal graag wil herlaai . Groete Toy
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Beretta »

Die koste is relatief as ek dit so ian stel dit hang af wat die komponente jou kos. Ek glo dit is nog steeds goedkoper. Maar hoor maar wat die ander manne se.
Beretta
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Stefan764 »

My beskeie opinie is jy gaan nooit jou insetkoste terugmaak op voel jag nie...

Kleie skiet is n ander saak, daar glo ek in die long run is dit die moeite werd.

Hang ook af waste tipe masjien jy gaan koop, wat jou kostes gaan wees om die eerste patron te laai...

Maar ek luister ook maar as die groot hone praat, nie n ekspert nie.

Groete
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

Wel ek skiet so 2 pakke sewes n naweek en klompie no5 , maar ek voel dis dalk n lekker hobby om in die week te beoefen . Anders bly ek maar by wiskey en braai . :laugh: Wat ek graag wil weet is die pryse van die komponente . En ja as ons duiwe skiet dan loop die patrone soos water .
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Toy.
Kontak vir Matt by Kaapjag. Hy het 'n vriend daar in jou omgewing wat herlaai en sal jou dalk op die regte spoor plaas.

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by vriell »

Toy, Op 'n ander forum was die herlaai storie bespreek tussen 'n paar manne en wanneer jy bulk koop kry mens nogal goeie afslag en spaar maar bitter min met herlaai in so 'n geval .Ek self herlaai maar vir die rede dat my ou haelgeweer nie vandag se ladings kan skiet nie ( ou harrington ) en selfs dit is nie werklik goedkoper nie maar ongelukkig kry ek nie voldoende ammo vir die ou geweer nie en moet maar noodwendig self herlaai. Ek gebruik die LEE laaistel . Moet noem dat dit nogal maklik en gou gaan om te herlaai vir 12br . Koste gewys spaar mens nie veel meer as 20c op 'n patroon nie tensy mens van die komponente spot goedkoop kan kry nie.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5141
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Pvdw »

Slagdop 50-60c
Kruit 65-70c as jy S121 gebruik
Wads 22-30c
Lood 40-80c 40c is herwinde lood by kleibane teen R180/2l bottel.

Dis kostes soos ek weer laasweek gekyk het. Nou moet die press bykom??

Peet
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

7mm ek is hier in moorreesburg en ons moet bietjie bymekaar uitkom. Ons is mos n klipgooi van mekaar af. Ja Len ek wil maar die stokperdjie begin. Dit sal lekker wees om jou patrone self te laai en na n dag se stap in die veld met n makou huis toe te kom wat jy met jou eie patrone geskiet het. So kom ons vergeet maar die kostes en kyk na die fun. Ek het n ou gekry met n shotmaker so ek is nou hooked.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Gawie(13mm) »

Toy, ek sal probeer om Albert se nommer vir jou te kry.
Hy boer by Koringberg en daar is 'n lekker mini-veldskiet op sy plaas, Remhoogte, op die 7de Desember.
Daai man is mal oor hael gooi. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Kruger »

Mits jy toegang het tot goedkoop lood en jy maak jou eie hael is dit baie goedkoper as gekoopte ammo. Ek het vir lank my eie patrone gelaai, eintlik totdat die kleiduif gogga dood is. Daarna die gereedskap verkoop. Dis maklik, gou en effektief.
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

7mm Albert is my neef en ons sien mekaar elke week . Ek bly ook in Koringberg . Ja die man is self ook erg stout oor hael gooi . Baie dankie vir julle manne se raad en insette . Ek het al so 50kg lood bymekaar gemaak . Wat ek kan aflei is dat ek heelwat spaar op die no5 as ek self laai maar dalk nie so baie op no7 , maar vergeet die geld gedeelte ek wil dit doen vir n hobby en hier is ook nie altyd patrone beskikbaar om te koop nie . Groete
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by JTM »

Hoeveel keer kan 'n gewone plastiek haelgeweer dop herlaai word? Gebruik julle sommer herwinde fabrieks doppe of koop julle nuwe leë doppe?
Jannie Welman
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

Ek weet nie hoeveel keer jy hom kan herlaai nie maar doppe is vollop . Jy tel hulle op by die manne wat baie kleie skiet .
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Pappabeer »

Toy, my beskeie opininie:

Ek is bitter bang vir n plastiek dop meer as twee keer laai. Die brass kop raak "flimsy en ek het al gekry dat die kruit verby die pluisie val, wat bitter gevaarlik kan wees as n pluisie weens dit in die loop agter bly. Dit beïnvloed natuurlik jou koste redelik.

Ek laai ook haelgeweer (16 & 12 Boor), maar verkies om armour brass doppe te gebruik. Hulle hoef nooi. Hervorm te word nie en jy sal doodgaan voor jy hulle oplaai. Die nadeel is dat hulle swaar is om te dra en duur is om te koop. Hulle is egter veilg om te laai, gee bietjie hoër druk, dus gebruik jy minder kruit, en werk met n standaard pluisie. As jy dit vir die stokperdjie wil doen sal ek daai roete oorweeg. Hulle kan met die Lee Load All gelaai word, of met die mees elementê handlaai toerusting.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by toy »

Vriell as jy mooi terugdink sal jy my onthou in die dae van die radio network . Meeste van ons was op die B25"s . Sal jou n pm stuur . (183) . Dankie Pappabeer ek hoor wat jy se , en sal beslis daarna kyk .
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Kruger »

Nee man, daai plastiek doppe is volop. Jy tel hulle op na n skiet en laai hulle, so maklik soos dit. Jy hoef hulle nie meer as een keer te laai nie, tel net nuwes op.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by vriell »

Toy jy is reg . Ek het ook so gedagte gehad maar was nie heeltemal seker nie. Lekker ou dae ......

Ek laai my no7 met 24gr en het die plastiek doppe al paar maal gelaai sonder probleme.Hou ingedagte dat dit BAIE ligte lading is en dus uit die aard van die saak die doppe langer laat hou.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Gert223
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:40 am

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Gert223 »

As jy ernstig is oor ganse skiet dan moet jy herlaai en kan die hael by suburban guns in die kaap koop, om die hael self te maak is n helse storie glo my ons is besig met die proses maar nog ver van klaar af baie trix verbonde. Die hael by suburban guns kos so R75 per kilo dan het jy die 28g watt nodig, meng 2/3 no 3hael en 1/3 no 1 hael saam gemeng. Ms 200 kruit Die lee herlaaier met die verstel bare kruit chuck 171 en die hael chuck 1 1/8. Daar is nie n beter lading vir ganse en makoue nie.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Beretta »

Manne
Die xpert is Remington hy laai ook self. Blaas jou loop as jy klaar geskiet het jy sal dan so kan seker maak daar sit nie n wad in jou loop vas nie.
Beretta
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Pryse van haelptrone herlaai

Post by Kruger »

Ek het duisende self gelaaide haelpatrone uitgeskiet en nooit enige probleme gehad met die betroubaarheid of veiligheid daarvan nie. Koste sal afhang van die prys van komponente en hoe dit vandag vergelyk met gekoopte ammo weet ek nie. Destyds was daar n groot besparing, veral as jy self jou hael maak, en toe het ons nog goedkoop Swartklip haelpatrone gekry. Afhangend van komponent pryse reken ek die besparing kan dalk selfs meer wees vandag aangesien haelpatrone nou alles ingevoer word.
Post Reply