243 ackley improved

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Renier Mostert
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Dec 15, 2012 9:57 am

243 ackley improved

Post by Renier Mostert »

Hi julle! ;D Ek wonder of enige iemand my kan help met n lading vir my 243 ackley improved. Ek het n 28"  1op10 PAK-NOR Super-Match loop met n Rsa enkelskoot aksie.

Baie Dankie.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 243 ackley improved

Post by Jacquesb »

Hi Renier
Gaan stel jou gerus voor daar by nuwe aansluitings, dan weet ons met wie ons gesels.

Vriendelike Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Renier Mostert
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Dec 15, 2012 9:57 am

Re: 243 ackley improved

Post by Renier Mostert »

Jammer dis n 26" loop!
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 243 ackley improved

Post by Jacquesb »

Renier,
Gaan search, daar is baie besprekings oor herlaai van 243 AI

Sterkte
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: 243 ackley improved

Post by Vaalboer »

Hi

Ek benodig bietjie raad... ek het normaalweg 45 Grein S385 gelaai in Norma doppe met 107 grein Nosler CC vir 2970 vps. Hierdie lading is geskiet so .5 mm van die landings af. Dit was std 243 Ruger VT met 26 duim loop 1:9 twist.

Nou is die roer ge-Ackley. Die kamer is oorgesny en ek het so 1/2 duim looplengte prysggegee. Ek wil steeds die 107 greiners @ 2950vps tot 3000vps skiet. Sal dieselfde lading dieselfde spoed gee? My "jump" is so 2mm-2.5mm korter.

Hoor graag..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243 ackley improved

Post by Wouter Roets »

Hallo Renier

Eerstens baie welkom hier op Jaracal en ons hoop jy gaan dit gate uit geniet.

Om vir jou enigsins te kan help sal jy darem so bietjie van n indikasie moet gee wat jy wil doen met die geweer. Afstande wat jy beplan om te skiet sowel as teikendiere wat beoog word. Hierdie tel natuurlik ook vir as jy net baanskiet ingedagte het. So skree dan loer ons vir jou.

Vaalboer

Spoedverlies is die uiteinde van as jy dieselfde lading in die nuwe Ackley kamer skiet vanwee die groter dopkapasiteit. Aangesien jou vryboor redelik baie verkort het kan dit n noemenswaardige spoedtoename weer veroorsaak. So die uiteinde is skiet daai lading met n aangepaste TPL en gee sie spoedlesings deur. Onthou nodespoed verander vanwee die feit dat jy effektief met n nuwe caliber te doen het. Dit beteken ons sal n nuwe nodespoed met die Ackley vir jou moet uitwerk. Gee al die informasie soos benodig dan loer ons vir jou.

Groetnis
Wouter
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: 243 ackley improved

Post by Vaalboer »

Hi

Dankie vir die terugvoer! Wat het jy nodig om die nodespoed uit te werk?

Skiet jy ligte koels of swaarder koels in jou ruger?

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243 ackley improved

Post by Wouter Roets »

Vaalboer

Gaan kyk asb onder Riglyne vir QL navrae deur Ludwig vir al die informasie benodig.

Ek gebruik my 243 Ackley basies net vir oeswerk en skiet n 70gr Nosler Balistic Tip uit die 20 duim loop met n 1:9 twist. Wanneer ek op n koeel besluit gaan daar baie dinkwerk in waarvan optimale nodespoed gepaardgaande met die looplengte n belangrike aspek is. Ek het sekere teoretiese vereistes in n lading wat ek nie sommer uit sal beweeg nie. Verder moet die koeel terminal die werk kan verrig en n BC beskik wat genoegsaam saam met die spoed is op die verlangde afstand met betrekking tot windskuif. My verdere kreteria is dat die spesifieke lading se trajek moet korrespondeer met my ander kalibers wat ook vir dieselfde tipe werk aangewend word. Hierdie skep vertroudheid tussen die verskillende kalibers wat vir my van kardinale belang is.

Ek is jammer as ek hierdie ding nou uitrek maar prober net verduidelik dat koeelkeuse eintlik n multifaset proses is en dalk nie so eenvoudig as wat baie mense dit afmaak nie.

Groetnis
Wouter
Post Reply