Johan
Die drukpiek wat ek gegee het is teen die nodespoed wat gehaal moet word. Onthou ons het nou net QL se default waarde gebruik vir S321 en sal eers hierdie waarde kan kalibreer indien ons werklike data(spoed) ontvang soos jy dit gemeet het in jou stelsel. Ek het ook nie jou TPL gehad nie so het ook sommer op die default waarde van QL gewerk.
Jy is verseker welkom om te skree met die 260 AI.
Groetnis
Wouter
223 ACKLEY IMPROVED
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: 223 ACKLEY IMPROVED
Wouter ek wil jou weer pla. Ek het baie goeie groeperings gekry met my 52gr Noslers. Ek wil nou graag laai met 60gr Noslers en 75 Hornady Varminters. Ek is op soek na ladings vir beide in dieselfde geweer. Ek sien daar is `n lading op http://www.6mmbr.com/223rem.html waar hulle 24.5 IMR4895 gebruik met `n 75gr A-max. Ek sal graag wil kyk na `n lading vir beide S341, S335 en S321 op die genoemde gewigte.
Sal jy dalk asb weer kan help.
Groete
Johann
Sal jy dalk asb weer kan help.
Groete
Johann
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 223 ACKLEY IMPROVED
Hallo Johann
Bly om uiteindelik te hoor dat die raad toe gewerk het. Jy kan na my vorige post gaan kyk waar ek klaar n nodespoed gegee het vir 60gr koeels. Jy kan maar bietjie om daai spoed gaan speel vir beste groepering. Soos reeds gese sal jou 1:12 twist loop dalk probleme he om hierdie lengte koeel te stabiliseer. n 1:8 is die aanbevole groefdraai vir n 75gr koeel in 224 kaliber, so jy het n beter kans om swanger te raak as om goeie groepe met die koeels te kry.
Sorry daaroor. Sal hulle wel by oorneem as jy klaar gekoop het. Is dit A Max'e?
Groetnis
Wouter
Bly om uiteindelik te hoor dat die raad toe gewerk het. Jy kan na my vorige post gaan kyk waar ek klaar n nodespoed gegee het vir 60gr koeels. Jy kan maar bietjie om daai spoed gaan speel vir beste groepering. Soos reeds gese sal jou 1:12 twist loop dalk probleme he om hierdie lengte koeel te stabiliseer. n 1:8 is die aanbevole groefdraai vir n 75gr koeel in 224 kaliber, so jy het n beter kans om swanger te raak as om goeie groepe met die koeels te kry.
Groetnis
Wouter
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: 223 ACKLEY IMPROVED
Hallo Wout,
Een van die ouens in NW het `n 308 Win met 1:14 twist en hy skiet 180greiners.
Was baie lus en vat `n kans net om te sien of ek nie ook dit gaan kan regkry nie.
Groetnis
Een van die ouens in NW het `n 308 Win met 1:14 twist en hy skiet 180greiners.
Was baie lus en vat `n kans net om te sien of ek nie ook dit gaan kan regkry nie.
Groetnis
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 223 ACKLEY IMPROVED
Johann
Soos hulle se blinde hoender pik ook raak! In sulke gevalle soos hierdie sal die realiteit seker so 5% kans wees vir sukses, indien so hoog. Hoe verder die koeel van die loop beweeg hoe hoer word die SF syfer en hoe meer is die kans dat dat die koeel stabile begin raak. Die probleem is dat die afwyking van die aksusbasis wat inisieel daar is(swak groepering) nie altyd opgevang kan word nie. Indien dit vir jag gebruik word sal tuimeling ook amper elke keer teenwoordig wees in die dier wat penetrasie erg inhibeer. Hierdie het ook n enorme invloed op reguitlyn penetrasie.
Hier het jy nou meer inligting so die keuse le nou voor jou deur.