.458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

.458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Goeiedag lede
Ek deel graag met julle `n paar fotos van my nuutste toevoeging tot my versameling/arsenaal om gebruik te word vuurwapens. Ek het onlangs `n .458 Mannlicher Schoenauer bekom van `n vriend wat nie meer nut gehad het vir die groot kaliber nie...die geweer is nog in baie goeie toestand, het baie min skote deur sy loop(miskien omdat hy seker lekker trap. :laugh: :laugh: )Die blouwerk is nog 100%, paar merkies op die kolf, nie getap en geboor nie, hanteer soos `n droom, ongelooflike veerbelaaide slot aksie, het nog nooit so `n aksie in my hande gehad nie... Die geweer is ge-oormerk om verkoop te word. Ek het reeds `n .404 Jeffery en sien nie die nut om enige ander groot kaliber te besit nie, die .404 Jeff ;D kan alles goed dood skiet.Sal beter fotos van die hele geweer oplaai as my kamera herstel is. Fotos is met `n selfoon geneem.
Fotos:
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0175.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0169.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0173.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0170.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0167.jpg

http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/458_Manlicher.gif
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0161.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0157.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0174.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0171.jpg

Sal julle insette baie waardeer, dit is mos lekker om saam met `n man te spog oor `n mooi geweer.. :laugh: :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Johan van Wyk »

...
Last edited by Johan van Wyk on Sun Feb 09, 2014 9:57 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Sybrandz
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Sun Feb 02, 2014 9:41 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Sybrandz »

'n Geweer om oor te droom. Jy is baie bevoorreg.
.177 Bsa .22 Norinco .300 Win Mag Ruger/Mauser, 12br CBC, 9mm Glock 26.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Dankie manne, die geweer is op die staduim volgens my op die verkoop lys... ;D Ek moet `n meganisme inbou om te verseker dat ek nie kop verloor en die geweer ook as `n permanente inwoner van my kluis maak nie, my vrou maak al klaar groot oe oor die bymekaar maak wat nou begin vorm aanneem... ;D ;D
Last edited by Gert Odendaal on Mon Feb 10, 2014 6:09 am, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by NEGE3 »

Pragtige roer. As ek reg verstaan is die roer te koop. Het jy 'n prys in gedagte.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Nege Drie , nie op die staduim nie, ek plaas die "te koop" bordjie voorlopig as manne wat werklik belangstel my nader vir `n realistiese aanbod (waaroor ek ook nie seker is nie, vra maar nog rond by die mense wat behoort te weet) ek wil net nie dat die geweer onder my vel inkruip en ek met net nog `n geweer sit wat ek nie skiet nie...al my ander gewere het regtig `n skietplek ....en moet nou gelaai word en geskiet mee word...1 ste Maart sal ek my .404 Jeff skiet en my .375 by BASA.

Om gewere net bymekaar te maak gebeur binne `n oogwink, ek sien gereeld manne hulle kluise skoonmaak en dan staan ek stom van verbasing hoeveel items manne aankoop en nie gebruik nie..wat later dan net vir `n verlies verkoop word...twee hande kan net soveel gewere op een slag skiet... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Ek het besluit om die geweer te hou vir eers gaan nou die geweer self vir `n rukkie skiet. :)
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Ek het vandag die .458 Mannlicher Schoenauer geskiet en moet se dat die geweer soos `n droom skiet, lig , maklik hanteerbaar en gemaklik uit die skoier uit, die geweer is baie akkuraat op die kort skietbaan.

Skop glad nie ongemaklik nie, verskaf `n vinniger terugskop aksie as my .404 Jeffery wat `n terug druk terugskop is.Wat baie lekker van die .458 is , is dat na die eerste skoot kan ek baie vinnig die slot oop ruk en vinnig toestamp wat my korrel op die teiken hou...so `n vinnige opvolg skoot is baie gemaklik...

Johan Greyling het ook die .458 geskiet en is baie beindruk met die geweer, al waar ek `n tekortkoming sien is dat die kolf vir my teminste `n duim te lank is. Vir Johan pas die geweer soos `n handskoen.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by NEGE3 »

Gert ek is bly die roer is besig om onder jou vel in te kruip. Dis 'n pragtige roer en geniet hom.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Goeiedag Koos
Baie dankie, ek is bevrees Johan Greyling se liefde vir die pragtige geweer lyk my is groter as my liefde vir die geweer, Johan het die geweer vanmiddag geskiet met gesag, hy mag maar `n .458 kaliber skiet... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Dries101 »

Oom gert- ek sit nou die ding aandagtig en lees. Is die nie n 458 Win mag caliber en n Mannlicher Schoenauer fabrikaat nie. want soos ek verstaan bestaan daar nie iets soos n 458 Mannlicher Schoenauer caliber nie. Of is ek verkeerd? aangesien oom verwys na n 458 Mannlicher Schoenauer die heel tyd? Of is dit n spesifieke caliber?

Groete
Dries
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Skerp Dries skerp ;D ;D , DWB het dit al `n ruk terug onder my aandag gebring, dit moet lees .458 Winchester Magnum Mannlicher Schonauer, wat regtig `n lang onnodige geskryf tot gevolg het..ek het dit ook so vir hom verduidelik...plaas dat hy jou daarvan vertel het...ek spandeer nogal baie tyd op die forum om gereeld my drade te opdateer...ek het verskeie drade rakende verskillende onderwerpe...wat nogal baie tyd neem...daarom maak ek staat op die lede se insig en begrip om as hule nie seker is oor `n spesifieke aspek nie hulle die beste vriend nog GOOGLE moet nader en oplees..sodat hulle meer insig kan kry...soos dat die .458 Mannlicher Schonauer `n (Win Mag) is .. , kom nou Dries , jy kan mos nou nie vir my vertel dat jy nie die nodige kennis het om dit vir jouself uit te werk nie? Jy wat `n kundige is op die groot magnum gewere.... nou het ek alles gehoor... :laugh: :laugh:

Hier is die werklike inskripsie op die geweer se brug wat deur die maatskappy daar gegraveer is, ongelukkig het hulle nou nie die Winchester Magnum bygesit nie...hulle het seker ook maar soos ek redeneer dat vir sommige mense `n goeie begrip slegs `n halwe woord nodig het, vir die met min tot geen insig is GOOGLE jou beste vriend.... :laugh: :laugh:
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0164.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/DSC_0173.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by DWB »

Dit kan net dood eenvoudig lees Mannlicher Schonauer 458WM

Manufacturer en dan Caliber...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Geno »

Gert Odendaal wrote:Skop glad nie ongemaklik nie, verskaf `n vinniger terugskop aksie as my .404 Jeffery wat `n terug druk terugskop is.

Probeer bietjie volkrag ladings in die .404, en rapporteer terug. Iets soos 'n 400gr Woodleigh teen 2450fps.
Ek is seker dat recoil dan anders sal wees...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Of vir die mense wat weet dat die geweer `n normale Wnchester Magnum kaliber is en nie `n Lott is nie of enige ander tipe omgeboude .458 nie, die .458 Mannlicher Schonauer soos op die brug van die geweer aangebring in die bogenoemde foto `n halwe woord is vir `n goeie begrip is ...maar soos ek reeds vir Dries genoem het `n mens mag vra as jy nie verstaan nie..ek help graag en ondersteun enige mens wat onseker is oor `n spesifieke begrip...as ek nie self weet nie sal ek dan na iemand soos 93x62 (Koos)/of ander kundige mense waarvan daar baie is op die forum gaan en sy kennis tap..of GOOGLE gebruik...dan weet ek meer as voorheen... :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Dries101 »

Nee hel oom gert- as jy n Porsche besit maak dit jou nie n resies bestuurder nie- eks maar net n 404 man- dus die vraag oor die 458
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Dries101 »

Geno wrote:
Gert Odendaal wrote:Skop glad nie ongemaklik nie, verskaf `n vinniger terugskop aksie as my .404 Jeffery wat `n terug druk terugskop is.

Probeer bietjie volkrag ladings in die .404, en rapporteer terug. Iets soos 'n 400gr Woodleigh teen 2450fps.
Ek is seker dat recoil dan anders sal wees...
2350- vir 400greiners rattle my tande mooi
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Geno wrote:
Gert Odendaal wrote:Skop glad nie ongemaklik nie, verskaf `n vinniger terugskop aksie as my .404 Jeffery wat `n terug druk terugskop is.

Probeer bietjie volkrag ladings in die .404, en rapporteer terug. Iets soos 'n 400gr Woodleigh teen 2450fps.
Ek is seker dat recoil dan anders sal wees...
Goeie dag Geno, ek het eenkeer in `n boek wat deur `n ou jagter geskryf is gelees dat as daar `n verskynsel is wat al hoe meer na vore tree in vandag se jag omgewing is dit dat dit lyk of die gevaarlike diere wat gejag word baie dikker velle en ribbes ontwikkel ....want dit lyk of die jagters met vandag se tegnologie en Quick loads programme dit nodig vind om die swaar gewere waarmee die diere wat trap, krap en byt net met baie swaarder en hoe snelhede geskiet kan word...dit is `n algemene aanvaarde feit dat `n gevaarlike dier van `n leeu tot `n olifant soos in die vroee tyd deur die ou jagters met `n 400gn punt teen 2100 vt/s olifante, buffels ens met gemak gedood het...natuurlik moet in ag geneem word dat korrekte skootplasing uiters belangrik is en `n absolute vereiste is...boskuns is dan ook natuurlik van groot belang...waar die jagter so naby as moontlik aan die dier moet kom...jy kan nie die groot gevaarlike dier met jou langafstand gewere skiet waarmee jy die jakkalse skiet nie..die spoed van die koeel breek dood eenvoudig op...soos wat met die Weatherby gewere gebeur het...wat "recoil" betref, dit is maar alles in die kop...as jy leer om `n spesifieke geweer soos `n 404 Jeffery reg te skiet sal jy as jy lank genoeg oefen `n swaar lading kan skiet...of dit nodig is , is `n ander vraag....(verwys na bogenoemde verduideliking of GOOGLE as jy nie verstaan nie) :laugh: :laugh:

Ek het nie 450gn koeels nodig om `n 404 Jeffery tot sy "optimale" werking te bring nie...dit is dood eenvoudig nie nodig nie anders sou die ontwerpers van die kaliber daardie tyd die swaarder koeel bemark het...en is volgens my `n "gimmick" ..as ek so `n swaar koeel wil skiet dan bou of koop ek vir my `n swaarder kaliber wat die tipe koeel as `n standaard kan skiet soos `n .458 (WIN MAG) Mannlicher Schonauer...ek maak dus gebruik van `n koeel wat gemaak is vir `n spesifieke snelheid en kaliber ..wat dan weer vir `n spesifiek situasie gemaak is...`n ruk terug het daar 350/380 grein vir die .375 H&H Magnum kaliber op die mark verskyn om `n olifant /buffel te stop....

Baie van die terugvoer het gewys dat alhoewel die geweer nou met swaarder koeels gelaai kan word dit die .375 H&H Magnum nie noodwendig `n Olifant/buffel stopper geweer maak nie...ook nie `n 600 Nitro kaliber as jy die olifant/buffel in sy maag skiet nie...hulle ontplof nie soos die jakkalse wat jy skiet nie...hulle maak jou dood as jy hom nie stop nie.... :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by DWB »

Oom Gert,

Hier glo ek verwys jy na my en Dries se pogings met die 450gr.

Oom is baie vinnig om vir almal te sê die 404 skop minder as die 416, en hy doen moontlik, maar dan moet jy altwee kombinasies met dieselfde gewig koeel teen dieselfde spoed in dieselfde gewig gewere toets.

Ek weet oom skiet 320gr Impalas in die 404 teen 2400ft/s. Hulle sal nie recoil gee nie.

Ek en Dries speel met die 450gr want dis vir ons lekker en die dood eenvoudige rede is omdat ons kan....

Goed soos 'n 450 Rigby en 500Jeff is nie vir almal maklik om te skiet nie, maar nou kan ons in die 404 'n 450gr swaarder koeel benut teen sy selfde spoed waarmee hy sy faam gemaak het. Dus sit dit hom nou in nog 'n beter klas, of maak dit hom meer versatile en ons kan iets doen wat die 416 manne nie kan doen nie.

Oom praat al dieselfde goed op 4 verskillende forums, dit is dus nie nodig om my hier te antwoord nie.

Jammer dat ek nou die dinge hier versuur, maar iewers het als 'n breekpunt.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Dries, jy moet nie `n gewone groot kaliber geweer so hoog aanslaan nie, dit bly maar net `n item waarmee geskiet word, vir elke situasie is daar `n spesifieke kaliber, `n groot kaliber is regtig nie so spesiaal nie...wat wel spesiaal is , is die geskiedenis en verhale wat aan die kalibers gekoppel word..verder bly dit maar net `n instrument wat ons gebruik en geniet..soos om `n geweer te bou en te herstel gee `n groot genoegdoening, vir baie manne is `n doodgewone .308 Winchester Magnum `n wonderlike geweer en hy voel net soos jy oor jou 404 Jeffery..maar dit maak sy kaliber nie `n volkswagen kewer en jou 404 Jeffery `n porch nie , ook maak dit nie van jou `n Sarel Van De Merwe nie..sy geweer kan miskien net verder as jou geweer skiet met meer akkuraatheid ... ;D ;D jou geweer kan `n olifant skiet en sy geweer `n koedoe....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Geno »

Gert Odendaal wrote:
Geno wrote:
Gert Odendaal wrote:Skop glad nie ongemaklik nie, verskaf `n vinniger terugskop aksie as my .404 Jeffery wat `n terug druk terugskop is.

Probeer bietjie volkrag ladings in die .404, en rapporteer terug. Iets soos 'n 400gr Woodleigh teen 2450fps.
Ek is seker dat recoil dan anders sal wees...
Goeie dag Geno, ek het eenkeer in `n boek wat deur `n ou jagter geskryf is gelees dat as daar `n verskynsel is wat al hoe meer na vore tree in vandag se jag omgewing is dit dat dit lyk of die gevaarlike diere wat gejag word baie dikker velle en ribbes ontwikkel ....want dit lyk of die jagters met vandag se tegnologie en Quick loads programme dit nodig vind om die swaar gewere waarmee die diere wat trap, krap en byt net met baie swaarder en hoe snelhede geskiet kan word...dit is `n algemene aanvaarde feit dat `n gevaarlike dier van `n leeu tot `n olifant soos in die vroee tyd deur die ou jagters met `n 400gn punt teen 2100 vt/s olifante, buffels ens met gemak gedood het...natuurlik moet in ag geneem word dat korrekte skootplasing uiters belangrik is en `n absolute vereiste is...boskuns is dan ook natuurlik van groot belang...waar die jagter so naby as moontlik aan die dier moet kom...jy kan nie die groot gevaarlike dier met jou langafstand gewere skiet waarmee jy die jakkalse skiet nie..die spoed van die koeel breek dood eenvoudig op...soos wat met die Weatherby gewere gebeur het...wat "recoil" betref, dit is maar alles in die kop...as jy leer om `n spesifieke geweer soos `n 404 Jeffery reg te skiet sal jy as jy lank genoeg oefen `n swaar lading kan skiet...of dit nodig is , is `n ander vraag....(verwys na bogenoemde verduideliking of GOOGLE as jy nie verstaan nie) :laugh: :laugh:

Ek het nie 450gn koeels nodig om `n 404 Jeffery tot sy "optimale" werking te bring nie...dit is dood eenvoudig nie nodig nie anders sou die ontwerpers van die kaliber daardie tyd die swaarder koeel bemark het...en is volgens my `n "gimmick" ..as ek so `n swaar koeel wil skiet dan bou of koop ek vir my `n swaarder kaliber wat die tipe koeel as `n standaard kan skiet soos `n .458 (WIN MAG) Mannlicher Schonauer...ek maak dus gebruik van `n koeel wat gemaak is vir `n spesifieke snelheid en kaliber ..wat dan weer vir `n spesifiek situasie gemaak is...`n ruk terug het daar 350/380 grein vir die .375 H&H Magnum kaliber op die mark verskyn om `n olifant /buffel te stop....

Baie van die terugvoer het gewys dat alhoewel die geweer nou met swaarder koeels gelaai kan word dit die .375 H&H Magnum nie noodwendig `n Olifant/buffel stopper geweer maak nie...ook nie `n 600 Nitro kaliber as jy die olifant/buffel in sy maag skiet nie...hulle ontplof nie soos die jakkalse wat jy skiet nie...hulle maak jou dood as jy hom nie stop nie.... :laugh:

Gert,
Dankie vir jou inset. Ek lei af jy reken ek weet slegs van jakkals jag.
Ek het egter so 100 of wat dae (baie minder as ouens hier soos Karl Stumpfe, en baie meer as Roelf Pienaar) se groot-5 jagte agter die rug, en het so effe van 'n idee waarvan ek praat as dit by grootwild en hulle kalibers kom. Ek het nie Google nodig nie, ek praat uit eie ondervinding.

'n Man koop nie 'n kar om slegs 3 van die 5 vorentoe ratte te gebruik nie. So ook, om 'n trekker-tipe grassnyer net die skilpad-rat te gebruik en dan vir altyd sy hasie-rat te ignoreer, sal in my opinie dom wees.

Recoil pla my nie, soos hier gesien kan word.
Ja, dis net 'n .375 met 300gr koeels, maar dis steeds meer recoil as wat meeste skuts kan hanteer.

https://www.youtube.com/watch?v=xLNFLBu9uzQ

Alhoewel ek nie mal is daaroor nie, kan ek daarmee saamleef. Dus sou ek, as ek 'n .404 gehad het teen die spoed skiet wat ek hier bo genoem het. Energie werk. Punt.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

DWB wrote:Oom Gert,

Hier glo ek verwys jy na my en Dries se pogings met die 450gr.

Oom is baie vinnig om vir almal te sê die 404 skop minder as die 416, en hy doen moontlik, maar dan moet jy altwee kombinasies met dieselfde gewig koeel teen dieselfde spoed in dieselfde gewig gewere toets.

Ek weet oom skiet 320gr Impalas in die 404 teen 2400ft/s. Hulle sal nie recoil gee nie.

Ek en Dries speel met die 450gr want dis vir ons lekker en die dood eenvoudige rede is omdat ons kan....

Goed soos 'n 450 Rigby en 500Jeff is nie vir almal maklik om te skiet nie, maar nou kan ons in die 404 'n 450gr swaarder koeel benut teen sy selfde spoed waarmee hy sy faam gemaak het. Dus sit dit hom nou in nog 'n beter klas, of maak dit hom meer versatile en ons kan iets doen wat die 416 manne nie kan doen nie.

Oom praat al dieselfde goed op 4 verskillende forums, dit is dus nie nodig om my hier te antwoord nie.

Jammer dat ek nou die dinge hier versuur, maar iewers het als 'n breekpunt.
Jammer jy is nou ongelukkig Deon, ek gee maar my opinie oor die swaarder koeels en `n mens mag mos verskil, as ons almal saamgestem het oor alles dan sou daar nie so baie verskillende kalibers gewees het nie.. :laugh: :laugh: Ek wil nou nie `n geveg begin nie, dit is glad nie nodig nie, kom ons stem saam om te verskil met mekaar sonder om nou die gesprek te versuur, dit is glad nie nodig nie...dit is tog waarom hier `n forum geskep is, om saam te stem en te verskil...ek kan net nie so opgewonde en kwaad raak oor spesifieke aspekte rakende gewere nie...dit maak nie vir my sin nie...daar is baie erger dinge om `n geveg oor te begin...ons is almal groot mense en jagters..`n bekgeveg is nie nodig nie... ::)
::)
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

DWB wrote:Oom Gert,

Hier glo ek verwys jy na my en Dries se pogings met die 450gr.

Oom is baie vinnig om vir almal te sê die 404 skop minder as die 416, en hy doen moontlik, maar dan moet jy altwee kombinasies met dieselfde gewig koeel teen dieselfde spoed in dieselfde gewig gewere toets.

Ek weet oom skiet 320gr Impalas in die 404 teen 2400ft/s. Hulle sal nie recoil gee nie.

Ek en Dries speel met die 450gr want dis vir ons lekker en die dood eenvoudige rede is omdat ons kan....

Goed soos 'n 450 Rigby en 500Jeff is nie vir almal maklik om te skiet nie, maar nou kan ons in die 404 'n 450gr swaarder koeel benut teen sy selfde spoed waarmee hy sy faam gemaak het. Dus sit dit hom nou in nog 'n beter klas, of maak dit hom meer versatile en ons kan iets doen wat die 416 manne nie kan doen nie.

Oom praat al dieselfde goed op 4 verskillende forums, dit is dus nie nodig om my hier te antwoord nie.

Jammer dat ek nou die dinge hier versuur, maar iewers het als 'n breekpunt.
Deon, ek lees dat dat jy die swaarder 450gn koeels skiet omdat jy met die 404 Jeffery wil doen wat die .416 Rigby manne nie kan doen nie...dit maak nie vir my sin nie...waarom wil jy probeer om die 404 Jeffery beter as die .416 Rigby te laat skiet...??? ::) ::) Dit is nie nodig nie..die 404 Jeffery is deur kundiges ontwerp om met `n 400gn koeel te doen wat hy moet doen...hy moet teen 2100vt/s teen lae kamerdruk uit `n Mauser aksie `n groot gevaarlike dier dood maak as die jagter korrekte skootplasing aanwend...binne die afstand kom om die skoot te neem wat vereis word as jy groot gevaarlike diere moet dood...dit is al vereistes wat die 404 Jeffery moet kan nakom...met die standaard ammo wat die kaliber mee gelaai behoort te word soos in die lading tabelle aangedui word met die spesifieke kruit wat behoort gebruik te word(ek verstaan `n mens kan speel met die tipe kruit..maar binne spesifikasies dat jy jouself nie verongeluk nie...)

Die .416 Rigby is weer `n kaliber op sy eie met sy magnum aksie en magasyn boks...net gemaak deur `n ander maatskappy as die Jeffery maatskappy, ook vir grootwild met sy eie ladings , toevallig omtrent dieselfde tegniese aspekte...maar ook gebou /ontwikkel vir groot gevaarlike wild wat kan trap/byt en skop....net dit...hy doen wat hy doen net so goed as die 404 Jeffery as die skut/jagter sy vereistes ook nakom...

Daarom dink ek , dit is nou weereens my eie opinie...dat dit nie nodig is om te bewys dat die 404 Jeffery met swaarder koeels definitief moet beter skiet as wat die 416 Rigby kaliber moet kan skiet...dit maak doodeenvoudig nie sin nie, dit is dieselfde as om te redeneer dat "we need to keep up with the Joneses at all costs"

Daar is niks fout dat jy en Dries eksperimenteer met swaarder koeels nie...en met verskillende kruite nie om vinniger snelhede te kry nie en swaarder terugskop om te kyk wat julle manne kan "handle" nie..maar vermy liewer die rede dat julle wil bewys dat die 404 Jeffery moet kan doen wat die .416 Rigby nie kan doen nie...dit kan gevaarlik raak as dit letterlik opgeneem word en manne met hulle .416 Rigby wil weer bewys dat hulle kaliber so gelaai kan word dat hulle weer `n beter werk verigting kan kry deur die Rigby ook met swaarder en meer kruit te laai.... :laugh: :laugh:

Ek het reeds aangedui dat ek nie in `n geveg met jou en Dries en Geno wil begin nie...nie oor sulke eenvoudige redenasies of idees nie...ek raak dood eenvoudig nie by sulke gevegte betrokke nie..so aanvaar asb. die opinie as sonder bybedoelinge is en dat dit my opinie is oor die aspekte wat jy en Dries aangeroer het vandag....aanvaar ook dat daar altyd verskille sal wees...ons dink nie een dieselfde nie...maar die belangrikste wat ek aan jou en Dries en Geno wil noem is dat die manier wat ons met mekaar verskil moet van so aard wees dat dit nie sal daal na `n vlak wat die forum oneer aan sal doen nie....daar is reeds al baie manne wat die forum verlaat het agv. so `n manier van verskil...

Ek het dit aan Wouter Roets(moderator) ook genoem na `n vorige insident waar ek gewaarsku is dat ek oortree op die manier wat ek met julle verskil het oor die 8mm koeel se eienskappe....

Aanvaar dat ek my opinie gaan gee as ek daarna gevra word...as `n lid van die forum weet ek gaan met hom verskil oor `n opinie wat hy van my gaan kry en hy gaan nie daarvan hou nie...dan moet hy nie my opinie vra nie... :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Gert Odendaal »

Geno wrote:Gert,
Dankie vir jou inset. Ek lei af jy reken ek weet slegs van jakkals jag.
Ek het egter so 100 of wat dae (baie minder as ouens hier soos Karl Stumpfe, en baie meer as Roelf Pienaar) se groot-5 jagte agter die rug, en het so effe van 'n idee waarvan ek praat as dit by grootwild en hulle kalibers kom. Ek het nie Google nodig nie, ek praat uit eie ondervinding.

'n Man koop nie 'n kar om slegs 3 van die 5 vorentoe ratte te gebruik nie. So ook, om 'n trekker-tipe grassnyer net die skilpad-rat te gebruik en dan vir altyd sy hasie-rat te ignoreer, sal in my opinie dom wees.

Recoil pla my nie, soos hier gesien kan word.
Ja, dis net 'n .375 met 300gr koeels, maar dis steeds meer recoil as wat meeste skuts kan hanteer.

https://www.youtube.com/watch?v=xLNFLBu9uzQ

Alhoewel ek nie mal is daaroor nie, kan ek daarmee saamleef. Dus sou ek, as ek 'n .404 gehad het teen die spoed skiet wat ek hier bo genoem het. Energie werk. Punt.

Groete,
Eugene
Eugene, dankie vir die terugvoer...ek het jou geassosieer met die uitskiet van jakkalse omdat jy baie kundige redenasies daaromtrent op die forum openbaar het...dit is goed om te weet dat jy behendig is met die swaarder kalibers ook ...dit is lekker om die groter kalibers te skiet...jou .375 H&H Magnum is `n meduim kaliber wat met `n 300gn koeel darem nie `n swaar terugskop het nie en meeste jagters verkies om die kaliber te skiet omdat dit nie `n swaar terugskop het nie...daar is selfs `n paar jong seuns wat met hulle pa se .375 H&H Magnum jag en big bore kompetisies skiet..ek self het `n .375 H&H Magnum en met die kolf wat ek vir myself ontwerp het skiet die geweer omtrent ligter as my broer se CZ 30-06...maar dit is maar ook omdat die kolf vir my ontwerp is...my .375 H&H Magnum skiet regtig met omtrent geen terugskop nie dan gebruik ek ook die 300gn punte...alhoewel hy die mees akkuraatste groepering skiet ek met Impala 270gn koeels wat ek by Kobus Du Plesis van Impala aankoop en dit is werklik skitterende koeels/punte...ek het gister weer my .375 H&H Magnum Coggswell&Harrison geskiet met 270gn monolitiese punte en FMJ koeels om te kyk waar my geweer met sy nuwe ghost ring groepeer..ek moet nog 5.4mm afwerk op my ghostring wat Johan my gehelp het om op my Mauser veiligheids knip te bou...

Ek neem waar dat die 375 H&H Magnum `n baie populere kaliber word vir baie nuwe jagters wat graag `n groter kaliber as die 30-06 en 338 kaliber soek om eland en blouwilde- bees mee wil jag maar ook veeldoelig wil wees om `n duiker ook mee te jag...ek het self in `n jag tyskrif gesien waar `n vrou `n mooi eland gejag het met `n .375 H&H Magnum kaliber ....ek beskou die 9.3X62 /375 H&H Magnum as `n oorgangs kaliber tot die werklike swaarder kalibers soos die .416 Rigby en bietjie groter die 404 Jeffery dan die .458 Magnums wat baie swaar gelaai kan word en `n horde afwykings binne die .458 Winchester Magnum groep...hier sal minder manne die gewere skiet want hulle kan jou plaak van jou tande afskop. :laugh: ..dit sal ek beskou as swaar kalibers..dan die super swaar boor gewere..die .500 Jeffery. .505 Gibbs en al die groter kalibers is dan volgens my opinie die super swaar kalibers....wat net miskien een uit elke honderd jagters sal besit omdat die terugskop swaar is en die kostes om so `n kaliber te besit ongelooflik hoog is om te koop en te skiet ente onderhou...maar dit is weereens my eie opinie en kan ek nie staaf met bronne nie...

Maar weereens dit is maar hoe ek na swaar kalibers kyk..vanaf die .416 Rigby op tot by die .600 kalibers...

Ek hoor graag van jou...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: .458 Mannlicher-schoenauer (1956) Nuutste toevoeging

Post by Dries101 »

Gert Odendaal wrote:Dries, jy moet nie `n gewone groot kaliber geweer so hoog aanslaan nie, dit bly maar net `n item waarmee geskiet word, vir elke situasie is daar `n spesifieke kaliber, `n groot kaliber is regtig nie so spesiaal nie...wat wel spesiaal is , is die geskiedenis en verhale wat aan die kalibers gekoppel word..verder bly dit maar net `n instrument wat ons gebruik en geniet..soos om `n geweer te bou en te herstel gee `n groot genoegdoening, vir baie manne is `n doodgewone .308 Winchester Magnum `n wonderlike geweer en hy voel net soos jy oor jou 404 Jeffery..maar dit maak sy kaliber nie `n volkswagen kewer en jou 404 Jeffery `n porch nie , ook maak dit nie van jou `n Sarel Van De Merwe nie..sy geweer kan miskien net verder as jou geweer skiet met meer akkuraatheid ... ;D ;D jou geweer kan `n olifant skiet en sy geweer `n koedoe....
Nee oom gert- ek bedoel ek weet F@#kol van die 458 af en omdat ek n 404 besit maak dit my nie natuurlik n expert op alles met n loop dikker as n 9.3 nie- dus my vraag. Ek beskou geen caliber as n Porsche nie- dis n gesegde soos een swaeletjie maak nie n somer nie- figuurlik bedoel nie letterlik nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Post Reply