Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Francois Marais wrote:
Ek skiet sommer van agter die stuur uit.
Pa Ponkie baklei al baie lank by die Kompetisies dat hulle so baan moet he waar die manne 5 bakies langs mekaar trek en dan 'n springbok op bv 250m moet he, want hy glo dan sal hy volpunte kry!!!
Linkervoet op die 4x4 gearlever en regtervoet op die petrol en elmboe rus op die stuurwiel. Dodelike posisie!
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ponkie wrote:
...Linkervoet op die 4x4 gearlever en regtervoet op die petrol en elmboe rus op die stuurwiel. Dodelike posisie...
Ponkie
Amper gedink jy beskryf 'n passievolle posisie waarin in 'n Matie-student in sy voertuig vry, maar toe besef ek dat 'n Landrover seker darem nog nie 'n studente voertuig is nie. Verstaan nie die elmboe? wat op die stuurwiel rus nie, behalwe miskien as jy hotklou skiet. Ek hou daarvan om die bestuurder se deur onder my regterblad vas te knyp en oor 'n mielie sakkie op die spie?l te skiet. (byges? dat ek maar 'n ou Mazda ry en nie weet of dit sal werk in 'n Landrover nie)
Nou dat Oom dit noem, ek sal dit bietjie uit probeer. My Pa skiet links en BESLIS nie uit 'n Landrover nie Oom. Hy is 'n Land Cruiser fan. Dink die dag wat ek hom in 'n landrover sien sal nie sommer gou gebeur nie. Hy het nou nie 'n sandsakkie op die spieel nie, gooi hom sommer so bloots as ek dit so kan noem.
Groetnis daar in NAM
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Dis nes Oom se! Maar ek dink, ons skryf Oom in vir 'n kursus volgende jaar en dan kan Oom self bietjie die Menu kom kyk! Veral nou in hierdie tyd as 'n man so van 5h af gan draf is daar darem verskriklike mooi Dames wat verby jou hol, maar my asem is altyd teen daai tyd al te min om 'n woord uit te kry! Die baie vleis, brood en bier het sy tol ge-eis!
Ps. Oom kan gereeld terug NAM toe gaan, hier is vrek baie van hulle.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
ponkie.
Wat is op jou program vrydag?.... Ek soek n man met n roer om my dogters op te pas en te beskerm teen die onheile op Stellenbosch
My dogters is daar vir atletiek--pas hulle asb mooi op...
Snaaks dat ek nou die topic en die gesprek nie bymekaar kan uitbring nie....
Haha!!
FM, ja ek soek graag idees vir n skietraam vir my bakkie. Ek ry n double cab en ek wil n skietraam bou wat maklik afhaal (opwinch in die motorhuis). Wil die ding sommer self prakseer in die afseisoen. Wil hom dan ook so bou dat hy op min of meer alle tipe double cabs pas (paar gate in die bak boor pla my nie). Hy gaan maar meer in die Kalahari gebruik word, so ek wil mar so paar hakke ook aansit.
Stuur asb aan as enige iemand fotos/idees/planne het.
Het eenkeer raampie gemaak wat op deur pas, hy haak in by venster as die oop is met plat gedeelte waaroor jy skiet, voete druk teen deur met rubbers op, kettang met stelskroef haak onder aan deur sodat bankie nie uithaak nie het lekker gewerk tot ek hom uitgeleen het hulle se mos leen jou poeper uit dan skuit jy deur jou ribbes