Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Naand almal

Mense ons staan weer op die vooraand van die feestyd en deur die Forum manne se oop hande en harte is daar weer baie lekker pryse te wen in vanjaar se kompetisie tydens ons insameling, hierdie jaar se opbrengs gaan aan die Loerie Kinderhuis op Bronkhorstspruit

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie die Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis m.a.w 1 BWB bul om te jag.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings

Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Silent Striker Silencer - Borg Peet Malherbe
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrique
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit + 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason asook - 1 x Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
14 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
15 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
16 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
17 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
18 - Geno en G-Force (G&G VARMINTING) borg 'n "guided" jakkalsjag ( bosvark/vlakvark/rooikat) 1 nag op 'n plaas met 'n hoë jakkalspopulasie, wat nog nooit geroep is nie. Snacks, koeldrank, gewere, ammo ingesluit. Die prys is geldig vir 1 jaar vanaf trekking. Waarde: R1500.00


AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
8) Die eienaar van Kaartjie 900 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.



DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Woensdag, 18 Desember om 19h00 lewendig op die forum.

REELS

1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs lede wat 4 (R200 plus) en meer kaartjies gekoop en betaal het tot en met die afsluiting sal in aanmerking kom vir die jagpryse.
3. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
4. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
5. Die beoordeelaar en organiseerder mag nie deelneem nie.
6. Borge kan wel deelneem maar sal ons verkies dat hy nie sy eie prys kies nie.
7. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
8. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.
9. Jagpryse kan nie oorgedra word na iemand anders nie



BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053


Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Faks bewys van betalings deur na 0866965803 of E-Pos jacostander@telkomsa.net

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer of nommers, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken in volgorde wat betalings gemaak word. Vir elke vier R50 inskrywings sal jy een ekstra nommer kry wat begin met 'n G wat gebruik word vir groot inskrywings.

Manne gaan groot, hierdie is pragtige pryse en klink vir my na 'n lekker kersgeskenk van pa aan pa.

Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Fri Dec 20, 2013 10:12 am, edited 19 times in total.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eet
jou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/C86AE67A-0291-44E6-9875-326947A3C760-232-0000005F370AE0F3_zps779418ac.jpg
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by roux cf »

Manne,

Bo is n foto van n bergskaap wat by my gejag is.
Dis n harde jag, laat tenminste 3 dae toe.

Verblyf is selfsorg en vir die wenner se rekening.

Hierdie is nie n geleentheid wat maklik bekombaar is nie,
So gryp dit met albei hande vas!!!

Baie sterkte!

CF
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by BRNO (Pierre) »

Jaco, dankie vir die reelings, en dankie aan almal vir die pryse se borg. Ek betaal verseker vandag my vier kaartjies.
Veiligheid eerste manne!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jean Marais »

Ek weet ek mag nie deelneem nie, maar gee graag 'n bydrae vir die goeie saak.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Smirre »

Jaco
Tnx vir al die reelings
Sal my geld vandag inbetaal!

Daai bergskaap spook by my
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Silent Hunting »

cassie_calvinia wrote:manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eet
jou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!

Wat Cassie se van die weer, is nie 'n lieg nie. Dit kan erg reek. Pragtige wereld daar by Cassie. Lekkerste om te doen by Cassie: Skiet gonge in die sneeu.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

cassie_calvinia wrote:manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eet
jou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!
As ek julle wereld se mense reg onthou, sal dit in oormaat wees en die wenner kan hom regmaak vir skaaprib vir ontbyt, skaapbout vir middagete en skaaptjops vir aandete! Lekker tye! 8)
Last edited by Eugene on Fri Nov 01, 2013 8:15 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2336
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by henried »

Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote:manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eetjou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!
As ek julle wereld se mense reg onthou, sal dit in oormaat wees en die wenner kan hom regmaak vir skaaprib vir ontbyt, skaapbout vir middagete en skaaptjops vir aandete! Lekker tye! 8)
Klink na 'n lekker plek, "Geen Groente".... :laugh:
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Silent Hunting »

Eugene,

Jy is nie ver verkeerd nie. Jy het sleg uit gemis in Augustus. Bokke geloop en soek in die sneeu en ys reen. Volgende jaar gaan ek weer kuier, as Cassie natuurlik kans sien.....

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Silent Hunting »

Klink na 'n lekker plek, "Geen Groente".... :laugh:[/quote]

Groente is vir die skaap in daardie area.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Smitstertjies »

Jakkalsgat, baie dankie vir al jou moeite. Ek is seker die Loeries gaan dit baie waardeer!!

Kom ons ondersteun hierdie saak asb manne!!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Dankie vir al jou reelings Jaco, dit is die jaar n mooi klomp pryse, ek glo ons gaan vir Loerrie n lekker bedrag insamel.

Net ter inligting, die wenner van no 4 het n naweek, van vrydag tot sondag wat Hein Stander borg, as daar n pel of dalk die vroutjie saamgaan, moet die ekstra person net sy/haar eie verblyf betaal, eie etes en drankies voorsien. Die wenner kan dan sy eie BWB skiet, vir my bring, en ons doen die bewerking gratis.

Groetnis.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Marc »

henried wrote:
Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote:manne
die eerste pryshet ongelukkig so 1 of 2 terms aan.
kom self tot hier.
jy eet wat ek eetjou vrou en kind welkom(ingesluit by kos) of 1 vriend
ribbok jag is bitter moeilik.
laat tenminste 3 dae tyd
die weer kan ek nie beheer nie.
ek sien uit na die wenner se koms!!
As ek julle wereld se mense reg onthou, sal dit in oormaat wees en die wenner kan hom regmaak vir skaaprib vir ontbyt, skaapbout vir middagete en skaaptjops vir aandete! Lekker tye! 8)
Klink na 'n lekker plek, "Geen Groente".... :laugh:

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/1383821_171767256356437_881286676_n_zpsd595b415.jpg

My bek water al reeds, hiers een van Cassie se spesialiteite, skaap nek spit :):
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Alwyn »

Marc wrote:http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/C86AE67A-0291-44E6-9875-326947A3C760-232-0000005F370AE0F3_zps779418ac.jpg
Ek is nou nie die wereld se vlikste en vikste looper nie maar om so outjie tegan skiet maak ek n plan!!! :laugh:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

Manne, ek dink elkeen van ons wat op hierdie forum is, kan bekostig om ten minste 2 kaartjies te koop. As jy toegang het tot internet of 'n selfoon het waarmee jy internet toegang het, vuurwapens besit en gereeld skiet, kan R100-00 regtig nie 'n verskil aan jou begroting maak nie.

Spandeer daai R100 vir 'n goeie doel en jy kan dalk regtig 'n droomjag wen! Ek weet baie van die lede help en ondersteun reeds ander plekke, maar hierdie is regtig 1 bottel brandewyn, 3/4 bottel whiskey, 12 biere of 3 pakkies siggarette se prys, waarmee jy 'n enorme verskil kan maak.

Hierdie is vir kinders wat dit regtig nodig het, so asseblief, help dat ons vir hulle ook iets spesiaals kan doen!

Groete
Aim small, miss small
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Praat jy Alwyn, eks ook in op daai een hoor!! Geen liefde vir die koppe en berge nie, maar plan kan n man maar maak vir so meneer!!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Alwyn »

ROBBIE1 wrote:Praat jy Alwyn, eks ook in op daai een hoor!! Geen liefde vir die koppe en berge nie, maar plan kan n man maar maak vir so meneer!!

En ons maak maar seker dat ons iets saam vat wat veeeerrrrrr kan skiet LOL
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Pryswaarde vinnig opgetel sover is sowat R 28 000 en daar is belofte van nog pryse.

Dankie aan al die borge sover.
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Schalk.vdB »

Manne klippe of nie klippe nie ek gaan try!
Of dit nou Vaalribok is of bergbok of Bosvark ek hoop net my kaartjie word getrek.
If you haven't got a ticket you can't see the show!

Groete
Schalk
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by FHM »

Middag-se Jaco,
kan jy my so n klein ietsie meer se, of n 'link' gee na die kinderhuis asb ou mater?
Skuus ek is nie vol draad nie - wil net graag meer besonderhede he - ek help uit my hart baie graag!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jean Marais »

FHM

Kyk op hiedie topic: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=135&t=26042

Al die inligting is daar.

Groete, en lekker om jou weer aktief te sien na jou kort afwesigheid. Hoe's die hand?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Ek het sopas vir Jan Brink gevra om ook aan te sluit by die forum, hys n groot jagter, en is elke jaar betrokke by die golfdag ten bate van Loerie huis. Ek het hom ook gevra om vir ons meer kom te vertel aangesien hy eerstehandse inligting kan gee. Hoop nie jy dink en neem jou reeling oor nie Jaco, maar Jan ken die kinderhuis baie goed.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Wie dit mag aangaan,

Die Loerie Jeugsentrum is ‘n kinderhuis geleë te Bronkhorstspruit wat tans 35 minderbevoorregte kinders huisves. Ons onderhou en versorg ook nog 3 studente aan die Noordwes Universiteit (Pukke). Hierdie studente het hier in Loeriehuis groot geword. Ons onderhou dus 38 kinders in totaal. Al hierdie kinders se ouers is weens die ernstige ekonomiese agteruitgang van ons land nie in staat is om hul kinders self te versorg nie. Die kinderhuis is tot stand gebring met die doel om hierdie kinders uit huislike omstandighede te verwyder – omstandighede waar hulle nie net blootgestel is aan wanvoeding nie, maar ook ander gevare wat voortspruit uit swak sosio-ekonomiese omstandighede.

Die opvoeding van ons kinders is geskoei op sterk beginsels, dissipline en liefde. Hulle het so jonk as wat hulle nog is, ‘n blymoedige uitkyk op die lewe. Hul skolastiese vordering is vir die Trustees en die personeel van uiterste belang.

Die Loerie Jeugsentrum Trust is gedurende April 2000 gestig deur agt sakemanne en -vroue wat die welstand van hierdie kinders swaar op die hart dra. Die Trust is ‘n nie-winsgewende instansie en ontvang geen staatsubsidie nie. Gevolglik is die Trust self verantwoordelik vir alle lopende uitgawes soos verbandskostes, voedselvoorsiening, vervoer, lone ens. Die kinders is ten volle van die Loerie Trust afhanklik vir al hul behoeftes.

Dit is die oop harte van die gemeenskap wat ons in staat stel om hierdie kinders en student na behore te versorg, te klee en op te hef en derhalwe is ons afhaklik van skenkings, hetsy finansiëel of andersins om hierdie kinders na behore te voed, te klee en van die nodige lewensmiddele te kan voorsien. Sonder die hulp en ondersteuning van menses al ons nie in ons doel kan slaag nl.: OM ‘N VERSKIL IN ‘N KIND SE LEWE TE KAN MAAK NIE!

Met hartlike Loeriegroete.

TRUSTEES EN PERSONEEL
Post Reply