Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: ... Ek sien jy was ook in Okahandja rond hier einde Augustus? ...
Ja3

Ja man, sien, ek het mos 'n roeper wat 500 klanke kan vat.  Het so paar Jakkalsgeluidjies daar tussen die bosse in Okahandja loop opneem terwyl ek dan nou soveel plek op my roeper het.  Soos jy uit ondervinding seker weet, loop die jakkalse lekker dik in daai omgewing.  Het gesien jy het 'n hele paar daar geskiet.  

Ek sukkel nou net om mooi name vir al die klanke uit te dink, jy weet soos "Ore" en "Vlekkie", want jy sien ek kan mos die name van die klanke ook op my roeper sit sodat ek dit op die remote ook kan lees.  Die remote is maar gemaak vir dom mense soos ek, wat nie die nommers van die klanke so lekker kan onthou nie.  Jy weet ek was al by waar 'n ou deurmekaar geraak het met die nommers op sy Spitfire, toe speel hy Jakkalhuil in pleks van 'n hasie.  Gelukkig was die jakkalse so maklik dat hulle steeds speel, speel ingekom het.  Dis hoekom ek maar vir die naamding op my roeper se remote gegaan het.

Groete, bly dit gaan goed met die meisiekind.
Louis

 
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by tafjak »

Hel manne
Jy weet ek was al by waar 'n ou deurmekaar geraak het met die nommers op sy Spitfire, toe speel hy Jakkalhuil in pleks van 'n hasie.
... ja, nou het die SWesters my. Kan nie glo jy kan dit so feitlik onthou nie.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Doepie01 »

Taffie

Baie dankie vir die goeie raad.SOOS ALTYD!. Ek sal vir Allan kontak. Ek wil net eers kyk hoe werk die spulletjie met my driepoot wat ek gelig het. Wil darem net my kant skoon hou.

Groete
Doepie
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Freddie101 »

Doepie
Die lig van die roeper kan dalk net die verskil maak. Gesien by my as daar fout kom is dit maar gewoonlik ek wat iets verkeerd gedoen het.
Groetnis Freddie
yol bolsun
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by sakkievanheerden »

Doepie
Hang jou spitfire so heuphoogte aan n driepootjie of so iets op van grond af en kyk of dit nie beter werk nie.Allan T het met kursis vir my gese spitfire hou nie daarvan om op grond te staan nie.Weet Taffie en Freddie het vir hulle so hanger gemaak met stuk windpomp rod wat hulle in grond steek.
Groet
Sakkie
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Doepie01 »

Freddie en Sakkie

Dankie vir die raad manne. Ek het klaar my driepoot gelig en wag net vir die maan dan gaan ek hom toets. Sal terugvoer gee.

Mooi bly
Doepie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Caller »

Doepie

Maak seker jy druk die knoppies op die transmitter nie te vinnig nie, en ook hard genoeg. Ek het sommaar gou agtergekom, as jy die knoppies te vinnig druk, dat die Spitfire nie reageer nie en dan dink jy dat hy nie mooi opvang nie. Ek het anderaand met Budda se Spitfire gewerk en agtergekom sy remote se knoppies is baie "harder" as myne. Hy se dit was maar so van die begin af. As jy dus sy remote se knoppies nie hard genoeg druk nie, dan dink jy die caller reageer nie op die transmitter nie, en dan kry hy intussen tyd nie 'n sein uitgestuur nie.  

FM seine word deur die grond geabsorbeer. Dus hoe hoer die teostelle (transmitter en receiver) van die grond af is, hoe beter. Ek het al 'n paar afstand beheerde roepers gebou, en die bogenoemde stelling, deeglik getoets.

Jy kan ook 'n bietjie eksperimenteer met die hoek (grade/rigting waarin die speaker se voorkant wys) waarteen die Spitfire ten opsigte van jou posisie staan. Die Spitfire het 'n interne antenna. Ek weet nie hoe hy binne in die "casing" gerangskik is nie. Maar dit mag net wees dat as jy die unit op die regte hoek (beste is 90 grade met die ingeboude antenna) met die "transmitting signal" plaas, dat hy ook net 'n rapsie verder sal opvang.

Ek dink nie dit behoort 'n probleem te wees nie, maar kyk net dat jou transmitter nie aan 'n groot metaal oppervlak (die bakkie se dak) raak, as jy dit gebruik nie. Ek het gevind dat die bakkie se dak dan die sein ook absorbeer as die transmitter (my selfgeboude een) aan die kaal dak raak, al het hy op rubbervoetjies gestaan. Passop ook maar vir groot magneet velde soos kraglyne ens.

Het jou wereld baie ysterklip? Ek het agter gekom dat ysterklip rante ook 'n groot invloed op die sein kan he.

Ek het nog nie met my Spitfire geeksperimenteer, wat afstand betref nie. Hy het my nog nie in die steek gelaat tot op ongeveer 100 meter nie. Budda was anderdag by met 'n dagroepie, en kan bevestig dat my Spitfire, seepglad op ongeveer 100 meter (indien nie verder) gewerk het. Hy was maar ongeveer 40 cm van die grond af (tussen rooigras) op Buda se kamera driepoot geplaas. Ek was bo-op 'n plat randjie (sandsteen) en hy het geen probleem gegee nie.

Ander manne kan gerus laat weet of hulle al soortgelyke ondervindings gehad het.

Hoop bogenoemde help.

Caller



       
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by JACQUES BOTHA »

Caller
MEt die fx3 bv kan jou transmitter maar aan die bakkie se bakwerk raak.
Die fx3 het ek op die skietbaan tot op 400 meter getoets. plak vlakte oop area.
Ek weet nie of mens ooit afstand van 60 meter hoef te oorskry met  roeper nie..
Dalk 80m in die dag afhangende van die terrein  maar 100meter vir dagroep is meer as voldoende.
Vir dagroep is die roeper altyd bietjie verder as snags in my geval.
Ek dink in die instruksies van foxpro se hulle vir beste gebruik hou transmitter regop as jy gebruik.
Groete
JB
 
Shoot straight and tell the truth!
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Doepie01 »

Caller en JB

Baie dankie vir die raad. As die weer hou wil ek vanaand uitgaan en sal dan alles toets wat jul genoem het. Ek sal terugvoer gee.

Nogmaals baie dankie
Doepie
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Doepie01 »

Hallo al my raadgewers

Soos belowe hier is my terugvoer. Die Spitfire werk nou bakgat. Ek het al die raad gevolg wat julle gegee het soos om my driepoot te lig, die knoppies harder te druk en die hoek waarteen ek die roeper uitsit en die remote rig te verander. Geen probleme. Hy loop soos n lister enjin.

Baie dankie nogmaals

Groete
Doepie
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Freddie101 »

Bly probleme is opgelos. Doepie.
yol bolsun
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Caller »

Doepie

Bly om te hoor hy werk nou mooi. Bly ons kon help.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Botma
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Sep 14, 2010 2:31 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Botma »

ek moet s?, ek het vir my die spitfire gekry en die klank is baie goed. sy afstand is ook baie goed en ek dink nie n mens het meer as dit nodig nie. hy werk maklik en eks baie tevrede...
Thoei

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Thoei »

Hi manne ek het n Spitfire,wil weet of kan ek n speaker by sit.Moet dit n foxpro speaker wees?

Groette Thoei
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Skolla »

Vraag aan enige iemand wat dalk weet.

Ek het vir my Spitfire nog twee SD kaarte aangeskaf.
Die oorspronklike kaart is n 1 GB micro SD.
Die wat ek gekoop het is 2 GB.
Nou kry ek nie die name oorgelaai op die remote nie. Is dit moontlik?

Skolla
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Wiehan111 »

Skolla, gaan kyk mooi in die instruksie boekie. Ek het ook gesukkel met dit. Werk nou soos 'n bom.

Wiehan
25-06 Savage Tactical
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Rooies »

Wiehan
VERTEL HOE JY DIT DOEN WANT EK HET OOK VANAAND ANDER KLANKE OP N NUWE SD KAART GELAAI VAN 2GIG EN HY WOU NIKS WEET VAN TRANSFER NIE.HET TOE MAAR NUWE KLANKE OP OU SD KAART GELAAI. MY BOEKIE IS AL WEG DINK EK.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Freddie101 »

Skolla wrote: Vraag aan enige iemand wat dalk weet.

Ek het vir my Spitfire nog twee SD kaarte aangeskaf.
Die oorspronklike kaart is n 1 GB micro SD.
Die wat ek gekoop het is 2 GB.
Nou kry ek nie die name oorgelaai op die remote nie. Is dit moontlik?

Skolla
Skolla
Hy behoort te werk. Is die kaart geformat na FAT32 . En is die nommers mooi reg. Begin by 000. Met spasie tussen nr en klanknaam. En natuurlik in mp3 formaat.

Hoop jy kom reg. Start daai rooi landrover en jaag die honne!
Groete Freddie  

NS O ja. Kyk dat die draad by regte plug ingedruk word. Het my al oorgekom.
Last edited by Freddie101 on Tue Jan 11, 2011 7:25 pm, edited 1 time in total.
yol bolsun
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Rooies »

Freddie

Hoe format ek die kaart na fat32 ? Die nommers en spasies is reg want hulle werk mooi op my ou kaart.
dankie
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by KSV »

Oom Skolla en Rooies,

Gee maar vir Oom Hein hier 'n lui? Dan help ek gou.

Nul 8 twee drie 255940.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Francois Marais »

Manne

As julle noggie reggekom het nie, ek sal ook kan help.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Freddie101 »

Rooies wrote: Freddie

Hoe format ek die kaart na fat32 ? Die nommers en spasies is reg want hulle werk mooi op my ou kaart.
dankie
Rooies
Hulle gee jou die opsie as jy op jou rekenaar format.
yol bolsun
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Wiehan111 »

Manne vir die wat nog sukkel met die programmering van die remote, hier gaan ek alles op sit wat presies so in my boek staan nadat jy alles op die SD kaart gelaai het:

Programming process for the TX-24 Remote:
As jy die klanke via rekenaar op SD kaart sit is dit baie belangrik dat jy voor die naam van die klank 3 syfers moet opsit en los 'n spasie tussen die syfers en die naam, anders gaan die remote die klank glad, geheel en al nie lees nie. So jy moet dit doen bv,
000 Black back jackal
001 Jackal challange
002 Jackal Howl
etc tot by 023 Springhare
(Onthou die spitfire vat mos net 24 klanke)

Die volgende doen jy as jy die SD kaart terug geplaas het in die spitfire
1) Disconnect all accessories from the spitfire(i.e speakers, decoys)
2)Turn off both the spitfire and the TX-24 remote
3)Connect patch cable from the sound upload jack on the TX-24 to the AUX jack on the Spitfire
4)Turn on the TX-24
5)After being turned on, the TX-24 display will say "turn on caller"
6)Power on the spitfire
7)The display on the TX-24 will display "transfer". When its done the display will say "unplug cable press send"
8)Unplug the cable from the TX-24 FIRST(NB), followed by the main unit.
9)Press and hold the send burron for several seconds (ek hou myne in vir 10 sekondes). The playlist has been transferred.

Manne daardie kabel wat jy moet gebruik het ek gekoop vir R20.
As julle nog sukkel ,laatweet my dan kan help ek graag

Wiehan
25-06 Savage Tactical
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by Raven »

MAnne,

Ek sit met 'n spitfire'tjie wat niks wil maak, as ek klanke wil transfer bly die remote net op "turn on caller"...is die caller op die koffie?? Moet die man maar 'n nuwe een bestel??

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?

Post by foxripper »

Raven,

Nou "turn on caller" dan..  ;D

Dit klink nie goed nie en ek hoop nie hy is foutief nie..miskien kan Francois jou help.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Post Reply