Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
JWO
Baie geluk met jou prestasies vanjaar.
Vertel ons so bietjie van die langafstand gong-skiet daar by Christo.
Groetnis
Baie geluk met jou prestasies vanjaar.
Vertel ons so bietjie van die langafstand gong-skiet daar by Christo.
Groetnis
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Thanks vir die feedback,ja dit lyk my die Amerikaanse produkte raak nou moeilik om in die hande te kry. Nogmaals geluk!jy moet maar jou " troon" geniet daai klong van jou blaas in jou nek.
-
Andrev
- Jr. Member

- Posts: 51
- Joined: Fri Jul 08, 2011 11:29 am
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Jacques,JWO wrote:Vossie1vossie1 wrote:Thanks Jacques en baie geluk,wat is jou twist op jou geweer? Ek is tans besig met lading vir die 95gr berger hybrids wat Willem aanbeveel het. Ek skiet die nosler customs in my 300H&H vir komps en hulle werk baie lekker.
Groete
Vossie
Dit is 'n 1:8 twist Krieger. Hy het die 95 Berger VLD's ook baie lekker geskiet. Hulle het egter net baie skaars geraak. My seun Danie skiet 'n 6XC ook met 'n 1:8 twist Krieger en ek bêre maar die 95's vir hom. Sy geweer kook met die Bergers, maar hulle is nou min. Ek het net 'n 100 oor!!!! Moontlik werk die Noslers ook mooi in sy geweer.
as jy sukkel, praat maar. Ek het nog n paar, maar hierdie keer teen vervanging alleenlik.
Mooi geskiet Saterdag!!
Groete
Andre
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Hallo oom PieterPieter Willem Vorster wrote:JWO
Baie geluk met jou prestasies vanjaar.
Vertel ons so bietjie van die langafstand gong-skiet daar by Christo.
Groetnis
Ek wil nie Arnold se verslag vooruit loop nie, maar hier is my mening:
* Dit is baie moeiliker as wat ek gedink het.
* Met 'n klein foutjie skiet jy vêr mis.
* Kondisies verander vinnig! As jy raak skiet, skiet vinnig weer of as jy kon sien waar jy mis, mik vinnig af en skiet weer. Indien jy 'n gong met 'n ongeveer 'n meter mis is dit moeilik om te bepaal hoeveel MOA jy moet verander tensy jy die skoot kon sien en jy 'n teleskoop het wat MOA strepies in die kruisdraad het.
* Ek het van papiere afgeskiet (JBM se uitdrukke). Dit sou beter wees om 'n Kestrel Weather Staion te gebruik (ongelukkig baie duur). Ek kon nie aanpas soos die temperatuur deur die dag verander nie.
* Hoogte bo seevlak maak 'n groot verskil verder as 800m.
* Ken jou geweer se trajek oor afstand. Myne het goed gewerk tot 850m, maar daarna was ek heelwat kort volgens JBM se tabelle. Ek het na die tyd gaan kyk as ek die boksie aftik wat sê "Std atmosphere at altitude" sou ek baie nader gewees op die 1080m gong.
* Ken mirage, veral as die kondisies gedurig verander. Die wind het uit elke denkbare rigting gekom en gedurig verander.
* Jou teleskoop moet genoeg interne verstelling hê. Myne kan opstel tot 37MOA, daarna moet ek die strepies op my reticle gebruik.
Opsomming: Dit was baie leersaam en ek sal dit beslis weer wil doen. My .243 sal moontlik sukkel indien ons verder as 1100m begin skiet.
Groete
Jacques
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Netjies Jacques.
Ek het so deur die wingerd-ranke gehoor dit het oop geloop.
Dis nou tyd om by Willem te skimp vir daai Savage 300wsm.
Jy kan volgende keer vir Corné saamvat as jou spotter en "caddy". Hy het genoeg apps op sy foon om 'n vuurpyl te lanseer.
Groete,
Gawie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Hallo Jacques
Ek glo dit is nie enige kabouter wat sukses sal behaal oor sulke afstande nie.
Ek dink die gereedskap wat jy gebruik is hier amper belangriker as die ou agter die roer.
In elk geval, dit moet 'n aangename sensasie wees om daardie gong op daardie afstande te laat wikkel.
Nogmaals geluk. Sal graag eenkeer wil saam net om te sien hoe dit gedoen word.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Oom Pieter, ek kan verseker sê dat dit nie die geval is nie. Dan moes ek tog baie beter gescore het. Daar was selfs 'n standaard 308W met 20" loop wat 4de plek gedeel het...Pieter Willem Vorster wrote:Ek dink die gereedskap wat jy gebruik is hier amper belangriker as die ou agter die roer.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Arnold, ek praat nie net van die geweer waarmee jy skiet nie, ek praat van al die bykomstighede. Dink jy ek sal goed vaar as ek net met my geweer en ballistiese kaart daar opdaag?Arnold wrote:Oom Pieter, ek kan verseker sê dat dit nie die geval is nie. Dan moes ek tog baie beter gescore het. Daar was selfs 'n standaard 308W met 20" loop wat 4de plek gedeel het...Pieter Willem Vorster wrote:Ek dink die gereedskap wat jy gebruik is hier amper belangriker as die ou agter die roer.
Ek vra maar net?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Oom Pieter, ek verstaan steeds nie want dit is presies wat Jacques gedoen het en steeds gewen het?
Die skut se vermoë speel 'n onsaglike groot rol in hierdie speletjie.
Die skut se vermoë speel 'n onsaglike groot rol in hierdie speletjie.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Oom Pieter, dit is presies wat Jacques gedoen het.
Hy het van 'n ballistiese kaart geskiet sonder al die "fancy" megafters.
Punt is, hy ken sy roer en kan die toestande beter as die meeste van ons lees. O-ja, hy kan skiet!
Hy het van 'n ballistiese kaart geskiet sonder al die "fancy" megafters.
Punt is, hy ken sy roer en kan die toestande beter as die meeste van ons lees. O-ja, hy kan skiet!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Arnold, skink vir jou 'n dop maat. Ek gaan ook vannaand so maak. Ons stem saam oor iets. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
ja jong, ek stry nie altyd net omdat dit is hoe ek is nie .... 
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Jammer, Arnold. Ek gaan nie met jou stry nie, want ek weet te min. Ek sien maar op U-tube dat hierdie ouens wat ver skiet, goeters invoer op rekenaars en dan die geweer in- en opstel en die sneller trek.Arnold wrote:Oom Pieter, ek verstaan steeds nie want dit is presies wat Jacques gedoen het en steeds gewen het?
Die skut se vermoë speel 'n onsaglike groot rol in hierdie speletjie.
Ek het maar van Marius se praat afgelei dat 'n skut tyd benodig om sekere berekeninge te maak en dan eers te skiet. Volgens jou lyk dit my dat selfs ek sal dit sal kan doen. Gaan lê, stel die afstand op die turret, kyk na die wind en laat waai en per geluk tref ek 'n gong met die tweede skoot nadat die eerste skoot 'n effense aanduiding gegee het waar ek skiet.
As dit so is soos jy sê, dan was Jacques uitmuntend!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Skuus, maar oom praat deurmekaar.
Jacques het baie goed geskiet. Hoekom is dit altyd goeie toerusting as die skut goed presteer en as hy sleg skiet was dit sy skuld en nie die toerusting nie?
Toerusting help, maar jy kan die beste toerusting vir 'n aap gee en sal seker definitief nie verwag dat hy weet wat om daarmee te maak en dan steeds goed te doen nie.
Elkgeval, die draad gaan oor Savage gewere. Jacques het 'n Savage geskiet en die geweer was sekerlik akuraat anders sou Jacques nie sy skietvernuf daarmee kon wys nie.

Arnold wrote:
Jacques het baie goed geskiet. Hoekom is dit altyd goeie toerusting as die skut goed presteer en as hy sleg skiet was dit sy skuld en nie die toerusting nie?
Hier moet ek met jou verskil. Dit is met my beperkte ervaring net mooi die teenoorgestelde. Ons blameer altyd die toerusting as dinge verkeerd gaan, maar as ons vol skiet klop ons, ons self op die skouer.
Nou dit is hoekom Jacques se prestasie so uitsonderlik is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Skuus, nou praat ek dalk deurmekaar en dit is dalk net hoe ek oor my eie skiet voel.
Kom ek stel dit so, as jy na 'n scoreboard kyk wil jy weet waarmee die top ouens geskiet het. Wat nou van die ander ouens wat met daai selfde toetusting geskiet het? Dit het hulle nie beter laat vaar nie?
Kom ek stel dit so, as jy na 'n scoreboard kyk wil jy weet waarmee die top ouens geskiet het. Wat nou van die ander ouens wat met daai selfde toetusting geskiet het? Dit het hulle nie beter laat vaar nie?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Seker maar so dat gewone ouens hulle moeilik uitdruk in die geselskap van intellektuele.Arnold wrote:Skuus, maar oom praat deurmekaar.
.
As jy mooi gelees het, sou jy gesien het ek wou nie met jou argumenteer nie. Ek sê net dit wat ek van langafstandskieters op U-Tube sien, is dat hulle allerhande goed gebruik om hul gewere vooraf in te stel. Nou sê jy dit is nie so nie. Nou glo ek jou - julle doen dit op 'n ander manier.
Is dit nou deurmekaarpraat?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Oom maak aanames wat verkeerd is. Ek het nie so gesê nie.
Kyk maar hoe hulle dit op youtube doen, onthou net dat al die mis skote nie gewys word nie en dit laat dit makliker lyk as wat dit is.
Kyk maar hoe hulle dit op youtube doen, onthou net dat al die mis skote nie gewys word nie en dit laat dit makliker lyk as wat dit is.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Aannames wat nie so is nie, deurmekaarpraat, .... Wat nog?
Sê my nou, is daar geen langafstandskieter (behalwe julle) wat nie die wind meet nie, wat nie temperatuur in ag neem nie, wat nie lugdruk en hoogte bo seespieel in ag neem nie, wat nie die afstand in ag neem nie? En indien hulle dit in ag neem, skat hulle dit of het hulle instrumente wat dit vir hulle vertel? Het hulle slimfone of ander elektronika wat hulle gebruik om berekeninge te doen?
[Arnold quote]onthou net dat al die mis skote nie gewys word nie en dit laat dit makliker lyk as wat dit is[/quote]
Hierdie kwotasie van jou het niks met die onderwerp te doen nie. Ek wou weet of julle hulpmiddele gebruik en jy se "nee". So, ek aanvaar dit. Hoop dit is heel eenvoudig en ondubbelsinnig gestel.

Toemaar, ek mis duidelik iets.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Ek gaan 'n skilpad braai hou. Net dop en tjop en julle twee wederstrewige sielle nooi om te kom kuier.
Oom Pieter, die saak staan so: Die manne het van naby en ver gekom met alles wat hul kon aanry en saam piekkel.
Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. Toe kom Jacques en hy kyk en hy stel volgens sy papiere wat hy die vorige dag gedruk het en hy skiet.
Die "bottom-line" is, as jy nie kan skiet nie, help al die kattoeters jou boggerol.
Oom Pieter, die saak staan so: Die manne het van naby en ver gekom met alles wat hul kon aanry en saam piekkel.
Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. Toe kom Jacques en hy kyk en hy stel volgens sy papiere wat hy die vorige dag gedruk het en hy skiet.
Die "bottom-line" is, as jy nie kan skiet nie, help al die kattoeters jou boggerol.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Nee, Arnold sê daar was nie hulpmiddels nie!7mm wrote:Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. .
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013
Oom weet ek verskil baie met Arnold, maar nerens het hy gesê dat die manne nie die hulpmiddels gebruik het nie. Ek en hy het albei gesê dat Jacques geen van die "fancy" katoeters gebruik het nie en tog die ander manne wat dit wel gebruik het geklop het.Pieter Willem Vorster wrote:Nee, Arnold sê daar was nie hulpmiddels nie!7mm wrote:Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. .
Dont make expensive noise! Make the first shot count!