U- Remote caller van JJ Wapens

Post Reply
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

U- Remote caller van JJ Wapens

Post by B C »

Die ding lyk baie oulik, hanteerbaar en bekostigbaar. Het iemand hom al beproef en vergelyk met ander roep toerusting. Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Raven »

B C wrote: Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
FOXPRO

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Dawie »

B C wrote: Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
Foxpro FIRESTORM
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Freddie101 »

Dawie
Vertel bietjie meer oor firestorm. Weet jy het iewers iets daaroor geskryf. Kan jy die klanke se name ook op remote sien? Hoeveel klanke en prys?
Groete Freddie
yol bolsun
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Dawie »

Hallo Freddie

Ek die ding laasnaweek vir die eerste keer aanskou.  Hendrik het hom van S&O af saamgebring stickertjie het ges? R4500 as ek reg onthou.  Hy vat 200 klanke en jy kan die name oppie remote sien.

http://www.gofoxpro.com/products/digital_calls/product_firestorm.php

en dan het hy nog die Foxbang ding ook

http://www.gofoxpro.com/foxbang.php

Hy sal ook meer volume h? as die Spitfire vir daai winderige jagte.

Hmmmm oulik n?! ;)

Kojak
Pit

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Pit »

Het iemand al die U-Remote Caller(R800) beproef? Sal ook graag objektiewe opinies wil h?. Ons weet die Foxpro's is goed en bekend. Die vraag is og die U-remote bruikbaar is vir iemand wat nie elke dag skiet nie en net die nodigste wil h
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Stefan764 »

Hallo Pit. Welkom op die Forum.

Die u-Remote caller is by JJ Wapens beskikbaar tee R1495 as ek die SA Jagter reg lees...

As jy wil raad he oor die roeper, Freek het noudie aand lekker sukses met hom gehad (Sien OTA4 post)

Ek weet die manne hier is FoxPro bedinges....

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Pit

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Pit »

Dankie Stefan. Wat is OTA4 post, hoe vind ek dit?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by WOLF »

Manne
Ons het by n vorige posts baie gesels oor verskillende roepers.Die kort en lank is dat daar vlg my geen probleme opgeduik het met enige foxpro nie.Ek self het daai fury(wat baaaaie duur is)maar het nog geen probleme met hom gehad nie.Het ook maar met ander roepers begin met baie probleme en onmiddelik van hulle ontslae geraak.Een roeper het sommer die plaaslike radiostasie opgevang. :-*Wat die battery lewe betref uitstekend.Ek bebruik ag 2700 herlaaibare batterye wat met gemak drie aande hou.Ek het nog n stel wat ek saamry as ek langer uitgaan.Francois het die foxbang ook verduidelik,maar ek hou sommer vir "baklei of stress"reg as gaan skiet.

WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by BLOK »

BC lees hier wat se oom Freek van die U_Caller

Blok.

Manne, gisteraand 'n interesante stukkie apparaat in my hande gehad. Meeste van ons is bekend met FOXPRO en Tewis Van Outshoorn roepers. Waarvan FOXPRO die mees gewildste onder Jaracal geledere is.

Soos genoem met my post op OTAIV het ek 'n nuweling tot die bedryf saam met my gehad tydens die jag gisteraand. Ek het slegs my FOXPRO SPITFIRE roeper saam geneem as back-up v?rder was ons uit gewees met slegs Gideon se volledige jag uitrusting. Die man het bel? in 'n U-Caller as sy roep apparaat.

Enige iemand hier rond bekend met 'n U-Caller?

Wel om die minste te s?, ek was aangenaam veras. Nadat Gideon sy roep CD van Heinrich Funck ontvang het, het hy 8 klanke op sy nuwe roeper gelaai (die maksimum wat op die roeper gelaai kan word). Nou kyk ek was ook aanvanklik skepties oor slegs die 8 klanke - maar as ons mooi gaan dink, hoeveel verskillende klanke gebruik mens regtig tydens so 'n aand uitstappie? Ek gebruik nie sommer meer as 5 nie.

Die U-Caller werk min of meer op die selfde beginsel as die FOXPRO. Klanke word op roeper gelaai en daarna word die klank beskrywings oor gelaai op die remote. So wanneer jy roep, selekteer jy die klank op die remote en dit speel dan direk van die roeper af. Die U-CALLER se remote het ongelukig nie so 'n fancy screen soos die SPITFIRE nie, maar jou klanke is genommer van 1 tot 8 op die remote en jy kies slegs die nommer om jou klank te speel.

Alhoewel die U-Caller op min of meer die selfde beginsel as die FOXPRO werk, beweeg dit in 'n mark klas van sy eie. Hierdie produk is 'n baie meer ekonomiese alternatief teenoor wat mens vir 'n FOXPRO sou betaal en bied slegs die basiese "features". Ek is nie 100% seker nie maar ek dink hy word in Ierland gebou. Klank suiwerheid is baie goed en ons het gevind dat die roeper to op 100m gemaklik opvang. Teen R1495 vir die roeper is dit myns insiens 'n baie goeie alternatiewe opsie vir nuwelinge wat die jakkals roep ding wil toets of wie se begroting dood eenvoudig nie 'n FOXPRO of 'n Tewis  kan bekostig nie.

Ons het gisteraand goeie sukses met die U-CALLER behaal en ek is oortuig daarvan dat in die regte hande kan hy dodelik op Vlekkie wees.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by B C »

Dankie BLOK, ek het toe besluit om die kans te vat en die U-Caller gekoop. Ek was nog net een aand uit, maar hy het my nogal beindruk, behalwe dat jakkie nie sy opwagting gemaak het nie, maar ek sal hom een van die aande aankeer. Ek het die roeper so 90 tree van my af gesit en as jy die remote se knoppie druk reageer hy dadelik, sou hom net graag bietjie harder wou he, maar jakkie hoor seker beter as ek.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Stefan764 »

:(  manne die foxpro spitfire kos hier net R1400... As ek net plek en nog geld oorgehad het...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
immelmanw

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by immelmanw »

FOXPRO SPITFIRE - NOU IN STOCK R1950.00 incl

SAFARI & OUTDOOR
willem@safariandoutdoor.co.za
086 111 4330

Groete

Willem
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Freek »

Genade maar nou drop die pryse skierlik. Die goed herhinner my aan selfone. Jare terug toe die Gauteng oorbelle uit gekom het was hulle pryse verwoed en namate die opposisie meer op die bus klim en tegnologie goedkoper word het die pryse so geval dat elke man op straat 'n selfoon dra.  :o  8)

Teen die pryse het niemand 'n verskoning om nie in 'n  Spitfiretjie te bel? nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by BLOK »

Stefan
Waar is "hier" want teen daai prys sal ek n laat kers geskenk kan bekostig. ;)

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Stefan764 »

BLOKKA

Daai prys is in die BassProShop in Las Vegas... As ek nou so mooi kyk is hy nie meer so goedkoop nie... Dai vliegkaartjie doner my hele average op van "goedkoop-koop"

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by BLOK »

Stefan

Hoe seer maak jou nou n kind se hart, neman kersoupa kan nie persente belowe en dan nie gee nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Piet Breedt »

Die Spitfire was heelweek op special vir R 1600.00 By Safari& Outdoor. Hy is nou weer op na R 1950.00 toe wat nogsteeds n baie goeie prys is. Ek het van my Spitfire opgradeer na die nuwe Wildfire, maar is klaar half spyt.

Die Wildfire is baie oulik met die wat hy 200 klanke kan hou, n recall funksie het wat met die druk van n knoppie die vorige klank speel, en dan nog 2 x klanke wat jy vooraf kies kan speel, ook met n druk van n knoppie. Hy het ook n baie oulikke funksie wat hulle die Foxbang noem. Dit is n klank wat jy vooraf kies, en as jy se maar n haas klank speel, en daar hom 2 x jakke in, en as die skoot afgaan speel hy dadelik Jakkals Distress as jy hom so gestel het, en kry jy moontlik kans om die 2de een te skiet.
Hy het ook 10 verstellings op sy klank, maar is maar net so hard as wat die Spitfire was.

Die remote werk baie maklik, en wys 6 opvolgende klanke se name, maar dit is hier waar die moeilikheid inkom. Ek kan nie die klanke lees al wil ek. Hulle is net te klein vir my ou o? in die nag. Nou moet die naby kyk bril ook saamgaan.
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by B C »

Ek het toe die U-remote caller gekoop en wat sy vermoe aanbetref vir die agt klanke wat jy kan oplaai en dat hy maklik op 100m opvang het ek nie probleme nie, MAAR soos ek nou ondervinding opgedoen het loop 'n aand nie altyd soos jy beplan nie. Elke klank werk nie elke aand nie, wat vanaand werk werk nie more nie, of jy ry 'n nes raak of 'n jong klomp wat saam met mammie leer jag, dan is jou agt klanke vinnig te min en wil  jy vinnig 'n spesifieke roep kry. Jy kan al jou klanke op die Foxpro laai en met die leesbare remote vinnig kry wat jy soek sonder om perongeluk die verkeerde knoppie te druk omdat adrenalien maak dat jy nie lekker onthou watter nommer is watter klank nie. Koop maar eenmaal die FOXPRO. :-\
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Arno Pienaar »

Piet.                As ek mag vra waar het jy die wildfire gekoop en vir hoeveel ?
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
immelmanw

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by immelmanw »

PIET HET BY - SAFARI & OUTDOOR - GEKOOP
WILDFIRE
R3000
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Dawid »

Nou moet die naby kyk bril ook saamgaan.

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Ja Piet ...ouderdom is n nare ding.

Jy moet jou lees oe ophe en dan skielik is dit nodig om deur die scope te kyk en n man is haastig want dinge moet vinnig gebeur ....DAN moet jy sien watse konsternasie is dit.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: U- Remote caller van JJ Wapens

Post by Piet Breedt »

Kyk my opst op Foxpro Wildfire Toets
Post Reply