Suzuki DR 650

Post Reply
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Suzuki DR 650

Post by toy »

Hello vriende ek soek graag julle opinie oor die DR 650 . Ek is sterk oppad om een te koop en sover hoor ek net goeie terugvoer . Die plan is om hom net naweke te gebruik om bietjie grondpaaie te ry . Groete
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by Alwin »

Goeie keuse. Die fiets is swaar en stadig, maar het hope wringkrag en is baie taai en betroubaar. Sal nie sommer 'n wedren wen nie, maar vir lekker rondry, ook op snaakse plekke, is hy reg. Kan ook heelwat vrag dra, as dit moet.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by Yalair »

Goeie fiets, kyk ook na Yamaha XT en Kawa KLR
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by Alwin »

Ja, die 3 is vergelykbaar. Ek self het 'n XT600E. My swaer geniet sy KLR baie.

Ek hou van lugverkoelde enjins, want ten minste kan die verkoeler nie in die Gramadoelas bars nie.

Ek het net 1 klagte oor my XT: Die ding het uitgekom sonder 'n "kick starter". Die knoppie op die stuurstang is baie lekker. Maar as die battery die dag groet, dan staan hy. Daar is geen manier om daai 600 aan die brand te stoot nie (het ook nie meer 'n "decompress" nie).

Kan nie onhou of die DR nog 'n "skop-aansitter" het nie. Verlang alweer na daai ou XT500, met die silwer tenk...
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by toy »

Ek het maar my kop op die DR gesit . Julle kan kyk op Suzuki se website daars nou n special op DR vir R54000 incl . Ek dink dis baie goeie prys veral as jy kyk na Yamaha XT Tenere se prys . So ek gaan maar die DR vat .
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Suzuki DR 650

Post by Jakkie07 »

Toy
Lekker fiets, ek het een. its my happy pill.
Myne het a longrange tank op en ook n FMF pyp en pumper carb, so hy maak ou tannie bang
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by toy »

Ai man eks rerig opgewonde , het ook mos op plaas groot geword met scramblers en die laaste paar jaar mis ek dit . Gelukkig is my dorp nog lekker klein en stof strate so ek bly ook teen die koringlande . En hier teen die weskus af kan mens lekker ver ry al teen die kus . So die speeltyd kom al hoe nader .
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Suzuki DR 650

Post by JuanPaul »

Geluk Toy, ek het 'n DR 650 gehad sowel as 'n KLR 650 en moet se beide fietse Is goed met die DR wat so rapsie vinniger was, jy sal hom geniet! hy is lekket vir die grond paaie sowel as die teerpaaie op die oop pad loop hy sy 130km/h die heeldag. Geniet hom!
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Suzuki DR 650

Post by toy »

Dankie maat ek sal hom geniet .
Post Reply