Vir die kenners?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Vir die kenners?

Post by Frikkiedbr »

So vinnige vraagie vir die slim manne hier wat hulle eie biltong maak.

Is biltong wat mens net met wind droog maak lekkerder
as biltong wat met hitte en wind droog maak?


My biltong maker, het 'n waaier en 'n gloeilampie in. En dit wil voorkom dat geel vet biltong se vet taai is.
Waar ek met sako 30 06 gesels het en sy geel vet biltong se vet sag en lekker was en dit was net wind droog maak.

Kan dit wees dat die warm van die gloeilampie die vet braai of nie regtig nie?

Ek hoor graag.

Dankie
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Vir die kenners?

Post by Heinz Petersen »

Een gloeilamp gaan nie die vetjie braai nie en dan hang dit ook af van sy vleis en jou vleis. Miskien was sy vleis of snitte net sagter as joune. (Ou bees of jonger bees)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Vir die kenners?

Post by Frikkiedbr »

Dankie Heinz, ek het ook so gedink.
En daai lampie is so klein 15watt. Kan ook nie sien dat dit dit kan braai nie.
Sal maar een keer probeer net wind droog en sien as dit 'n verskil sal maak.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Vir die kenners?

Post by Eugene »

Frikkie, die gloeilamp is meestal net om lug uit te droog, sodat daar nie vog is nie. Ek gebruik glad nie 'n verwarmer in die winter nie, net as dit vogtig is.
Aim small, miss small
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Vir die kenners?

Post by Flip Nel »

Heinz Petersen wrote:Een gloeilamp gaan nie die vetjie braai nie en dan hang dit ook af van sy vleis en jou vleis. Miskien was sy vleis of snitte net sagter as joune. (Ou bees of jonger bees)

Stem saam daai bok het biejie meer oefening gedoen die dat hy taaier is ;D
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Vir die kenners?

Post by Frikkiedbr »

oooo ok, dankie Eugene.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Vir die kenners?

Post by Frikkiedbr »

En so leer mens maar net weer iets. Dit was 'n koei dink ek Flip.
Dalk het daai bees meer oefening gekry in sy linker boud as die regter kant se boud LOL ;D
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Vir die kenners?

Post by Flip Nel »

Frikkiedbr wrote:En so leer mens maar net weer iets. Dit was 'n koei dink ek Flip.
Dalk het daai bees meer oefening gekry in sy linker boud as die regter kant se boud LOL ;D

Dis die aanjaag om te gaan melk wat die verskil gemaak het ;D
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Vir die kenners?

Post by Frikkiedbr »

hahaj ja nee moes dit gewees het, daai boud lekker tender geslaan het ++>:
Post Reply