Ek gebruik nou al 'n paar jaar 'n hele paar van die GP herlaaibare batterye in virskillende grotes. Ek het ook twee ander handelsmerke wat ek gebruik.
'n Tydjie terug merk ek toe op dat twee van die AAA batterytjies (een GP en een van die ander handelsmerke) lyk of dit aangeslaan is by die positiewe pool.
Ek het die batterye in my jag broek se sak vergeet en dit is gewas met batterye en al. Daar was, as ek reg onthou omtrent vier batterytjies in die was en net twee was aangeslaan. Die positiewe pole was effens skurf en ek vermoed dit was as gevolg van die waspoeier/natigheid. Ek het my nie veel aan die batterye gesteur nie en dit probeer herlaai. Dit is toe dat ek agter kom die spesifieke twee batterye wil nie laai nie.
My charger (ENERGIZER) het 'n LED wat aandui dat die batterye laai en wat uitdoof as die batterye vol gelaai is. Nadat ek die batterye se koppe glad geskuur het sodat hulle maksimum kontak kan maak, het hulle gelaai. Die GP battaerytjie wil egter nou van niks weet na daai eerste sessie nie, terwyl die ander een wel laai. Ek kan nie dink dat die wassery die batterye se werking sal verniettig nie.
My batterye is al so oud dat van hulle se plastiek omhulsel besig is om af te kom, maar hulle lewer nog dieselfde diens as altyd. Ek sukkel glad nie met die AA batterye nie.
Nou wil ek weet of daar van julle manne is wat kan raad gee?
1. Is dit moontlik dat herlaaibare batterye ook kan "lek" soos die nie-herlaaibare batterye?
2. Bou hierdie GP herlaaibare batterye ook 'n "geheue" op? Ouens het nou al vir my gese dat dit die geval is, maar die projure saam met die
batterye praat niks daarvan nie, of anders het ek dit mis gelees. Ek kan self ook nog nie agterkom dat hulle 'n geheue opbou nie.
Manne soos Taffie, Tomcat ens. wat die batterye daagliks gebruik behoort te weet hoe lank hulle hou. Laat weet assebkief manne. Eksal dit waardeer.
Groete
Caller
Leeftyd van herlaaibare batterye
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Leeftyd van herlaaibare batterye
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Halooooooooooooo
Is julle kwaad vir my
, of het niemand nog my post raakgesien nie. Dit voel maar snaaks as 'n man eitsie wil weet en die maaitjies is doodstil.
Reageer tog net, voordat ek depressief raak en my caller met klippe gooi, samblief tog.
Caller
Is julle kwaad vir my
Reageer tog net, voordat ek depressief raak en my caller met klippe gooi, samblief tog.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Caller
Ek weet nie wat om te se nie. Dis hoekom ek nie geantwoord het nie.

R

Oorwining deur opleiding
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Ek kan ook nie my opinie lig nie. Het nou maar eers my FOXPRO so 4 maande en het nog nie probleme met die harlaaibare batterye op getel nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Caller.
Proffessor met die fx3 kan jy 3/4 aande deurgaan met kwaliteit herlaaibare batterye..
Jy behoort te weet, moet hulle nie mix en match nie. As jy 2500mah gebruik maak seker al 8 ind ie foxpro fx 3 se geval is dieselfde...
Koop die beste kwaliteit herlaaibare batterye wat jy kan...Anders is dit soos om jou eie roepstelle te bou en later tog die foxpro te koop.
Dis net goedkoper om van die begin af die beste te koop wat jy kan..(selfde met scopes).
Die geld en tyd wat jy mors met eie uitvindsels en goedkoop scopes wat dalk werk...is net dit wat die nuwe kwaliteit produk jou ekstra kos teen dietyd dat jy hom koop.
Die volume waarteen jy roep het ook n uitwerking op die tyd wat jou batterye hou per aand..
Leeftyd in terme van herlaaibare battery in terme van tot hulle nie meer charge vat nie is maklik 5 jaar. afhangende van hoe gereeld jy hulle herlaai.
Gelukkig verbeter hulle met tyd en hang af avn wanneer jy hulle gekoop het, soos selfoon abtterye, Hulle leeftyd was maar n skrale 2 jaar en nou doen hulle maklik 5 jaar.
Jy weet mos beter as ek van 'memory" opbou binne battery .. Dan moet jy hom heel laat afloop of n klein ligte led liggie aan hulle koppel en heeleaml laat afloop tot die liggie nie meer brand nie, weer vol herlaai en kyk hoe lank hulle hou..Indien hy net een nag hou, weet jy jy moet herlaai elke dag na die jag.
Mooi dag
JB

Shoot straight and tell the truth!
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Caller
Ek gebruik al jare lank herlaaibare battery in omtrent alles wat daarmee werk. Myne het nog nooit gelek nie, en het my verbaas met hulle lewensduur. Ek weet nie of hulle 'n memory opbou nie, maar na sowat 4 of 5 jaar gee hulle skielik die gees. Hulle werk nog soos nuwes en die volgende keer as hulle herlaai is, werk hulle so 15-20%. En nie almal op een slag nie, nee, een-een en totaal onvoorspelbaar(soos 'n karbattery). Dan vervang ek maar. Met die sterkstes, 2300mah of 2500mah.

boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Caller
Ek het Foxpro bat saam met my FX5 gekoop met n charger,die charger het van die begin af nie gewerk nie.Die batterye hou nou al so 3 jaar miskien langer.Kon altyd so drie na vier nagte roep dan laai ek hulle en later maar elkekeer voor ek uitgaan,sien so twee weke trug maar die bats maak nie eers hefde van die aand nie dan begin fliker n ligie op die roeper,so hulle wil nou seker nie meer ni.Van die lek het ek ook nog nie gesien nie.
Boeta

An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Caller
Ek het al penlights gehad wat gelek het. Kan nie onthou watter maak dit was nie. Dit mag wees dat hulle oorlaai was en sou nicad gewees het.
Net vir interessantheid. Ek het onlangs vir my "battery boor" battery laat kom van 4000 mah. Bietjie duur maar lyk belowend.
Lukas
Ek het al penlights gehad wat gelek het. Kan nie onthou watter maak dit was nie. Dit mag wees dat hulle oorlaai was en sou nicad gewees het.
Net vir interessantheid. Ek het onlangs vir my "battery boor" battery laat kom van 4000 mah. Bietjie duur maar lyk belowend.
Lukas
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Leeftyd van herlaaibare batterye
Almal
Ag dankie manne vir die inligting sover. Sal maar die post dophou. Dit bly maar in elkgeval beter/goedkoper om die herlaaibare batterye te gebruik.