Watse Roeper?

Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Goeie dag almal!

Ek wil net graag weet of iemand my dalk kan se wat is die beste roeper om te gebruik vir ongediertes?
Het nou al baie gelees van die verskillende foxpro roepers,nou gehoor van Tewis se roeper ook.
Ek wil vir my n roeper aanskaf,kan iemand my dalk asb.se watter een die beste om te kry en hoekom?

Groete
Ooploop
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Francois Marais »

Ooploop

Die beste roeper is dardie een wat die Jeckoltjies vinnig en maklik roep, terwyl hulle onder jou wind is, sommer tot hier 30 tree v/d bakkie af.


Ja, ja......wens ek kan ook een van hulle koop.

Gaan kyk hier na die verskillende Foxpro roepers, Fury het Baie funksies, MAAR kos ook BAIE geld, die beste waarde vir geld roeper is seker die Spitfire, lees gerus wat al sy funksies is, hier.......

http://www.gofoxpro.com/products/digital_calls/product_gx7.php
http://www.gofoxpro.com/products/digital_calls/product_spitfire.php

Skree as jy nog meer wil weet, sal probeer antw......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Goeie middag Francois
Dankie vir antwoord,sal weer bietjie gaan kyk,het al gelees oor die spitfire.
Het jy miskien enige kennis van Tewis se roeper? Die rede hoekom ek vra is omdat in my omgewing 4 mense is waarvan ek weet wat op hul eie plase roep,hulle het gemengde gevoelens,2 se die foxpro fx3,ander 2 se Tewis. Dit sit my nou aan die dink? 

Groete
Ooploop
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Raven »

Ooploop,

Foxpro FX3!!

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Watse Roeper?

Post by Izak H »

Yes, dit hang alles af van die grootte van jou budget. Ek het 4 jaar terug begin met 'n tewis, want dis al wat toe in my budget gepas het. Laas november 'n paar aande saam met taffie gery en 'n fx3 gehoor, net daar het die groot spaar begin. Gelukkig het die spitfire verskyn en baie gouer in my budget gepas. Die gehalte van die klanke is die verskil ! Koop 'n foxpro en basta, jy sal nooit terug kyk nie. 'n Spitfire is oor as goed genoeg, behalwe as jy 'n fx3 kan bekostig. Ek praat onder korreksie maar ek dink taffie gebruik sy spitfire nou meer as sy fx3, want hy werk so lekker ! Izak
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Raven »

Izak/ Ooploop,

Jy's reg die Spitfire is goed vir sy prys, behalwe dat jy slegs 24 klanke kan opsit teen FX3 se 32 klanke, alhoewel 'n man nie meer as 6 klanke per nag sal gebruik glo ek, op 2 of meer staan plekke.

Ek gebruik die FX3 en is baie tevrede, sal verkies om die Fury te kry  ;)

Wat goed is met spitfire, jy kan die naam van jou klank op die remote sien, met FX3 net die nr.

Koop wat jou sak pas, solank dit Foxpro is, en jy sal nie spyt wees nie  ;)

Groete Raves
Last edited by Raven on Thu Sep 09, 2010 8:41 am, edited 1 time in total.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Watse Roeper?

Post by namhunt »

Francois

Sal die spitfire se remote nie op die FX3 werk nie?

Groete
Daan
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Louis102 »

Ooploop

Foxpro Fury:  Gebruiksvriendelike remote, al die funksies, uitstekende klank, grootste geheue, geen gesukkel met MP3's/cd spelers, los drade en dies meer.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Robert »

Ek glo die foxpro's baie goed en die klanke duidelik is maar as daar fout gaan met hom moet hy oor die waters boot ry en dit vat tyd. Tewis is goedkoper en as daar fout gaan word dit gou herstel en 10 teen 1 nog gratis. Ek is heel happy met my Tewis. Robert
Oorwining deur opleiding
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Raven

Dankie vir jou terug antw.
Ek glo ek gaan eendag vir jou n boodskap kan stuur om te se dat ek my foxpro gekry het!

Mooibly
Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Naand Izak H

My budget is maar tam met die droogte vanjaar(en die kind moet nog doeke he),maar ek glo dinge sal weer draai dan kan ek ooploop. Waar by Cradock is jy? Boer jy?

Mooi aand
Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Jis Louis

Waardeer jou antw. Het gekyk na die fury,maar hy is bokant my vuurmaak plek op die stduim van die geveg.

Groete
Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Naand Robert

Ja dit maak sin dat dit gaan tyd vat.Dink Tewis sal dit versker vernuut regmaak tensy mens die ding taptoe gekiet het.Wat gebruik jy om jou musiek mee te speel deur Tewis se roeper? Ipod?

Groete
Ooploop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Louis102 »

Ooploop

Jammer, ek het seker verkeerd gelees.  Ek het verstaan jy vra wat die beste roeper is.  Dit lyk egter of jy eerder opsoek is na die goedkoopste roeper wat jy kan koop sonder dat dit 'n kat in die sak is?  Dit sal ons help om jou raad te gee en/of ons ondervinding met jou te deel, as jy jou aanwending van die roeper so bietjie beter kan omskryf. 

Voorbeeld: Is jy 'n boer met 'n ernstige ongedierte probleem en wil jy die roeper vir beheer op jou eie plaas aanwend, of is jy iemand wat die roepery voltyds en professioneel (d.w.s. vir 'n inkomste) wil doen of wil jy die roepery net as 'n naweek-stokperdjie bedryf.  Of is jou aanwending van die roeper anders van aard?

My half sent is dat jy heelwat kan spaar deur seker te maak jy koop die eerste maal reg.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Watse Roeper?

Post by Izak H »

hallo ooploop, die spitfire vat 24 klanke en kos omtrent R2700. Ek het vir tewis gebel vanmiddag, sy prys R3000 + mp3 van nog R600. Vir spitfire het jy 'n micro sd card reader nodig, 'n usb card reader kos so R165, hang af waar jy koop.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Robert »

Ooploop

Ek gebruik 'n mp3 speler met 'n sd kaart. Ek kan die klanke verander van die mp3 met my rekenaar en ek laai terselfde tyd sy battery ook.

Maar soos die manne se: as jy net vir jou self jag of as hobby doen sal 'n Tewis werk, maar as jy pro werk doen sal ek eerder die Fox pro's aanbevaal.

Robert
Oorwining deur opleiding
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Watse Roeper?

Post by Freek »

Ooploop, niks fout met Tewis se roepers nie. Het baie jakkalse met hul gedoot. Die Foxpro beweeg egter in 'n ander klas en hanteer vir my makliker omrede jy net met 'n remote en roeper werk. Tewis s'n het 'n CD/MP3 speler, transmitter en remote speaker eenheid.

Die onderstaande weet almal al en is ou nuus, maar kom ek verduidelik weer vir jou in 'n neute dop die hoof verskil tussen die 2.

1. Tewis se roeper transmit die klank na die speaker toe. Nadeel jy kan glad nie naby hoogs spannings drade en radio maste roep nie aangesien die radio maste se sein en die magnetiese veld naby die hoogspannings drade versteurings op die transmitting van die klank veroorsaak. Die speaker unit kan plus minus 500m v?r opvang. Voordeel van Tewis se roeper is sy naverkoops diens, jy het 'n plaaslike man wat die roeper vinnig en goedkoop kan versien indien hy tegniese probleme optel. Klank suiwerheid is goed.

2. Foxpro aan die anderkant transmit nie klank na die speaker toe nie, dit word direk vanaf die roeper gespeel omrede al jou klank op die roeper gelaai is. Jy selekteer slegs die klank wat jy will speel vanaf die remote. Klank suiwerheid is baie goed. Ek vind dat my Spitfire sukkel om verder as 100m die sein vanaf die remote na die roeper op te tel wanneer ek klank selekteer, maar blykbaar is die ryk afstand van die duurder modelle beter. Soos genoem is die ander groot voordeel van FOXPRO sy kompaktheid(minder goodies om saam te sleep veld toe). Groot nadeel van FOXPRO, as hy breek moet jy hom US of A toe stuur - niemand hier wat hom kan diens en herstel nie. Allen Truter help baie om stukkende roepers te konseledeer en direk oor te stuur States teen 'n beter prys.

Hoop dit skein meer lig op die onderwerp en help jou om die regte keuse te maak wat die beste vir jou gaan werk.

Mooi loop!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Dagse Louis
Jammer ek het die storie sleg bewoord.Ek soek n roeper,soos wat jy se wat nie n kat in die sak is nie.Ek boer in die Suid Kaap,hier by my kom slegs rooikatte voor,hulle vang ons gereeld met vanghokke.Waar ek bly is 3 hokke dag en nag gestel (4 katte gevang van die 23ste augustus tot 2de sept in 1 hok).My broer bly 16 km van my af en by hom is 6 hokke gestel.Vir ons om die hokke te stel help bitter baie om die katte bietjie te ''beheer''.Ons het baie mooi kleinwild,waarvoor ons baie lief,maar ongelukkig is die rooikatte net so lief vir hulle.
Die rede vir die roeper is omdat,die jakkals nou begin spoor wys het by my broer wat baie sleg is vir ons.Vele boere uit ons karoo(so 80km van waar ek bly)het ons al gevra om hulle te kom help met die jakkals,want hulle het gehoor dat ons met die rooikatte roei die kant van die berg.
Sal graag 1ste maal reg wil koop.

Groete
Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Jis Izak H en Robert.

Dankie vir al julle antwoorde,sal bietjie die storie mooiloop bedink.

Mooibly
Ooploop
tafjak

Re: Watse Roeper?

Post by tafjak »

Ooploop

In die Suidkaap? Jakkalse?

Die roeper sal jou nie verkeerd of reg laat roep nie. Sorg eers dat jy die jakkals ken en sorg ook dat jy Heinrich Funck ken, anders kan ek jou lang nagmerrie voorspel.

Die oumense het ges? dat as jy die eerste jakkals/spoor sien, is hulle al 7jaar daar.

Voorspoed
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Freek
Dankie vir die uiteensit van die verskille,al die raad maak al meer sin.

Ooploop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Louis102 »

Dags? Ooploop

Baie van ons het maar met die Tewis tipe roepers begin.  Hulle werk, maar die klank is nie so suiwer nie en daar is baie meer wat kan fout gaan en is nie so gebruiksvriendelik nie.  Heelwat van ons het so met die tyd oorgeskakel na Foxpro-tipe roepers en ek weet van niemand wat spyt was daaroor nie.  Ek, byvoorbeeld, sal nooit weer dink daaraan om terug te gaan na 'n Tewis tipe roeper nie.

My raad is, as jy voorsien dat jy die roepery ernstig gaan doen en in toenemende mate gaan gebruik, bel? eerder in 'n foxpro-tipe roeper.  Ander gaan jy twee keer koop.  As dit slegs 'n stokperdjie gaan wees, mag die Tewis een jou behoefte bevredig.    

Oorweeg die volgende:  Kry eers 'n "pro" in om so paar nagte by jou te jag en kyk eers die ding mooi uit.  'n Roeper is maar die begin.  Daar is heelwat ander toerusting wat ook aangeskaf moet word as jy ernstig is oor die jakkalse.  Ek dink bv. aan 'n lekker platskiet kaliber, goeie teleskoop, lig op teleskoop, dimmer, goeie stoel en jy moet darem 'n voertuig h? wat geskik vir die doel is.  Verder moet jy weet dat die prys van eie-tyd, kursusse en ondervinding ook 'n hele paar rand kos, afhangend van hoe goed jou aanleg vir di? tipe van ding is.  Ons gesels eintlik te min hier op die forum oor die kuns om te skiet.  Roep is een ding, maar onthou daardie jakkals moet nog dood geskiet word en almal het nie noodwendig die aanleg om dit konstant goed te doen nie.  

As ons 'n geld-som moet gaan maak, is dit in baie gevalle beter om 'n "pro" in te kry om van tyd tot tyd na ons probleem om te sien.  Die ander kant van die muntstuk is dat indien jy 'n passie vir die soort van ding het, dit 'n baie bevredigende tydverdryf kan word, maar dan moet jy bereid wees om na die regte "pro's" soos Tafjak te luister.

Hoop dit help
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Watse Roeper?

Post by Freek »

Bly om te sien my storie kon help. So tussen my en jou, ek gebruik nou albei ropers - FOXPRO en Tewis s'n. Albei het hul voor en nadele so ek maak al die "gaps" toe. Die Spitfire en Tewis roeper saam kos dieselfde as 'n FX3 of FX5. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Dagse Taffie

Ja jakkalse in die einste Suid Kaap....Boere in die Albertinia distrik het GROOT skade wat deur die jakkalse aangerig word. Die omgewing is baie oop aangesien dit saai boere is.So die jakkalse vang op oop lande wat omring is deur allemuntige klowe,plekke is klowe nie so rof nie.Die klowe dien dus as n veilige broei en wegkruip plek vir die jakkalse.
In die begin het baie boere self probeer jag,soos jy weet,daardie jakkalse is sooo skelm,na elkeen se jag metode wat gebruik is....Daar het al meer as 1 jagter geroep,maar dit was nie so sukses vol nie. Weet van 3 jonges wat daar geskiet is d m v roep metode.
Die boere ry nou saans,kyk maar vir oe in die omgewing waar daar gevang word.
Help van tyd tot tyd n boer daar jag deur te ry en te soek aangesien mens n groot oppervlakte kan dek in  paar uur se tyd.

As jy n jakkals oog kry is dit platvoet, want in die meeste gevalle is die jakkals reeds oppad weg van die die bakkie af. Daar begin dan n woeste gejaag om by die jakkals te kom en hom weg te keer van die klowe, die baas van die plaas bestuur self om rede hy ken sy lande,gate,kontoere ens. Moet se hy kan goed bestuur,nie alle drywers verstaan die ry in die nag nie.Die wil ek jou se dan staan jakkals darem voorkant toe!! Dan moet daar gestop word,geskiet word, as jy nie die jakkals van die 1ste stop slag skiet nie is dit verby,jy kry hom nie weer ingery nie.Ons skiet gereeld rooikatte so met die ryery.

Hier so 12km van Riversdal af is laas Oktober n jakkals geskiet,op Witsand se vlakte meer Heidelberg(Kaap) toe is ook 1 laasjaar geskiet.Weet nie hoe goed jy die omgewing hier ken nie?

Dis waar as jy hom/spoor sien ken hy al jou veld.
Ek sal nou nie se ek ken n jakkals nie,maar ek het al te doen gehad met hulle,ek ken Heinrich en het al sy gevorderde kursus gedoen.

Mooibly
Ooploop
tafjak

Re: Watse Roeper?

Post by tafjak »

Ooploop

Ja, die ou Gouritz-manne. Ken nogal(gaan kuier ook gereeld) die gebied. Renosterbosse en ooplande. Gladnie maklike jakkalse nie.

As jy miskien Alec Muller(Oom Pit se seun) ken in die Gouritz-Herbertsdale omgewing weet ek dat die jakkalse al hulself goed ingegrawe het. Jong, so op die onderwerp, ken jy Gawie- en Anra van Deventer?

Julle het mos 'n gekwalifiseerde jakkalsjagter daar? Bertie?

Mooiloop
Post Reply