Haelgeweer slug ???

henti
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm

Haelgeweer slug ???

Post by henti »

Naand manne ek het nou gesoek na artikels vir haelgeweer slug maar kry niks onder haelgeweer.

Kan die manne dalk so bietjie raad deel met die slug hoe ver kan jy skiet trajek wat kan mens met n slug skiet enige raad sal n wenner wees

Groete
Hentii
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by vlakvark1 »

Henti ek weet nie hoe vêr sal n slug effektief wees om mee te jag nie maar ek het altyd
die bosvarke met die 12boor en slugs gejag tussen die perskebome . Vêrste skoot wat ek geskiet het en dit was
n doodskoot was 35m en selfs op daardie afstand was die vleis skade sommer baie. Gelyk of ek
die vark met n kanon geskiet het
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by JPS »

Henti,

Ek het enkelloop haelgeweer met LER Scope op. Ek skiet gemaklik op 50m uit die vuis uit met hom in 5 cm kol. Werk baie lekker vir varke soos VV hierbo verduidelik.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Haelgeweer slug ???

Post by mariusr »

Het so paar jaar terug gelees van ou wat buffel met so slug geskiet het uit sy 12boor! Die punt is aan die ander skouer gekry net onder die vel! Dis 600 of 800gr punt daai as ek nou reg is het nog paar in die kluis!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Giepie »

Ek soek so paar slug rondtes. Het al by paar plekke navraag gedoen maar nog nie geluk gekry nie. Waar sou ek kon kry, wat se soorte kry mens, hoeveel kos dit? My haelgeweer kan dit vat al het dit 'n gladde loop binne.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Haelgeweer slug ???

Post by mariusr »

Pasop net vir lope wat ge "choke" is! Dink jy sal die loop beskadig met slugs? Swartklip het altyd gemaak en weet brennekke maak ook slugs! Moet se lanklaas gesien!?Het altyd in pakkies van 20 gekom as reg onthou en was heelwat duurder as normale 12boor! Goedkoop manier vir "back up" op gevaarlike wild vir kort afstand! Ek sal nie twee keer dink om slugs te gebruik nie! Skiet 'n koek hou!!!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Christo »

Giepie, as jy herlaai vir jou haelgeweer kan ek jou help met slugs.

Dit is groot sports om met hulle te skiet. So slug gaan gemaklik deur 3 olie dromme, 210l size.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Giepie »

Dankie Christo, maar ek het besluit om nie handwapen en haelgeweer te herlaai nie. Ek skiet nie genoeg haelgeweer daarvoor nie, weet ook nie van iemand naby wat dit doen nie. Handwapen skiet ek weer te veel op 'n slag en sien nie kans om hulle herlaai nie. :)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Christo »

Giepie wrote:Dankie Christo, maar ek het besluit om nie handwapen en haelgeweer te herlaai nie. Ek skiet nie genoeg haelgeweer daarvoor nie, weet ook nie van iemand naby wat dit doen nie. Handwapen skiet ek weer te veel op 'n slag en sien nie kans om hulle herlaai nie. :)
as jy in die kaap kom kan ons vir jou klompie slugs saamstuur huistoe.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Scrappies »

Naand Manne,

Ek het self met die idee begin speel om my haelgeweer te gebruik vir varke.
Ek het so 2 weke terug navraag gedoen oor slugs by Gerrie Coetzee hulle in Bfn. Hulle het toe nie gehad nie maar die prys was in die R15/patroon. Kom in bokse van 10. Wel teen daai prys Dan skiet ek maar my kwes. Wat wel n opsie vir my is SG of LG rondtes.
Hoe ver sal n man met hulle kan jag? Ek hoe sal vleis skade wees.

Luister graag.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Haelgeweer slug ???

Post by mariusr »

Vir akkuraatheid sal ek se 35meter max!? Moontlik bietjie verder maar ou sal eers moet oefen op die baan om te sien waar jou skote val! Vleiskade behoort nie te veel te wees nie want die slug trek mos maar stadig al is die nou swaar punt breek nie maklik op met die lae spoed sal ek se!?
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by vlakvark1 »

Ek het so in die omtrek 100 bosvarke al met my 12br en slugs geskiet en glo my as jy die voorste blad been tref gooi jy altwee die voorste blaaie weg. Daai slug loop dalk stadig maar maak
n baie groot gat

As jy die vark voor die blad kan skiet dan is die vleis skade min. Met LG of SSG dan kry
jy gewoontlik die hele vark vol haëlkorrels
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Geno »

Vroeer die jaar het een ou wat saam ons gejag het 'n vlakvark op 125 treë raakgebewe met 'n slug.
Was heel moontlik net 'n poks.

Ekself het al 'n eland koei met 'n slug op 35m geskiet.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Haelgeweer slug ???

Post by LUAN »

Ek het S&B slugs gekoop in pakkies van 5 vir R22 die ander dag. Dink hulle is 36gram.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by vlakvark1 »

Geno wrote:Vroeer die jaar het een ou wat saam ons gejag het 'n vlakvark op 125 treë raakgebewe met 'n slug.
Dankie Geno. Lekker gelag vir die een :laugh: :laugh: :laugh:
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by hencohugo »

.303 wrote:Ek het S&B slugs gekoop in pakkies van 5 vir R22 die ander dag. Dink hulle is 36gram.

Daai is n bargain. Hier by ons kos hulle R49 vir pakkie van 5. Wil jy nie vir my die nommer stuur van waar jy hulle gekoop het nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Christo »

.303 wrote:Ek het S&B slugs gekoop in pakkies van 5 vir R22 die ander dag. Dink hulle is 36gram.
Klink soos verniet, jy sal nie eens kan herlaai teen daardie prys nie.

Ek sal 20 pakke vat as daar nog oor is. Asseblief.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Danie Lombard .243

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Danie Lombard .243 »

Een ou se slugs is OK in choke lope en ander se nee. Ek het Beretta A300 met drie sirkel merke op loop wat se die loop is half choke. Ek het al verskeie kere slugs geskiet, Brenecke asook cast tiepe wat my swaer self cast en laai. Geen probleem ondervind met die half choke loop en die slugs, of is ek te onosel om die skade waar te neem? Is die NO GO net van toepassing op een sirkel merk lope wat full choke is?

'n Slug gevuur uit 'n haelgeweer beskik oor veel meer energie en penetrasie as wat die algemene persoon ooit kan besef. 'n Slug is 'n meneer van 'n koeel.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Giepie »

Die Mossberg KB395 wat ek het word op hulle brosjure aangedui dat slugs gebruik kan word op die SelctChoke, maar dit moet vol oop wees.

Ek stel ook belang in van daardie slug ammo.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by hencohugo »

Hier is 'n foto van my "slug gun".
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Haelgeweer slug ???

Post by LUAN »

Julle wat die slugs soek kan vir Arc en Arms bel in King williams town 0436424555
Weeti hoe julle gaan maak om dit by julle te kry nie. Wonder of hullle al die fout agter gekom het en die prys aangepas het dis minder as R5 n skoot.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by Petrie303 »

hencohugo wrote:Hier is 'n foto van my "slug gun".
Shoe, baie mooi geweer!! waar eht jy daai kolf gekry? Pla die Swivel waar hy buig nie so bietjie as jy skiet nie?

Groete,
Petrie
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by hencohugo »

Petrie303 wrote:
hencohugo wrote:Hier is 'n foto van my "slug gun".
Shoe, baie mooi geweer!! waar eht jy daai kolf gekry? Pla die Swivel waar hy buig nie so bietjie as jy skiet nie?

Groete,
Petrie
Hi Petrie

Ek het dit by Guns and Bows gekry (verwysing van Geno). Neewat dit pla nie, daar is 'n sagte "pad" onder die swivel.

Groete

Henco
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by ou Bles - Gert »

Manne ek lees nou almal se post oor die slugs. Nou wonder ek of my haelgeweer geskik sal wees om slugs met veiligheid te vuur? Dis n 32duim enkel loop met n vaste full choke die geweer dateer daar van 1933 af.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Haelgeweer slug ???

Post by douw »

Sal ook wil hoor of ek met my 410 "slugs" kan skiet?
Post Reply