het hom gevang dec 2008 die 27dec, dag na die kompetisie.
ek en my beste vriend het by myl 14 gaan kamp(onwettig), toe het ons heeldag goed gevang.
na midag tyd tel iets op en hardlop maar dit voel soos n groot vis met n kleinvis se mentaliteit, hy rattle dai 2 piece uitmekaar uit.
na so 10 min se spook toe het ek hom hier in die voorste brander gekry, waar ek kon sien dit n mooi steenbra en murphy's law daar spoeg hy die hoek uit,of iets het gebeur wat nie moet nie, en toe ek agterkom wat gebeur het toe staar ek na n kaal hoek en ek sien hom weer en duik, in die proses beland daar n paar penne in my arms en bors maar ek heti dit daai tyd gevoel nie. toe die brander terug trek toe staar ek na n monster galjoen.
die ou beer het so net onder 4kg geweeg.
apart van al die pyn en moeite was hy regtig lekker gewees vir aandete.
het na hom weer n paar grotes by myl 14 gevang maar nie weer naby 4kg nie. net n paar 2kg en dis dit.
geniet dit manne as jou lyn nie in die water is nie kan jy nie n vis vang nie!

groete
robert


