Skiet Naweek
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Skiet Naweek
Naand se manne,
Die gedeelte van die forum is al lank stil, ek het gedink om julle te vertel van ons naweek. n Klomp van ons is Rawsonville toe vir n weg breek kans. Dis gereel deur Elcaprisco Airrifle Club en mens ons het n aangename tyd gehad.
Aangesien dit n skiet kamp was het ons mos geskiet-ons het baie skiet.
Nadat ek my tent opgeslaan het, het ek om die dam gery en vir ons gong teikens gaan opsit. Die afstand was 110m. Ek skat tussen so 15-20 van ons het ons so 3000-4000 skote op daai gongs geskiet.
Die naweek het ons oorheersend lang afstand geskiet. Dis altyd n aandag trekker waar skuts wat dit nie ken nie, hul vernuf toets. Daar is met enig iets geskiet van Hw50's tot hoe krag pcps. Hiers n kort video van die gong skiet.
http://m.youtube.com/watch?v=E-rokVWuFX ... =c4-feed-u#

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Ja mildots is seker die beste uitvidsel na 'post toasties', as jy weer kans kry vir 10m probeer haelgeweer doppies. Hulle maak n mooi klank as hy so in die lug op spin-ook onder net bokant die brass gedeelte. Hy gooi hom n paar meter in die lug op.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Cassie, dit was by n plek met die naam Die Watergat. Dit was fantasties teen n baie billike tarief.cassie_calvinia wrote:waar het julle gebly?
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Skiet Naweek
Wow dis lekker ver daai. Wonder as my Gamo CFX royal so ver kan skiet?
Mens moet seker by 'n skiet baan kom en kyk
Dankie vir die deel
Mens moet seker by 'n skiet baan kom en kyk
Dankie vir die deel
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Dankie Frikkie, dis n plesier. Jou CFX sal gemaklik 100m kan skiet nadat daar bietjie werk aan hom gedoen is. Een van die gewere wat saam geskiet het was n Hw50 wat 750fps skiet en hyt beter as enig van die ander springers gedoen. Die outjie skiet gereeld saam met my en ek moet erken daars min manne wat so met n springer kan skiet.Frikkiedbr wrote:Wow dis lekker ver daai. Wonder as my Gamo CFX royal so ver kan skiet?
Mens moet seker by 'n skiet baan kom en kyk![]()
Dankie vir die deel
Speel bietjie rond met hom, draai jou vergroting af na 6x en gebruik jou 4de mildot. Jy behoort op die kol of baie naby te wees.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Skiet Naweek
Sjoe Skiet jy praat nou lekker grieks hier oor die draai jou vergroting af na 6x en gebruik jou 4de mildot
Ek het solank laas geskiet weet nie eers hoe mens dit doen nie
Ek sal bietjie gaan kyk, dankie vir die raad
Ek het solank laas geskiet weet nie eers hoe mens dit doen nie
Ek sal bietjie gaan kyk, dankie vir die raad
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Skiet Naweek
Mooi man.
Hoe groot is daai gong waarop julle geskiet het?
Groete,
Gawie
Hoe groot is daai gong waarop julle geskiet het?
Groete,
Gawie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Hi Gawie,
Ek het nie gemeet nie maar ek skat so 80mm. In windstil toestande kan mens die helfte kleiner gaan.
Ek het nie gemeet nie maar ek skat so 80mm. In windstil toestande kan mens die helfte kleiner gaan.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Skiet Naweek
Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.7mm wrote:Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Skiet Naweek
Ek en my skiet-maat, is defenitief in.Skiet wrote:Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.7mm wrote:Cuddo's maat.
Daar is manne wat nie eens 'n 100mm deursnee gong op 100m met hul jaggewere kan raakskiet nie en jy lei die gong met jou pcp. Oefening en regte gereedskap maak dit darem net 'n plesier.
Jy kan maar rondvra op Jaracal, daar is manne wat net 350m kopskote op springbokke skiet, maar as dit by die veldskiete kom is die 150m gong te ver
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Skiet Naweek
Dis pragtig, ek sal jou op hoogte hou. Ek wil die ding so gou moontlik van die grond af kry.7mm wrote:Ek en my skiet-maat, is defenitief in.Skiet wrote:Jong ek hoop nie sulke manne kom in die jagveld nie. Ek sal binne kort gongs laat sny vir tot op 200m skiet dan laat weet ek jou. Ek wil n paar manne bymekaar kry sodat ons teen mekaar kan skiet. Jou Cz200 sal reg wees tot op 130m. Dit sal op n maandelikse basis plaasvind.7mm wrote:Cuddo's maat.