http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1D9B8432-640x300_zps582002af.jpg
RESEP DION GREBE FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS
Vir 8-10
Voorbereityd 1 uur vir marinering
Gaarmaaktyd 1½-2 uur
’n Heel boud op die kole is altyd ’n lekker geselspunt in die boma, sê Dion Grebe, wat graag sy gaste om die vuur op dié manier trakteer.
Jy benodig
1 heel springbokboud met die skenkelbeen aan (3,5 kg)
1 bottel Ina Paarman- Franse slaaisous
1 hand vol growwesout
500 g spek
15 peperkorrels
10 naeltjies
10 knoffelhuisies, gekneus
1 groot ui, in ringe gesny
3 soetrissies, in repe gesny
4 wortels, gesny
¼ koppie witwynasyn
1 koppie witwyn
½ koppie olyfolie
1 skeut worcestersous
1 groot roosmaryntak
Só maak jy
Verf die boud met die slaaisous en laat dit vir 1 uur marineer (nie langer nie). Vryf die boud oraloor met sout in, draai spek om die boud en steek dit dan met tandestokkies vas.
Maak ’n lekker warm vuur en maak dan ’n staaldriepoot 20 cm van die vuur af staan. Gebruik draad of tou om ’n lus om die skenkelbeen te maak en hang die boud langs die vuur op, maar sorg dat dit nie skroei nie.
Pak die res van die bestanddele in ’n groot foeliebak en sit dit reg onder die boud sodat die vleissappe daarin kan drup en die groente gaar word. Doop die bossie roosmaryn in die sous en verf die boud gereeld daarmee.
Draai die boud elke 20 minute om sodat die ander kant na die vuur toe wys. Ná 1 uur kan jy ’n paar kole onder die foeliebak inkrap en enige groente wat jy as bykos wil maak (blokkies pampoen, sampioene of aartappelwiggies) daarin skep.
Die boud behoort ná nog sowat 30 minute gaar te wees. Steek ’n sosatiestok in die dikste deel – die sap wat uitloop, moet pienk wees. Haal die boud van die driepoot af, bedek dit liggies met foelie en laat dit vir 20 minute rus voor jy dit sny. Sit dit voor met die groente en kweperjellie.
WENK Springbokvleis moenie oorgaar wees nie – op dié manier is die vleis pienk en mediumgaar tot op die been.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1D9B8442_zps35d77009.jpg
Springbokboud oor die oop vuur
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Sjoe !!! Water my mond nou.... Sal hom beslis probeer. Dankie
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Nou daai lyk vir my na 'n plan, teen die tyd die kole reg is vir braai is die boud reeds gaar 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Gaan hom ook so probeer.n Skaap rib werk ook baie lekke so langs die flamme
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Daai klink soos 'n job vir my weber!!!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Frikkie,
Jy is sekerlik die mees onetiese persoon op die forum. Hoe de m&^r kan jy al hierdie lekker goed plaas as jy weet ons sit droee bek by die werk? Dit is werklik waar swak van jou om so laag te daal.
Ek persoonlik dink dat jy by kleenex werk en dat jy profit share kry van al die tissues wat verkoop word. Ja daai einste tissues wat ons gebruik om al die kwyl van ons muise, keyboards, skerms en tafels af te vee.
Anyway, op 'n ernstige noot. Daai lyk baie, baie lekker. Dankie vir die deel.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Skaapblad of wildsblad ook! Werk baie lekker, veral as jy dit elke nou en dan baste met 'n lekker sousie!Capt. Oblivious wrote:Gaan hom ook so probeer.n Skaap rib werk ook baie lekke so langs die flamme
Aim small, miss small
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Eugene
Blad sal ek glo is lekker so. Maar daai boud gaan DROOG wees.
My 2 sent
Groete
Dawie
Blad sal ek glo is lekker so. Maar daai boud gaan DROOG wees.
My 2 sent
Groete
Dawie
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
FCLoretz wrote:Frikkie,
Jy is sekerlik die mees onetiese persoon op die forum. Hoe de m&^r kan jy al hierdie lekker goed plaas as jy weet ons sit droee bek by die werk? Dit is werklik waar swak van jou om so laag te daal.
Ek persoonlik dink dat jy by kleenex werk en dat jy profit share kry van al die tissues wat verkoop word. Ja daai einste tissues wat ons gebruik om al die kwyl van ons muise, keyboards, skerms en tafels af te vee.
Anyway, op 'n ernstige noot. Daai lyk baie, baie lekker. Dankie vir die deel.
http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/bulbar-smiley.gif?1292867562
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Springbokboud oor die oop vuur
Dagse
Iets wat ek en my antie by die huis al gedoen het is om die hele boud of blad te neem en dit op die kole te braai. Met die omdraaislag sny jy net die dun skyfie af wat gaar is en eet. Dan smeer jy 'n lagie toorsousies aan. Braai tot dit omdraaityd is, sny gaar skyfie af... smeer toorsousies. So hou jy aan tot die boud heeltmal opgeeet is. Die braaier bly wel die hele tyd besig, maar glo my dis lekker om hom so te eet.
Mooi loop